kategorieë: Blogs

Om beter te kan sien, hoor en doen

Ek en my begin-van-jaar-rituele. Met die vakansieklere terug in die kas is skooltasse en –klere gewoonlik die eerste prioriteit. Dan pak ek die medisynekas – pille, salf en stroop met verdagte vervaldatums word keurig uitgesoek; ek (of manlief) ry apteek toe en oorhandig die weggooi-spulletjie aan ’n somtyds-gewillige apteker. “Gooi weg, asseblief. Netnou land dit in verkeerde hande.” Ek draai my kop en fladder my oë. Manlief frons diep. Dít werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dan pak ek my juwele – my dertien jaar-oue trouring word ingegee vir ’n skoonmaak. Daar’s iets diep sielkundig (dink ek) aan ’n blink trouring; ’n skitterblink steen, die krappies, skrapies en stampe uitgepoets, reg vir die eise van ’n nuwe jaar. Kostuumjuwele is volgende: keurig gerangskik – koeke ontknoop, stukkendes weggegooi of reggemaak, kleure en lengtes netjies bymekaar vir vroegoggend-raakvat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genadeloos blaai ek deur my klerekas. Alles wat die afgelope jaar nie gedra is nie moet uit. Ek ry Woollies toe en koop twee nuwe swart langbroeke en ‘n week se nuwe onderklere.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So ja.

Ek kan fokus. En aantrek. Die basics is in plek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die afsprake is volgende – datums vir die gesin se jaarlikse besoeke aan die mondhigiënis en tandarts (‘n slim vriendin se plan, sien éérs die mondhigiënis, dán die tandarts), ginekoloog, pediater, uroloog, dermatoloog en oogarts keurig aangeteken. Die lys elke jaar langer. Ouderdom is nie vir sissies nie, dink ek, en hoop in my hart dat werk- en skoolkalenders nie my keurige planne deurmekaar gaan krap nie.

Die afsprake is gemaak, nou moet ons net daar kom.

Laataand en pootuit trek ek Desember 2013 se Harvard Business Review nader. Daniel Goleman, gerekende emosionele intelligensie-guru, skryf oor fokus en leierskap – ‘n onderwerp waarvoor ek nie einde verlede jaar kans gesien het nie. Nou wil ek weet.

Sê Goleman: Mense dink gewoonlik jy fokus as jy afleidings verminder en net op een ding konsentreer. Maar nuwe navorsing in neurowetenskap wys dat ons op baie verskillende maniere fokus, elkeen met sy eie doel – en vir elkeen is daar ‘n unieke neurologiese pad. Die sleutel is om bewustelik te fokus na binne, op ander en op die wyer wêreld.
Fokus na binne en op ander help om jou emosionele intelligensie te ontwikkel. Fokus op ‘n wyer wêreld help met jou vermoë om strategies en innoverend te dink.

In kombinasie help die fokus na binne, op ander en die wyer wêreld jou om beter te sien, hoor en doen.

Wel Goleman, my medisynekas is aan die kant, my trouring blink, daar’s twee nuwe swart langbroeke in my klerekas en die ewige doktersafsprake is gemaak. Ek voel gefokus. Toe nie heeltemal nie, sê jy.

Fokus na binne, op ander en die wyer wêreld. Om só beter te kan sien, hoor en doen.

Ek luister.

Tot volgende week,

Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.