kategorieë: Reis

Polana Serena Hotel: Oorrompelende elegansie

Atmosfeer
Soort akkommodasie
Tariewe
Spesiale aanbiedinge
Oorrompelende elegansie
Behaaglike ete en drinke
Die slaapkamer
Die Maisha Health Club & Spa
Ervaar die stad
Ideaal vir ‘n heen en weertjie
Kontakdetail

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Atmosfeer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ouwêrelds elegant, maar met elke moderne gemak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie

142 kamers, wat luukse suites insluit. Sommige kamers is ingerig vir gestremdes. Gesinne kan geakkommodeer word; daar is kinderoppasserdienste en ‘n klub waar kinders besig gehou word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tariewe

Tariewe beskikbaar by Serena Hotels – Johannesburg: 011-021-2607 of reservations@serenahotels.co.za  – praat met Lusinda.

Spesiale aanbiedinge:

Sien www.serenahotels.com/serenapolana

Oorrompelende elegansie

Één keer in jou lewe moet jy jou in een van die Polana Serena Hotel in Maputo, Mosambiek, se lieflike ruimtes tuismaak, al is dit net om ‘n tradisionele gin & tonic of ‘n byderwetse glas vars beetsap te geniet. Dis soos om iemand te ontmoet oor wie almal praat en vir wie jy self ook ‘n keer in die oë wil kyk.

Die Polana Serena Hotel, die “Grande Dame of Maputo”, verwelkom sedert 1922 koninklikes, hooggeplaastes en gewone mense onder haar hoë plafonne . Hoewel haar gees al 90 jaar lank net ryker word, het sy soos ander glansryke, alombekende dames ingewillig om ‘n verjongingskuur te ondergaan. Die verskil is dat dié kuur ‘n jaar en ‘n half geduur het!

Die hotel is deel van die die AKDN – Aga Khan Development Fund. Hulle het haar volkome nuut uitgerus en die vermenging van koloniale Afrika- en Moorse style behou. As jy nou by die voorportaal instap, is die atmosfeer steeds dié van aller-elegansie, maar die marmer en hout is kennelik nuut. Sy is steeds die plek om gesien te word, maar sy is nie kil en hovaardig nie; ek het haar warm en gesellig gevind, veral die restaurant en ander ruimtes waar jy kan terugsit en ontspan.

Anders as by ander seefronthotelle, het die Polana Serena Hotel my aandag gevange gehou en was die meestal grou see in die agtergrond.

Behaaglike ete en drinke

Jy kan by die Veranda All Day Dining of in die Franse fynkosrestaurant, die Delagoa, gaan eet. Die Aquarius verskaf sushi, gesonde maaltye en natuurlike drankies langs die swembad.

Al was ons nie eens 24 uur in die hotel nie, het ons genoeg heerlikhede verorber om lánk te onthou. Sommer met ons aankoms het ons ons in die Veranda tuisgemaak. Die „Portugese melktertjies“ of pasteis de nata is ligter en meer pikant as dié wat ek graag in Johannesburg koop. Die hotel is bekend vir hul high teas en jou enigste uitdaging is om jou nie so oor te gee aan die buffetetes dat jy nalaat om ‘n gaatjie te los vir tussenin-lekkertes nie.

Die tafels by die buffetetes – ontbyt, middagete of aandete – kreun onder aptytwekkers, brode, kase, pastas, vleise, bykosse, en plaaslike disse soos okra-kerrie, boonblare in grondboonsous, mieliepap en broodwortelblare. Dit sou ‘n sonde wees om die garnale of die vis te mis. Jy is immers in Mosambiek! Een van die kennisgewings in die voorportaal het tereg verwys na ‘n ete met „lobster and prawns to your liking.“

Ek skat die soetbakker is besonder begaafd. Ek was betower deur sy nageregte, onder meer die kasjoeneute in broskors met verleidelike spinsuiker.

Edouard Loubet van Provence in Frankryk, die tweester Michelin-chef, hou ‘n wakende oog oor al die hotelle in die Serena-portefeulje – kragtiger as enige geheime wapen…

Die drankie wat ek en Henda Heyneke in die kroeg met sy oorspronklike houttoonbank, antieke meubels en pragtige porseleinborde gedrink het, sal ek nie lig vergeet nie. ’n Jong man het gevoelvol op die gerestoureerde Steinway vleuelklavier gespeel en ek kon my byna verbeel dat die hede en die verlede vervloei.

Die slaapkamer

In my kamer het luuksheid my stil omvou. Die kamer en badkamer adem rustigheid en alles is met die grootste bedagsaamheid ingerig, soos die telefoon in die toilet en die nagliggie getuig. Oral is daar gietyster-detail, geborduurde linne en glimmende hout, en die ruim badkamer se marmervloer het my aan ‘n paleis uit vervloë tye laat dink. Hier kan ‘n
gas ‘n skuimbad van Hollywood-omvang optower.

‘n Vars vrugtebord met ‘n onweerstaanbare aarbei of twee het my ingewag en my held, die soetbakker, se hand was te sien in die snytjies mousse-koek en ander bederfies wat laatmiddag en saans misterieus op my spieëltafel verskyn het. Ek kon egter nie die oorvloed aan lekkernye versoen met die badkamerskaal onder die twee wasbakke nie – dalk kan
iemand vir my die logika verduidelik?

Die Maisha Health Club & Spa

Die Maisha Spa en die tuin waarin die geleë is, is wonderskoon. Ek sal teruggaan net om weer daardie atmosfeer te beleef. Ek kon nie besluit of die lampe en lanterns uit Kenia, die swembad in die binnehof, die kenmerkende teëlwerk in blou en ander kleure of die dralende geure my die meeste getref het nie. Die Spa het verder ‘n gimnasium, studio vir pilates, joga, ensovoorts, ‘n gesondheidskroeg en ‘n boutique.

Ervaar die stad

Neem ‘n toerbussie jou die stad in, weet jy dadelik jy is in Afrika: sypaadjiestalletjies, tuk-tuks, oorvol taxi’s met ‘n sitvlak of twee wat by die venster uithang, en verkeer wat jou meer as een skietgebedjie laat opstuur. Die voertuie mis mekaar by tye letterlik met ‘n paar haarbreedtes, maar die bestuurder van Dana Tours wat ons rondgeneem het was uiters versigtig – veral in die lig daarvan dat ons op ‘n Vrydagmiddag die strate ingevaar het! In Maputo is Vrydae payday, het ons gids verduidelik, „the day of the man.” Saterdae moet die mans natuurlik vergoed as hulle Vrydae die vroue kwaad gemaak het omdat hulle … wel, die Vrydag met te veel oorgawe gevier het.

Hoewel ons te laat was vir ‘n volledige stadstoer, kon ons die stylvolle wit ambassadegeboue en die „lemon squeezer“-kerk met haar kenmerkende kombuisapparaatvorm sien. Interessant was ook The Palace of Weddings waar al wat leef ’n deel van hul seremonie voltrek.

By ‘n kunsmark wat op inisiatief van die regering ontstaan het, word slegs handgemaakte ware verkoop: batik, houtsnee- en kralewerk, ornamente van skulpe en ‘n magdom ander produkte. Daar was heelparty produkte wat op markte in SA te sien is, maar ook ongewone aanbiedings soos pragtige toneeltjies met unieke mensfiguurtjies. Ek het my hart verloor op ’n leerhandsak wat ek eendag in Maputo sal moet gaan haal!

Die City Market doen nog elke dag sake sedert 1901. „Ek het in my lewe nog nie soveel hare op ‘n plek gesien nie,“ het Karin Sieberhagen van Serena Hotels opgemerk, en sowaar – kunshare hang die wêreld vol. Ons het Karin weggesleep voor sy haar dreigement kon uitvoer om vir almal blonde kunshare te koop. Al is jy nie ‘n koopvraat nie, kan jy gerus ‘n paar pakkies Mosambiekse kasjoeneute koop – vir my lekkerder as enigiets wat ooit op ‘n plaaslike winkelrak verskyn.

Maputo se ou stasie wat uit 1895 dateer, het my aangegryp. Niemand anders nie as pres. Paul Kruger van die ou Transvaal het dit ingewy. Die treine loop nog, maar die stasie huisves ook winkels, galerye en so meer. Ons gids het ons vinnig ‘n jazz-restaurant, Kampfumo, met lieflike teëls en art deco-stoele gaan wys waar ek baie graag ‘n uurtjie of wat sou wou deurbring.

Ideaal vir ‘n heen- en-weertjie

Die vlug van OR Tambo na Maputo se splinternuwe Joaquim Chissano International Airport duur net sowat ’n uur en jy kom nie uitgeput by jou bestemming aan nie. As die verkeer vloei, ry jy slegs ‘n kwartier tussen die hotel en die lughawe. Boonop is die tydsone dieselfde as ons s’n.

Kontakdetail

Polana Serena Hotel: www.serenahotels.com/serenapolana
Dana Tours: +258 8440 40 710 of info@danatours.net

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.