kategorieë: Drankies

Beplan ’n wynproe

Begin deur ’n tema te kies. Vir ’n vertikale proe hou jy by dieselfde wyn, soos ’n chardonnay van een kelder, maar verskillende oesjare word teen mekaar opgeweeg. Horisontale proe vereis dat jy dieselfde variëteit en oesjaar proe, maar van verskillende streke, of verskillende produsente in dieselfde streek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy het nodig: wynproeglase; souterige waterbeskuitjies; water om die glase uit te spoel; spoegbakke; proeblad; skryfgoed om die proeblad in te vul en ’n botteloopmaker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak seker dat die wyn die regte temperatuur is. Wanneer die wyn te koud of te warm is, sal dit die geure beïnvloed. Een bottel wyn sal genoeg wees vir die aanbieder en twintig mense wat proe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gooi wit tafeldoeke oor die tafels – die wit agtergrond kan jou help om die kleur van die wyn vas te stel. Gebruik skoon, deursigtige glase sodat jy die wyn duidelik kan sien. Helder lig is ’n moet.

Gewoonlik deel twee mense een bordjie waterbeskuitjies en een spoegbak wat maklik bereikbaar moet wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan die wyn blind (draai lappe om die bottel of sit dit in lang bruinpapiersakkies) of oop voorsit en sistematies deur die reeks wyne op die lys werk. Laat die gaste toe om hul menings te lug en by mekaar te leer.

Elke individu ervaar wyn persoonlik en daar is nie ’n regte of verkeerde antwoord nie.

Sterk parfuum of naskeermiddel kan jou reuksintuig beïnvloed. Moenie jou tande kort voor ’n proe borsel nie.

Skink die wyn liefs in dié volgorde

_ Droog voor soet – anders sal die droë wyn suur smaak.
_ Witwyn voor rooiwyn – witwyn sal ná die rooi suur en afgewater smaak
_ Ligte wyn voor swaar wyn – anders sal die ligte wyn afgewater smaak.
_ Jong wyn voor ouer wyn – anders smaak die jong wyn skerp en hard.
_ Edel- en laatoeswyne moet heel laaste geproe word – dit neem amper ’n uur voor die phbalans in jou mond weer normaal is ná jy ’n soetwyn geproe het. Al die ander wyne sal daarna suur of baie droog smaak.

Onthou dié maklike stappe wanneer dit by die proeslag kom

_ Skommel jou glas om die aromas vry te stel voor jy die wyn ruik
_ Proe die wyn voor jy enigiets eet sodat jy ’n bepalende ervaring het van die reuk en smaak van die wyn.
_ Drink die wyn stadig sodat dit jou hele mond vul, en dink oor die geure wat jy kan proe. Dis hier waar jy moet uitspoeg.
_ Blaas die lug deur jou neus (onthou net om eers te sluk of te spoeg). Op dié manier kan jy baie meer geurkomponente in die wyn optel.

Wanneer jy groente en wyn kombineer, onthou dat party groentes, soos wortels en uie, van nature soeterig is en ’n wyn met ’n effense soetigheid en lae suurinhoud verlang. Vir geroosterde Mediterreense groente met eiervrug, murgpampoentjies, tamatie en soetrissies kan jy ’n wyn met ’n hoër suurinhoud kies, soos ’n sauvignon blanc of selfs ’n volronde merlot. Sit groentekerries met ’n wyn soos riesling of gewürtztraminer voor omdat dit goed kombineer met spesery gegeurde kos. Skilferdeegvierkantjies met gekaramelliseerde gemmer-en-suurlemoen- botterskorsie gaan saam met effens gehoute chenin blanc.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: wynproe

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.