Die geliefde radio-omroeper Darren Scott is in die ouderdom van 61 oorlede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Darren is reeds in 1986 die eerste keer met velkanker gediagnoseer. Intussen het die kanker weer en weer teruggekom, en was daar, onder meer, melanome naby sy longe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die nuus van sy afsterwe is Dinsdag deur HOT 102.7FM bevestig, waar hy ’n aanbieder was.
“Darren was baie dinge: ’n begaafde kommunikeerder, ’n musiekliefhebber, ’n sportensiklopedie, ’n diep spirituele siel en ’n lojale vriend. Maar bowenal was hy radio,” lui ’n huldeblyk van sy kollegas by HOT 102.7FM.
Scott se uitsaailoopbaan het by Radio Bop begin, waarna hy ’n bekende stem op 5FM, Jacaranda FM, East Coast Radio en uiteindelik HOT 102.7FM geword het.
Scott is verlede jaar in die Radio Awards Hall of Fame opgeneem ter erkenning van sy 40 jaar lange bydrae tot Suid-Afrikaanse radio. Kollegas en vriende beskryf hom nie net as ’n briljante kommunikeerder en sportkenner nie, maar ook as ’n diep gelowige mens en toegewyde pa.
Foto: Instagram/@justplaintwit
Darren se eksvrou, Sarah-Kate Accetta, en sy twee seuns, Mark en Matthew, woon in Amerika.
Sarah-Kate, wat van die VSA teruggekeer het om in sy laaste maande na hom om te sien, het haar dank uitgespreek teenoor almal wat tot Scott se fondsinsameling bygedra het.
“Daar is nie woorde om die diepte van my dankbaarheid teenoor elke liewe persoon wat geld geskenk, gebid en langs hom gestaan het in die stryd van sy lewe, werklik te beskryf nie. Julle vrygewigheid deur die Back-a-Buddy-veldtog het nie net behandeling moontlik gemaak nie – dit het vir Darren hoop gegee. Dit het hom waardigheid gegee. En dit het vir hom die kosbare geskenk gegee om geliefd te voel. Ek het gesien hoe hy dag na dag deur julle boodskappe blaai – oorweldig, nederig, tot trane geroer. Hy kon nie glo soveel mense gee om nie. Dankie dat julle hom dit in sy laaste maande gegee het,” het sy geskryf.
Lees ook: ’n Diamant wat ander laat skyn: Ons laaste onderhoud met Jenna Clifford
Waar rustigheid, vrede en liefde heers Hulle het op die stel van ’n…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het…
Hierdie basiese winterpastei bevat beesskenkels en word met skilferkorsdeeg gemaak. Stook solank die kaggel, gooi…
Begin reeds die vorige dag met die deeg, want dit moet oornag in die yskas…
In episode 4 van kykNET se Die brug, net nadat Noord- en Suidhuis begin het om…
Daar is kunstenaars wie se woorde bly vlam vat lank nadat hul stem stil geraak…
Hierdie webwerf gebruik koekies.