kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Plantsorgwenke vir ‘n stresvrye wegbreek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Om einde-van-die-jaar-wegbreke of daguitstappies te beplan, is opwindend, maar vir heelwat plantouers gaan die vooruitsig om weg te gaan ook gepaard met die bekommernis daarvan om plante by die huis alleen te los. Terwyl sekere plante vir ’n paar dae sonder water kan oorleef, is dit belangrik om vir ander ’n plan te maak as jy beplan om op ’n langer vakansie te gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ons bied aan: Die Gardena-reeks van grassnyers en knippers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenke vir ’n kort wegbreek (binnenshuise plante en plante in potte):

– Maak seker jy maak jou plante goed nat voordat jy weggaan.

– Hoe meer lig jou plante ontvang, hoe meer water het dit nodig. Oorweeg dit om hulle weg van hul natuurlike bron van lig te beweeg om hulle te help om water vir langer te hou terwyl jy weg is.

– Groepeer plante wat dieselfde hoeveelheid water nodig het sodat beplande besproeiing doeltreffender is en wat sal help dat jou plante bevog bly.

– Oorweeg dit om die GARDENA-mikrodrupstelsel te gebruik om stadig water in die grond in te voeg. Die GARDENA-middelslag-mikrodrupstelsel sluit waterbeheer in sodat hierdie proses geoutomatiseer kan word.

Wenke vir ’n langer vakansie (binnenshuise plante, tuinplante en plante in potte)

Om ’n buurman of vriendin te vra om te kom inloer terwyl jy weg is, is die gewone manier om dinge te doen, maar nie almal het hierdie opsie nie. Oorweeg dit eerder om ’n outomatiese wateroplossing soos die opsies in die lys hieronder te gebruik:

– Die GARDENA AquaBloom is ’n sonlig-aangedrewe stel wat tot en met 20 plante kan versorg. Dit kom met 14 vooraf ingestelde waterprogramme wat waterverspreiding waarborg. Dis ideaal vir die plante op jou balkon en hierdie innoverende natmaa-oplossing kort niks meer as ’n ekstra emmer nie.

Lees ook: GARDENA maak ‘Spring cleaning’ maklik met hierdie gereedskap

Of jy weggaan of by die huis bly, elke tuin kort ’n geprogrammeerbare waterbeheer.

– GARDENA se reeks waterkontroles is die perfekte oplossing om die tye wanneer jy wil water gee, te skeduleer. Die waterkontrole kan maklik gestel word om in verskillende plante se waterbehoeftes te voldoen. Natleiskedules kan op die beheerpaneel wat afhaalbaar is ingestel word. Dit sluit die begintyd en hoe lank daar nat gelei moet word in wat op die groot LCD-skerm wys.

– Die GARDENA Bluetooth-tydhouer kan vanaf die gemak van jou rusbank geskeduleer word. Is dit nie slim nie?!

As jy beplan om tyd by die huis deur te bring, in jou tuin of langs die swembad te ontspan, oorweeg die GARDENA ClickUp!-reeks om jou omgewing mooi te maak.

Die dekoratiewe reeks het verskeie ruilbare elemente wat jou tuinervaring van helder pragtige blomme tot ’n soel aand se gloed met die SkyBowl of TorchFireplace kan omtower.

Jy kan selfs vir jou geveerde vriende sorg met die voëlvoerder en voëlbad.

Lees ook: Ontdek die volgende vlak van grasperk-versorging met Gardena se robotgrassnyer

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

10 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

13 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

17 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.