kategorieë: Ontspanning

Grassnyerman Theunis Wessels se internet-debuut

Vroeg in Junie vanjaar (2017) was ’n Suid-Afrikaner wat in Kanada woon, Theunis Wessels, besig om gras te sny toe ’n tornado op die horison verskyn het. Hy het rustig aanhou gras sny, want hy was die vorige week by ’n lesing oor tornado’s, en hierdie een was nog ver weg …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy negejarige dogter het nie so gedink nie en het haar ma, Cecilia, wakker gaan maak om hom binnetoe te roep. Toe hy weier om skuiling te vind het Cecilia foto’s geneem en dit met vriende en familie op facebook gedeel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit het dadelik “viral” gegaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Foto: Cecelia Wessels Twitter

Joernaliste het Theunis van oraloor gebel om met hom te gesels oor die foto. Hy wou eers nie onderhoude toestaan nie, maar toe hulle na ’n paar dae steeds aanhou het hy uiteindelik ingestem om te praat. Hy het genoem dat die tornado eintlik verder weg was as wat dit in die foto lyk. Boonop het hy “’n ogie daaroor gehou.”

Mense het memes geskep, grappe gemaak, en veral gelag oor hoe rustig “Lawnmower Man” was oor die opkomende storm. Asof dit nie ’n rede is om op te hou grassny nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Net toe ons dink die meme– en fotodelery het opgehou, het die dorp waarin Wessels en sy gesin bly, Three Hills, besluit om hom en sy internetstatus te vereer deur Wessels op ’n vlot te laat poseer in hul plaaslike karnavalparade. Hy het dieselfde oranje t-hemp en blou broek gedra met die grassnyer voor hom. Plaaslike inwoners het agter die vlot grassnyers aangestoot. Daar was selfs ’n foptornado agterop die vlot.

Aan die sye van die vlot is geskryf “home of tornado man” en agterop sy woorde “I am keeping an eye on it.”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.