kategorieë: Ons menseBekendes

Poppie Nongena-lokprent se kragtige boodskap vir Suid-Afrika

Poppie Nongena-lokprent se kragtige boodskap vir Suid-Afrika. Inligting verskaf. Foto’s: Melanie Cleary

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die lokprent vir die langverwagte erfenisrolprent, Poppie Nongena, is pas uitgereik en kan aanlyn gesien word. Die fliek, met sy wortels stewig geanker in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, is met twaalf toekennings bekroon by die onlangse kykNET Silwerskermrolprentfees. Dit is gegrond op Elsa Joubert se roman Die swerfjare van Poppie Nongena, en word op 31 Januarie 2020 landswyd in rolprentteaters vrygestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Poppie Nongena vertel die verhaal van ’n Afrikaanssprekende Xhosa-ma se  stryd om stabiliteit vir haar gesin te verseker in ’n tydperk van buitengewone onrus in Suid-Afrika. Dis ’n era waarin swart vroue deur arrestasies, boetes en gedwonge verwyderings hulle huise moes verlaat om in afgeleë gebiede, die sg. “swart tuislande”, te gaan hervestig. Wanneer haar man, Stone, te siek word om te werk, word Poppie volgens die wet beskou as ’n “onwettige” inwoner in haar eie land.

Vir meer inligting oor die verhaal van Poppie Nongena, lees hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgens die vervaardiger, die hoogs aangeskrewe rolprentmaker Helena Spring, is Poppie Nongena besonder relevant in die hedendaagse Suid-Afrika. Hoewel die rolprent nie spesifiek handel oor geslagsgeweld nie, gaan dit oor ’n sterk Suid-Afrikaanse vrou wat teëspoed te bowe moet kom. “Die onlangse betogings teen geweld op vroue in Suid Afrika het my diep ontroer”, het Spring gesê. “Dit is ondenkbaar dat ‘n Suid-Afrikaanse vrou elke drie uur  as gevolg van geweld sterf, en dat so baie vrouens en kinders, weerloos en sonder beskerming, noodgedwonge met vrees en skaamte saam leef … Dit moet gekeer word!”

Clementine Mosimane, wat die hoofrol vertolk en aangewys is as beste aktrise tydens die Silwerskermfees, voel dat die fliek ‘n belangrike boodskap oordra. “Ons moet die siklus van geweld stop deur  ons kinders meelewend groot te maak. Dit raak ons almal, en ons moet dit op alle vlakke aanspreek. ‘n Samelewing met gesonde, gerespekteerde vroue is ‘n gesonde samelewing,” het Mosimane gesê. Die aktrise Anna-Mart van der Merwe, wat ook in die rolprent te sien is, stem saam. “Die plaag van geslagsgeweld skreeu ten hemele! Dis tyd dat ons ook na ons eie optrede  teenoor mense met wie ons daagliks interaksie het, kyk. Omhels en aanvaar ek ander soos wat ek wil hê hulle moet met my doen?” het Van der Merwe gesê.

Poppie Nongena-lokprent se kragtige boodskap vir Suid-Afrika

Poppie Nongena is ‘n diep persoonlike verhaal wat uit ‘n vroueperspektief vertel word. Die kinematograaf Vicci Turpin voel sterk oor die dringendheid rondom vroueregte in Suid-Afrika. “Vrouens moet nou hul stemme harder as ooit tevore laat hoor. Ons liggame en  gedagtes is ons eie, en hoort nie, durf nie aangeraak te word deur die wat  magtiger voel as ons nie, of dat hulle ‘n reg het op geweld in ons land nie.”

Helena Spring het haarself daartoe verbind om ‘n verskil te maak. “In die gees van Poppie Nongena, wat enigeiets sou doen om die stabiliteit van haar gesin te beskerm, moet Suid-Afrikaners ‘n einde maak aan geslaggeweld in ons land,” het Spring gesê. “Ons het ingrypende veranderinge nodig om die gety te draai sodat vroue en kinders in hierdie land beskerm sal word. Ek gaan daarom 10% van die vervaardiger se wins uit die rolprent skenk aan organisasies wat geslagsgeweld in Suid-Afrika probeer bekamp.”

Poppie Nongena-lokprent se kragtige boodskap vir Suid-Afrika

Clementime Mosimane (Soul City, The Wild) speel die rol van Poppie, met Anna-Mart van der Merwe (Die Storie van Klara Viljee, Kanarie), veteraan Chris Gxalaba (Long walk to freedom, The Crown), Rolanda Marais (Wolwedans in die Skemer, Binnelanders), Dawid Minnaar en Lida Botha. Nomsa Nene (Broken Vows, Soul Buddyz), wat wyd geloof is vir haar uitstekende vertolking van Poppie in die internasionale verhoogproduksie, speel die rol van Poppie se ma.

Die bekroonde draaiboekskrywer en regisseur Christiaan Olwagen se vorige werk sluit die hoogs aangeskrewe rolprente Johnny is nie dood nie, Die Seemeeu en Kanarie in.

Joubert se roman, wat beskou is as baanbrekerswerk, is drie maal herdruk binne die eerste vier maande na publikasie, en is sedertdien in dertien tale vertaal. Dis met talle plaaslike en internasionale toekennings bekroon.

Poppie Nongena is  vervaardig met die ondersteuning van KykNET, M-Net, Marche Media, die Departement van Handel en Nywerheid en Arco Venture Capital.

Die roman sal op 15 Oktober 2019 hervrygestel word in beide Afrikaans en  Engels ter viering van die rolprent se bekendstelling.

Volg Poppie Nongena op sosiale media vir die jongste nuus by @PoppieFilm (Facebook, Twitter en Instagram).

Kyk hier na die amptelike lokprent van Poppie Nongena

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.