kategorieë: Ontspanning

Raar kultivars by Kirstenbosch-proe vertoon

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het Donderdagaand hul 5de jaarlikse Grape Escape-wynfees by Moyo Restaurant by Kirstenbosch aangebied en wat ‘n feestelike geleentheid was dit nie! Na die sukses van vorige feeste, was vanjaar se geleentheid weer ‘n eksklusiewe aand van uitsonderlike wynproeë. Die fees het ‘n opwindende en diverse keuse van wyne van ongewone variëteite en versnitte gehad, insluitend Cinsault, Albariño, Mourvèdre, Grüner Veltliner, Sangiovese, Nebbiolo, Barbera, Chenin Blanc-gedrewe versnitte, sowel as Rhône-variëteite soos Viognier, Roussanne, Syrah en Grenache.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

The Fledge & Co se Elgin Viognier 2023, Red Blend 2021 en Grenache Gris 2022 was uitsonderlike proe-ervarings. Die Red Blend 2021 (72% Touriga Nacional, 28% Tinta Barocca) spog met trotse Portugese kultivars.

Dit was ‘n regte Kaapse winteraand en die kaggel het gesellig geknetter, terwyl wynliefhebbers kon skouer skuur met wynmakers en druifprodusente van regoor die land se wynstreke.

Tanja Beutler van Cape Town Wine Hub is baie trots op haar eie versnitte. Sy het die The Hub White 2022 (Verdelho 88%, Marsanne 6%, Grenache Blanc 6%) en The Hub Red 2021 (60%, Shiraz en 40% Grenache Noir) te proe aangebied. more
Sophie Germanier koop organiese druiwe van uitgesoekte wingerde aan. Sy het haar Wine Frame Viognier 2023, Wine Frame Shiraz 2024 en Wine Frame Grenache 2023 te proe aangebied.

Peuselhappies is tussendeur bedien om die wyne op hul beste te laat vertoon. Gaste kon hul gunsteling wyne op die aand bestel en ook al hul wynvrae oor dié raar variëteite vra.

Die 40 deelnemende wynplase was Alinea Wines, Arbeidsgenot, Brookdale, Bruce Jack/Drift Estate Wines, Cape Town Wine Hub, Carinus Family, Darling Cellars, De Krans, Donkiesbaai, Dornier, Fairview, Fledge and Co/Boplaas, Fram, Iona, Jasper Raats, Journeys End, Keermont, Kleine Zalze, La Bri, La Petite Ferme, Lowerland, Lynx, Migliarina, Mont Rochelle, Morgenster Wines, Nativo Wine Farm, Painted Wolf Wines, Post House, Riebeek Raar, Roodekrantz, Saltare, Sijnn, Sophie Germanier, Springfield, Strandveld Wines, Tierhoek Wines, Torero Wine Co, Vinevenom, Waterkloof, Welgegund Heritage Wines en Wildeberg. Altesaam 136 verskillende wyne – enkel-kultivars en interessante versnitte – van die 2017-2025 oesjare is tydens die fees te proe aangebied.

Connor Dennis van Donkiesbaai en Francois Theunnisen van Dornier Wines het gaste van hul wyne laat proe. Donkiesbaai se Cinsault 2022, Grenache Noir 2023 en Suiderkruis Red 2022 en Dornier se Pinot Grigio 2024, Semillon 2022, Tempranillo Reserve 2021, Petit Verdot 2022 en Moordenaarskloof Tinta Barocca 2021 het groot aftrek gekry. more
Cornel Brand van Arbeidsgenot geniet ‘n glasie Brookdale saam met Jacus Marais van Brookdale. Die twee plase het elk vier interessante wyne te proe aangebied.

Michael Bampfield-Duggan, eienaar van wineconcepts se Nuweland-tak, sê die Grape Escape-wynfees is die enigste fees van sy soort, waarvan hulle weet wat ‘n verskeidenheid ongewone wynvariëteite bied vir wyn-entoesiaste om te verken en te proe (en buite die norm te speel!).

“Ons het dit geskep sodat ons hierdie relatief onbekende variëteite aan die wynverbruiker kan blootstel. Gaste wat dit bygewoon het, was verheug om wyne te ervaar wat hulle nog nooit voorheen oorweeg het om te proe of selfs te koop nie en sien nou daarna uit om dit in die toekoms meer te geniet. Ons span by ons Wine Concepts-winkels gaan voort om klante aan te moedig om iets anders te probeer, wat dikwels daartoe lei dat die klant terugkeer en ander ongewone variëteite wil probeer.”

Gaste by die aand is van links Annette en David Johnson, Derick Henstra en Michael Bampfield-Duggan, eienaar van wineconcepts se Nuweland-tak.
Die bekende sjef en outeur, Tiaan Langenegger en sy vrou, Nadia Barnard, wynmaker by Waterkloof Wines, klink ‘n glasie van haar Circumstance Cape Coral Rosé 2024.
Saltare Wines & Cap Classique het twee wyne te proe gehad: Old Vines Chenin Blanc 2022 en Syrah 2021. Die wynmaker is Carla Pauw en sy koop druiwe van uitgesoekte wingerde vir haar sewe wyne, waarvan vyf Cap Classiques is. more

Lees ook: La Dolce Vita roep: Stanley Tucci oor sy nuwe Nat Geo-reisreeks

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy rooi rose se Junie-uitgawe móét lees!

  Waar rustigheid, vrede en liefde heers Hulle het op die stel van ’n…

2 days Gelede

Winterpastei

Hierdie basiese winterpastei bevat beesskenkels en word met skilferkorsdeeg gemaak. Stook solank die kaggel, gooi…

2 days Gelede

Kaneelrolletjies met koffieroom

Begin reeds die vorige dag met die deeg, want dit moet oornag in die yskas…

2 days Gelede

‘Die brug’ se twee nuwe deelnemers gooi die appelkar om

In episode 4 van kykNET se Die brug, net nadat Noord- en Suidhuis begin het om…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Lizelle Pike oor haar terugkeer na die verhoog as Ingrid Jonker

Daar is kunstenaars wie se woorde bly vlam vat lank nadat hul stem stil geraak…

2 days Gelede

La Dolce Vita roep: Stanley Tucci oor sy nuwe Nat Geo-reisreeks

Deur Thinus Ferreira    In ’n wêreld waarin ons almal se gejaag skynbaar onophoudelik is…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.