kategorieë: Leef gesondGesondheid

Pynpilverslawing

Toets jouself

1 Gebruik jy nou meer pille as drie jaar gelede?
2 Jy het nie ’n spesifieke pyn of ’n spesifieke rede soos ’n operasie wat jou pyn verklaar nie.
3 Jy het eerder algemene pyn soos spierpyn of ’n dowwe hoofpyn. Jy het al gewonder of jy chroniese moegheidsindroom (jappiegriep) of fibromialgie het.
4 Jou pyn raak nie, soos ander mense s’n, al ligter na ’n tyd nie. Dit is konstant deel van jou lewe.
5 Sodra die pynpil uitwerk, is die pyn terug.
6 As jou pynpil uitgewerk is, kry jy enige van die volgende: maag- en spierkrampe, jy is naar, jou neus loop, jy sweet skielik meer, en jy slaap verskriklik sleg.
7 Pynpille werk baie doeltreffend vir jou pyn.
8 Pynpille laat jou dadelik ‘normaal’, gemaklik en ontspanne voel. Jy kan aangaan met jou lewe.
9 As jy sukkel om te slaap, werk ’n pynpilletjie of drie uitstekend.
10 Jy het ’n gunstelingpynpil. Die ander werk nie.
11 Jy het altyd daarvan in voorraad – in jou handsak, tuis, by die werk, in die motor …
12 Jy vra jou dokter altyd vir ’n voorskrif vir pynpille, selfs al is jy daar vir ’n oogtoets.
13 Jy het al jou pynpille gelos maar dan het jy soveel meer pyn. Jy is iemand met ’n lae pyndrempel.
14 Jy bly stil oor hoeveel pynpille jy gebruik; dit is jou privaatheid.
15 Jy koop pynpille by ’n aantal verskillende plekke.
16 Jy is besonder hardlywig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dink jy jy is reeds vasgedraai in verslawing? Kyk hoe jy jouself kan help by turntohelp.co.za of kry berading by SANCA sancanational.org/

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die pynpille waaraan jy kan verslaaf raak

Daar is letterlik honderde soorte pynpille met kodeïen. Die beste is om jou apteker te vra of self die voubiljet na te gaan. Die soorte kan geformuleer wees as pille, strope, poeiers en selfs as inspuitings. Almal het dieselfde verslawingspotensiaal. En moenie kindermedisynes en hoesstrope onderskat nie. In groot hoeveelhede is hulle net so sterk soos volsterkte pille in klein hoeveelhede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gebruik jy enige van die volgende?

Dolorol Forte
Myprodol
Sedinol
Lenapain
Painblok
Stopayne
Syndol
Betapain
Adcodol
Nurofen Plus
Genpain
Mybulen

Indien jy enige van die bogenoemde daagliks gebruik, is jy moontlik reeds afhanklik daarvan of sterk op pad om in verslawing vasgevang te word. Omdraai ís moontlik en jy jouself help.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.