kategorieë: OuerskapJou lewe

Pornografie en jou kind

Wanneer dit gebeur

Elmari Mulder Craig, seksuoloog van Pretoria, sê dis belangrik om jou eie reaksie as ouer te beheer. Sodra jy oorreageer, of kwaad is oor wat jou kind gesien het, dra jy ’n negatiewe boodskap oor. Haal diep asem, wees kalm en sê iets soos, “Kom ons sit die rekenaar of selfoon af en gesels ’n bietjie later oor wat ons gesien het.” Kyk na wat jou kind gesien het. “Stel vas wat die inhoud is, hoe grafies dit is en waaroor presies dit gaan,” sê sy. Gesels dan op jou kind se ouderdomsvlak met haar. “Vir ’n kind van vyf gaan jy nie te veel inligting gee nie. Jy gaan liewer vrae vra soos hoe dit haar hartjie laat voel het, was sy bang, het dit haar opgewonde gemaak. Laat haar antwoorde en vrae jou lei om verder te antwoord.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Enige kind met toegang tot die internet kan in ’n oogwink – met voorbedagte rade of per ongeluk – iets sien wat jóú sal laat steier en bloos. Uit navorsing wat in 2005 onder internetgebruikers tussen 10 en 17 gedoen is, het dit geblyk dat 42% van hulle aan pornografiese materiaal op die net blootgestel is, berig Pediatrics: Official Journal of the American Academy of Pediatrics. Meer as die helfte van dié gebruikers sê dit was nie hul keuse om die materiaal te sien nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy moet bekommerd wees oor daardie visuele materiaal wat jou kind per ongeluk sien, sê Elmari . Wanneer ’n kind nog nie gesonde seksopvoeding ontvang het nie, kan sulke materiaal groot skade aanrig. Om pornografie op die web te kry is so maklik soos om die tablet of slimfoon aan te skakel. Jy soek nie noodwendig daarna nie. As jy weer sien, is daar ’n spul apps wat wag om afgelaai te word – baie hiervan pornografies – en kompleet mét die nodige grafika om die doel daarvan te illustreer. Andrea* sê haar dogtertjie van nege het pas ’n tablet present gekry, en toe sy dit aanskakel, het sy met groot oë na haar ma gekyk. “Mamma, het jy geweet ’n mens kan hier leer om te masturbeer?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek en my man het gelukkig geweet daar is sekere toepassings wat jy nie op slimfone of tablette kan blokkeer nie, maar het nogtans groot geskrik. Die foto by die app het presies gewys wat jy sal kry wanneer jy dit aflaai. Gelukkig het ons die grondslag vir seksuele opvoeding reeds gevestig en kon ons gemaklik met haar daaroor gesels. En ja, sy het geweet van masturbasie. Dis ongelukkig een van daardie wrede dinge van die tegnologie: jy het nie altyd beheer oor wat jy sien nie.” Wilmien* sê haar seun van elf wou op sy slimfoon inligting vir ’n skoolprojek soek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hy het die naam van ’n spesifieke fliek ge-google en skielik het ’n pornografiewebwerf met dieselfde naam oopgemaak.

“Hoe meer hy die webblad wou toemaak, hoe meer het oopgemaak – byna soos ’n virus. Hy was heeltemal verbouereerd en het na my toe gekom en dadelik gesê: ‘Mamma, dit was nie ek nie. Die goed laai net af!’ Hoewel ek eintlik wou gil van skrik, het ek die foon geneem, rustig daarna gekyk en die ding toe vir my man, ’n internet-boffin, geneem om die saak op te los. “My seun was uiteindelik oukei daarmee, maar ek dink die feit dat dit so onverwags gebeur het en hy geen beheer daaroor gehad nie, was die grootste skok. Hy wou dit nie sien nie, maar kon nie daarvan wegkom nie. ‘Beheer’ was eerder die kwessie om te hanteer – om te sê oukei, wat gaan jy in die toekoms doen as so iets gebeur? Jy het altyd beheer, jy hoef nie daarna te kyk nie, jy kan dit vir ons bring en ons sal jou help. Ons weet dit gebeur.”

“Ek voel sterk daaroor dat kinders nie aan pornografie blootgestel behoort te word nie,” sê Elmari. “Hulle is meestal emosioneel nie gereed daarvoor nie en kry ’n wanindruk oor seks en waaroor dit regtig gaan. Daar word ook allerhande beelde in hul bloudruk vasgelê wat in hul latere lewe seksuele problem in die huwelik, of seksuele wanfunksies kan skep. Dit kan ’n kind geweldig traumatiseer. Op twaalf, en selfs nog jonger, is ’n mens baie vatbaar vir wat jy sien en jy is ook besig om seksueel te ontwikkel.

Wanneer ’n kind nog nie seksopvoeding ontvang het nie, kan pornografie groot skade aanrig

Omdat dit in die meeste gevalle ’n onrealistiese prentjie en ’n oorlading van visuele stimuli is, kan dit ’n kind se indruk van seksualiteit beïnvloed. Dit wat eintlik mooi, gesond en heilig moet wees, is nou lelik en byna dierlik. “In baie gevalle volg ’n kettingreaksie en dit kan maak dat jou kind méér wil sien. Wanneer hulle na pornografie kyk, gebeur daar ’n klomp goed in hierdie jong lywe wat nogal lekker is. Die brein skei allerhande stowwe af, soos endorfien en adrenalien. Nou sit hulle boonop met skuldgevoelens, want hulle weet dis nie reg nie, maar dis eintlik ook lekker en hulle kan nie ophou nie.”

Dr. Marlene Wasserman, seksuoloog van Kaapstad, ook bekend as Dr. Eve, sê die sleutel is om pornografie deel van gesonde seksopvoeding te maak. “Vertel vir hulle die waarheid: ja, pornografie bestaan en daar is volwassenes wat dit gebruik vir ontspanning, maar gewone vroue se lywe lyk nie soos op daardie foto’s en video’s nie; mans se penisse is nie so groot nie; mans en vroue wil nie altyd en heeltyd op daardie manier seks hê nie. Dis alles net toneelspel en glad nie gelyk aan ware liefde nie.”

Seuns en pornografie

Volgens Marlene, wat om kliniese redes navorsing oor pornografie doen, het dit geblyk dat mans wat van jongs af na pornografie kyk as ’n primêre bron van verhoudings, interaksie en masturbasie, sukkel om later in hul lewe ’n intieme verhouding met ’n maat te hê. Sommige mans se breine word in werklikheid herbedraad.

Hulle is nie meer in staat om seksueel opgewek te word deur persoonlike of intieme interaksie met vroue nie, en kan slegs deur pornografie opgewek word. “Hulle wil vinnig op die net klim, doen wat hulle moet en weer afklim. Dit neem alle intimiteit uit die verhouding en hulle het nie die uithouvermoë of behoefte aan ‘regte’ seks nie.”

Pornografie en erotiek

Elmarie tref in haar tienerboek, Sekssprokie, die misterie ontrafel, onderskeid tussen pornografie en erotiek.

Erotiek is die plesier wat jy voel wanneer jy oor seks dink. Wanneer jy oor ’n meisie se mooi lyf dink, is dit normale erotiek. In die huwelik is dit goed en reg dat daar oopheid en gemaklikheid oor seks en sensualiteit is. Ons mag maar mekaar se lywe en seks geniet. Die lelike kant van erotiek is pornografie. Dit is om in tydskrifte, DVD’s, flieks, jou selfoon of op die internet te kyk na kaal mense en mense wat seks het. Soms is jy nuuskierig en iemand kan dalk vir jou ’n e-pos of boodskap op jou selfoon stuur met pornografie net om jou reaksie te toets. Pornografie beeld seks uit as net lyflike, amper dierlike plesier. Dit gaan net oor seks, daar is nie liefde nie. Pornografie kan ook allerhande begeertes en luste by jou aanwakker waarvoor jy dalk nog nie gereed is nie, en wat nog nie bevredig kan word nie.

Pornografie kan ook verslawend wees en jy het gewoonlik al hoe meer eksplisiete dinge nodig om vir jou dieselfde gevoel van opwinding te gee. Dis amper soos ’n dwelm – jy’t die dwelm meer dikwels en met korter tussenpose nodig. Ook is hierdie “dwelm” in jou kop en as jy eers een keer na die prentjies gekyk het, is dit baie, baie moeilik om daardie prentjies uit jou kop te kry.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.