kategorieë: Bekendes

Prinses Charlene en waterveiligheid

Water is deel van ons wonderlike planeet. Dit is deel van die humiditeit in die lug en in die grond waarop ons loop, sê Monaco se prinses Charlene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Water bedek sowat 70% van die oppervlak van die aarde met riviere, mere, damme en oseane. Die grootste deel van ons liggame bestaan daaruit!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Water, kortliks, is lewe, sê sy. Vir ’n lang tyd was water haar lewe. Toe sy die plesier van swem ontdek het, het dit haar geïnspireer om 20 jaar van haar lewe daaraan te wy in haar droom om ’n Olimpiese swemmer te word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Watersport en die dissipline van my afrigting het my respek vir myself en ander in ’n span geleer. Ek het geleer hoe swem jou lewe kan verander en veral ook hoe dit ’n lewe kan red.”

Haar liefdesverhouding met die water het haar na sporthoogtes geneem en dit bly ’n groot deel van haar lewe. Sy is lief vir watersport en om met ’n waterfiets rond te jaag. Sy swem nog elke dag ’n paar lengtes en speel saam met haar kinders in die water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek is bewus van die risiko’s wat met water gepaard gaan. Om vir kinders te leer hoe om te swem, hoe om veilig te wees en dat hulle respek vir water moet hê, gee hulle selfvertroue en vryheid. Noudat ek my eie kinders het, was dit een van my top prioriteite om hulle te leer swem. Dit is ’n noodsaaklike lewensvaardigheid, soos om te leer hoe om ’n pad veilig oor te steek.”

Dit is vir haar skokkend dat soveel mense, dikwels kinders, verdrink omdat hulle nie kan swem nie.

“In Suid-Afrika is verdrinking die tweede grootste oorsaak van dood na padongelukke.”

Groot dele van Afrika soos die kusgebiede, Dakar, Durban, Dar Es Salaam en Freetown het die oseaan, riviere en mere waar mense ontspan en leef. Daar is te veel mense, en hopeloos te veel kinders, wat nie kan swem nie en dikwels in gevaarlike situasies beland, meen sy.

“Dit is maklik om in ’n rivier of dam te beland of deur ’n stroom meegesleur te word.”

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) eis verdrinking jaarliks die lewens van meer as 60 000 kinders onder die ouderdom van vyf jaar. Meer as 360 000 mense sterf wêreldwyd jaarliks weens verdrinking.

“Net soos met dodelike siektes soos diarree en masels in die 1970’s en 1980’s, is dit tyd dat Afrika verdrinking as ’n dodelike gevaar beskou en begin aanspreek. Gesamentlike en gekoördineerde projekte is nodig om dit te voorkom aangesien die statistiek vir verdrinking in Afrika die hoogste ter wêreld is. Dit is skokkend dat die media min aandag hieraan gee.”

As beskermheer van die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging streef prinses Charlene na die bevordering van waterveiligheid en om kinders te leer swem. Sy glo ook opleiding om noodbehandeling soos kunsmatige asemhaling na verdrinking toe te kan pas, is belangrik.

“Opleiding is noodsaaklik om lewens te red en sal verdrinking voorkom wat verrykende gevolge vir gesinne sal hê. Ek het in 2012 ’n organisasie gestig om aan kinders noodsaaklike waterveiligheid te leer.

Prinses Charlene van Monaco wys hoe eerstehulp toegepas word in Daveyton, Johannesburg. Foto: Eric Mathon / Palais Princier

Vaardighede om te swem het tot dusver meer as 300 000 mense bereik en kinders in 30 lande is daaraan blootgestel.”

Sy meen dit stel jong mense bloot aan noodsaaklike lewensvaardighede wat hulle nie net sal help om lewens te red nie, maar hulle ook op ’n toekoms sal voorberei waarin hulle verantwoordelike burgers sal wees.

Sy verwys na ’n aanhaling van Nelson Mandela:

“Ons kinders is die rots waarop ons ons toekoms bou. Dit is ons grootste bate as ’n nasie. Hulle sal die leiers van ons land wees, die skeppers van ons nasionale rykdom, diegene wat omgee vir ons mense én hulle beskerm.”

Sy het vanjaar die Riviera-waterfietsuitdaging georganiseer om geld in te samel om verdrinking te voorkom.

Dit was ’n 21 km-wedren van Nice na Monaco met 10 spanne van vyf spanlede elk. Bekendes soos Dawid Coulthard, Nico Rosberg, Paula Radcliffe, Ryk Neethling en Percy Montgomery het aan die stryd langs die Cote D’Azur deelgeneem. Die projek het fondse ingesamel vir die ontwerp en vestiging van die eerste waterreddingsentrum in Burkina Faso, ’n ambisieuse projek vir haar stigting in vennootskap met die Rooi Kruis van Monaco en die Rooi Kruis van Burkina Faso.

“Net soos ons onlangs die vreugde en die toekoms van ons kosbare kinders gevier het met die Dag van die Afrika-kind, wil ek regerings aanmoedig om waterveiligheid en die voorkoming van verdrinking ernstig op te neem.

As lande, nie-regeringsorganisasies en internasionale liggame kragte saamsnoer om verdrinking te voorkom, sal ons hierdie stil moordenaar in Afrika en elders in die wêreld kan bekamp. Saam kan ons lewens red. Al is dit net een persoon, een familie, een gemeenskap op ’n slag. Water is kosbaar en ons kinders is net so kosbaar.”

Lees meer by fondationprincessecharlene.mc en rnli.org

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.