kategorieë: Ons menseBekendes

Ray Phiri sterf na kankerstryd

Die Suid-Afrikaanse musieklegende, Ray Phiri, het Woensdagoggend vroeg sy twee-maandelange stryd teen longkanker verloor. Hy is verlede week gehospitaliseer in Mbombela (Nelspruit) en hy is bygestaan en omring deur familie en nabye vriende.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Phiri (70) het sy musiekloopbaan in 1962 begin en het as solokunstenaar en in verskeie groepe opgetree. Die bekendste van sy groepe, Stimela, het bekendheid verwerf vir hul unieke klank. Hy is veral herken vir sy belangrike rol in Suid-Afrikaanse musiek tydens en na die Apartheidsjare. Phiri het in 2011 die presidensiële Orde van Ikhamanga in silwer ontvang vir sy bydrae tot die land se maatskaplike- en kultuurlandskap. Hy het verder op Paul Simon se 1986 Graceland-album verskyn en het die Graceland-wêreldtoere meegemaak. Phiri het ’n Grammy ontvang vir sy insette in hierdie projek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy het gereeld saam met ander groot musiekname gewerk, onder andere Ladismith Black Mambazo, Miriam Makeba (wat hom geleer het om ’n goeie kok te word – ’n vaardigheid waarvoor hy bekend was), Lucky Dube, en Yvonne Chaka Chaka. Phiri het nie net opgetree nie, maar ook ’n musiekskool gestig in Mbombela (sy geboortedorp) waar jongmense musieklesse ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Huldeblyke het vanuit alle oorde ingestroom om oor sy afsterwe te treur en sy lewe te vier. Sy begrafnis sal op Saterdag, 22 Julie gehou word in Mbombela. Sy vrou is in 2003 in ’n motorongeluk oorlede, maar hy word oorleef deur sy kinders, sy moeder en deur ’n hele generasie musikante wat deur hom beïnvloed is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.