kategorieë: Reis

Raak hoog

Ek was rêrig oningelig. Ek het nie besef dat ‘n lugballonvlieënier net beheer het oor die ballon se hoogte en dit glad nie kan stuur nie; dit waai letterlik saam met die wind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons groepie –  Carene en Moolman Wessels, Lorraine Bruwer, my lewensmaat Gerhard Büchner en ek – het voor sonop by Bill Harrop’s Balloons in die Magaliesbergvallei ingeklok.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Drie reusagtige ballonne – die grootstes in die land – is opgeblaas; elk met plek vir tot 18 passassiers. Ek het my verwonder aan die veelkleurige material wat nie brand wanneer die sterk vlam daaronder speel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tracy Robb, ons vlieënier, was duidelik ‘n vrou wat weet wat sy doen. Sy het nie verniet 35 jaar se vliegervaring van verskeie vlerkmasjiene agter die blad nie.

Ná die veiligheidsoefening vir ingeval ons ‘n rowwe landing sou hê (dis mos onmoontlik, in die flieks land die lugballonne altyd met vioolmusiek in die agtergrond) het ons opgestyg. Suutjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons stille gang oor smaraggroen en winterbruin lappieslanderye, luukse woonbuurte, landgoedere waar bruidspaartjies die knoop deurhaak, winterbome en die groot blou dam was anders as enige vlug wat ek al ervaar het. Die kombinasie van hoogte en ‘n sagte stilte het my aangegryp.

Maar … Augustus is die maand van wind. Ná 30 minute was ons reeds dwarsoor die vallei. Die drie ballonvlieëniers moes besluit: ‘n voortydige landing, of berg-oor. Die avontuurlus het geseëvier en hulle het per radio besluit om die Magaliesberg aan te durf.

Hoër, al hoër het ons geklim, tot bo die kruin van die ruwe rotsrande. Met arende in vlug onder ons, is ons oor die berg. ‘n Manjifieke gesig.

Tracy het gewaarsku dat daar ‘n bietjie rock ’n roll kon wees met die oorvliegslag; die curl over, het sy verduidelik, is ‘n wind wat kilo’s ver teen die rug van die berg kan strek en nie omseil kan word nie.

Die turbulensie was minimaal, of so het ons gedink. Die volgende uitdaging was om ‘n geskikte landingsplek te vind. Ons is bo-oor die N4, so laag dat ons vir die bestuurder van ‘n vragmotor kon waai.

Die wind het een of twee gekose landingsplekke onmoontlike keuses gemaak, en eindelik het Tracy ons op die rand van ‘n rog- en ‘n uieland tot stilstand gebring. Vlak voor ‘n stel kragdrade. Die mandjie het drie keer gewip en toe omgeslaan. Ons is vooraf gewaarsku dat dit kon gebeur, en was almal veilig met ons sitvlakke op die bankies, rûe teen die stewige mandjie se wande, en hande om die handvatsels voor ons.

Ons het uitgebars van die lag; seker van verligting. Dit was die lekkerste lagbui wat ek in maande beleef het. Kort voor lank het die boer aangehardloop kom om seker te maak ons is almal nog heel. Ons het gevoel ons het die glas lemoensap en/of vonkelwyn waarmee Tracy reggestaan het, verdien!

Van links: Mariette Snyman, Tracy Robb, Carene Wessels, Moolman Wessels, Lorraine Bruwer.


Toe wys Tracy vir ons dat die ballon brandskade het. Die curl over het dit eenkant toe gedruk toe ons bo die berg was, en die vlam het ‘n deel van die materiaal bygekom. “Ek het moeite gehad om nie op te kyk nie, sodat julle nie sou opkyk en die rook sien nie!” het sy gesê. Ons was voorwaar in veilige hande tydens ons vlug.

Op die bussie terug na die basis het ons agtergekom hoe honger ons was. Die Engelse ontbyt by die Clubhouse Pavilion Restaurant was gul, met die hoogtepunt Bill Harrop se hawermoutpap-ritueel. Vir elkeen wat wou naderstaan, het hy hawermout ingeskep, sout en suiker oorgestrooi en die dis afgerond met ‘n stewige skep geklopte room en skeut whisky. Heerlik!

Een warmlugballon-ervaring is nie genoeg nie. Nou vir die planne maak, en geruisloos droom oor volgende keer …

Meer inligting en lusmakerfoto’s by www.balloon.co.za

Foto’s Gerhard Büchner

Vinnige feite
Bill Harrop’s “Original” Balloon Safaris vlieg daagliks met sonsopkoms en dit vlug duur ongeveer ‘n uur. Vier tot 146 mense kan geakkommodeer word.
Bill Harrop’s het ‘n indrukwekkende veiligheidsrekord en was in 2006 die wenner van die Best Tour Operator-afdeling van die South African Welcome Awards.
Onthou: gemaklike klere (lae wat jy kan afskil) en gemaklike skoene; handskoene, ‘n warm baadjie, ‘n warm broek, dik kouse en ‘n serp in koue weer; ‘n sonbril en hoed; jou kamera en ekstra film!

Bill Harrop se gevleuelde woorde:
"Thank you for creating great and indelible memories, and making people’s dreams come true in the best possible way. THAT is what we are all about."

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.