kategorieë: Gesondheid

Wat om te verwag as jy verwag

Met die Netcare Pregnancy toep kan verwagtende ouers nou waardevolle inligting oor swangerskap kry. Die swangerskaps-toep kan gratis op iOS en Android platforms afgelaai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die toep het ’n paneelbord met vinnige verwysings soos die grootte en die gestasie-ouderdom van jou ongebore baba sowel as ’n spesiale aftelling-kalender om te verseker dat verwagtende ouers op die groot dag voorbereid is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarbenewens sluit dit inligting en wenke in oor ’n aantal swangerskap-verwante onderwerpe soos voeding, fiksheid, seksuele gesondheid, die versorging van jou vel, hare en naels, noodgevalle tydens swangerskap en hoe om vir die geboorte voor te berei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die gids gee insig in die fisiologiese en emosionele veranderinge wat mammas tydens elke stadium van die swangerskap ervaar. Daar is inligting oor die baba se ontwikkeling vanaf bevrugting tot by geboorte. Daar is ook waarskuwings oor dinge waarvoor uitgelyk moet word soos die swangerskap vorder. ’n Funksie help gebruikers om die naaste Netcare ginekoloog en hospitaal in hul gebied te kan opspoor.

Daar is baie swangerskap-webwerwe met hope inligting wat verwagtende paartjies oorweldig kan laat voel. Die Netcare toep se inligting is maklik om te navigeer en bevat betroubare inligting wat altyd beskikbaar is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Tweede fase van die Netcare Swangerskap Toep sal binnekort beskikbaar wees. Dit sal nog meer inligting en wenke oor swangerskap-verwante onderwerpe hê.

*Die Netcare Help toep, wat in 2013 bekendgestel is, is al 22 000 keer afgelaai. Dit bevat onder meer stap-vir-stap noodhulp. Dit bevat ook ’n lys van dokters by Netcare hospitale en Medicross mediese sentrums met hul kontakbesonderhede.

Besoek Netcare se webblad vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.