kategorieë: Dynamic Content

rooi rose reëls & voorwaardes

1. Hierdie is die standaard reëls en voorwaardes vir promosie-kompetisies wat aangebied word deur en in samewerking met Caxton Uitgewers en Drukkers Eiendoms Beperk, al sy belanghebbendes, filiale, die filiale van Caxton se filiale en die onderskeie houermaatskappye, die filiale van die houermaatskappye en afdelings en filiale (“Caxton”).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Elke promosiekompetisie wat aangebied of bemark word, is onderhewig aan hierdie bepalings en voorwaardes (Engelse “T’s en C’s”) vir die aanbieding van kompetisies en die reëls, promosiemateriaal of advertensies met betrekking tot die spesifieke promosiekompetisie. Al hierdie bepalings en voorwaardes vorm deel van Caxton se algemene voorwaardes en private beleid ten opsigte van die dienste wat aangebied word op Caxton se webwerf/we (die “Sites”), veral dié met betrekking tot die bestuur van kompetisies, gratis prystrekkings, en promosies op die webwerwe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Vir die doeleindes hiervan beteken “filiaal” Caxton se vennote, promotors, mede-promotors en borge van hierdie promosiekompetisie, en die direkteure, beamptes, werknemers, agente en verteenwoordigers van al die genoteerdes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Jou:

3.1 deelname aan die reklamekompetisie; en/of
3.2 die nakom van die voorwaardes met betrekking tot ’n promosiekompetisie, indien daar enige voorwaardes is, maak jou bindend vir die aanvaarding van hierdie bepalings en voorwaardes namens jouself en enige persoon met wie jy ’n prys deel hetsy ’n beloning, geskenk, gratis goedere of diens, prysvermindering of -korting, vermeerdering van hoeveelheid of kwaliteit van goedere of dienste of ander afslag of gratis aanbieding wat aangebied word (“prys”), in die geval wat ’n prys wat aan jou en een of meer bykomende persone (“vennoot”) toegeken word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Die promosie of kompetisie is nie oop vir deelname deur:

4.1 direkteure, lede, vennote, agente, werknemers, konsultante van Caxton en/of enige geaffilieerde maatskappye, agentskappe, geassosieerdes, vennoot en/of enige verskaffers van goedere of dienste wat verband hou met ’n kompetisie nie; of
4.2 die gade, lewensmaat, sakevennoot of assosiaat, of die natuurlike of aangenome ouer, kind, broer of suster, van enige van die persone wat in 4.1 hierbo gespesifiseer is.

5. Deelname-kriteria of voorwaardes soos uiteengesit in die reëls van elke promosiekompetisie.

6. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

7. Caxton is nie verantwoordelik vir enige inskrywings wat nie ontvang word nie deur Caxton en/of die promotors, of betyds of glad nie, ongeag die oorsaak daarvan. Sonder beperking is Caxton nie verantwoordelik vir enige probleme of tegniese wanfunksionering van enige telefoonnetwerk of lyne, rekenaar-aanlynstelsels, bedieners, of verskaffers, die wanfunksie van rekenaarhardeware of -sagteware, of verkeersopeenhopings (hetsy fisiek, op die Internet, telefoonlyne of by enige diensverskaffer, webwerf of ander toestel of medium), of enige kombinasie daarvan, of enige ander tegniese of ander probleme nie.

8. Dit is jou verantwoordelikheid, as ’n deelnemer, om te verseker dat enige inligting wat jy verskaf ten opsigte van ’n promosie-kompetisie, akkuraat, volledig en op datum is.

9. Enige koste of uitgawes wat jy aangaan ten opsigte van daardie items wat spesifiek ingesluit is in ’n prys is vir jou eie rekening. Caxton sal nie verantwoordelik wees vir enige koste of uitgawes wat jy, of jou maat (indien van toepassing), aangaan tydens en vir doeleindes van jou deelname aan die promosie-kompetisie en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys nie. Caxton sal in die reëls, die totale waarde van die pryse spesifiseer wat gewen kan word, en die aard van die pryse, en enige koste deur die deelnemers aan enige spesifieke promosie aanbod.

10. Caxton verteenwoordig nie enige of gee waarborge, hetsy uitdruklik of implisiet, van ’n prys, en in die besonder, maar sonder beperking, maak geen voorstellings en gee geen waarborg dat ’n prys, of enige aspek daarvan, – sal voldoen aan jou, of, indien van toepassing, jou maat se vereistes, voorkeure, standaarde of verwagtings nie; of

10.2 bevredigend en stiptelik sal wees nie.

11. Pryse is nie oordraagbaar nie en kan nie uitgestel word nie, of verander of verruil word vir enige ander item of kontant nie.

12. Jy mag nie ’n prys ontvang as dit vir ons onwettig is om so ’n prys aan jou te lewer nie. As jy nie kwalifiseer vir so ’n prys nie, sal jy dit verbeur.

13. As jy wen, moet jy alle dokumente en regte hê wat nodig mag wees ten einde deel te neem in die promosie-kompetisie of om ’n prys te ontvang.

14. As jy ’n deelnemer is aan die reklamekompetisie aan wie ’n prys verskuldig is, sal jy gekontak word deur die kontakbesonderhede wat jy aan Caxton verskaf het. Caxton kan vereis dat jy, soos die geval mag wees, addisionele inligting sal verskaf wat redelikerwys benodig word om jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys te fasiliteer. Jy het een maand vanaf kennisgewing deur Caxton om jou prys op te eis of om aflewering te reël, tensy anders bepaal in die reëls vir ’n spesifieke promosiekompetisie [Nota: Bevestig asseblief dat ’n tydperk van een maand aanvaarbaar is].

15. Indien jy ’n deelnemer is aan die promosie-kompetisie en geregtig is op ’n prys en jy versuim om binne die tydperk, vermeld in 14 hierbo op die formele kennisgewing te reageer, of om te voldoen aan die reëls vir die spesifieke promosiekompetisie, soos die geval mag wees, sal jy sulke onopgeëiste pryse verbeur en daarna mag Caxton lukraak ’n plaasvervangende wenner uit die kompetisie-inskrywings kies. Caxton sal die plaasvervangende wenner so gou doenlik in kennis stel en die bepalings van klousule 15 is van toepassing op die vervanging van die wenner in die geval dat hy/sy versuim om te reageer op die kennisgewing.

16. Vir die volle omvang toelaatbaar deur toepaslike wetgewing, behou Caxton en sy derde party verskaffers die reg om te eniger tyd, soos die geval mag wees, te verander, uit te stel, op te skort, of om die promosiekompetisie en enige pryse, of enige aspek daarvan te kanselleer, sonder kennisgewing, vir enige rede wat Caxton en sodanige verskaffers redelik mag ag in die omstandighede. In die geval van so ’n verandering, uitstel, opskorting of kansellasie, stem jy in om enige regte, belange en verwagtinge wat jy mag hê in terme van die promosiekompetisie te verbeur en onderneem jy om afstand te doen van die regresreg teen Caxton en derde party verskaffers.

17. Jy stem in jou deelname aan die promosie-kompetisie, en jou aanvaarding en/of gebruik van ’n prys, of enige aspek daarvan, is op jou eie risiko.

18. As jy ’n deelnemer is wat in aanmerking kom vir ’n prys, stem jy in dat Caxton of sy gemagtigde agente jou naam mag gebruik, jou stem mag opneem, foto’s en video’s mag neem vir die doel van bemarking en publisiteitsveldtogte.

19. Deur vir enige van ons kompetisies in te skryf, stem jy in om die rooi rose-nuusbrief te ontvang.

20. Deur vir enige van ons kompetisies in te skryf, verleen jy aan Caxton-tydskrifte die reg om aanbiedinge deur ander tydskrifte van Caxton aan jou te bied.

21. As jy in die laaste drie maande enige rooi rose-kompetisie gewen het, sal jy slegs wanneer hierdie tyd verloop het, weer in aanmerking kom vir ’n prys.

22. Tot die volle omvang toelaatbaar deur toepaslike wetgewing, sal Caxton nie verantwoordelik wees nie, en ontken alle aanspreeklikheid vir enige verlies, aanspreeklikheid, besering, uitgawe of skade (hetsy direkte, indirekte, toevallige, bestraffende of gevolglike) van enige aard, hetsy wat voortspruit uit nalatigheid of enige ander oorsaak, wat gely word deur jou deelname in die promosie-kompetisie of die aanvaarding en/of gebruik deur jou, of jou maat (indien van toepassing), van enige prys, of deur enige optrede deur ons of enige van ons vennote in ooreenstemming met die voorwaardes en bepalings.

23. Hierdie voorwaardes en bepalings sal uitgelê, geïnterpreteer en afgedwing word in ooreenstemming met die toepaslike wette van die Republiek van Suid-Afrika.

24. Caxton behou die reg om hierdie voorwaardes en bepalings vir promosiekompetisies te wysig te enige tyd en sal dit publiseer op sy webtuistes en op aanvraag aan deelnemers beskikbaar stel.

In die geval dat enige van die bepalings van hierdie terme en voorwaardes ongeldig, onwettig of onafdwingbaar is, sal sodanige terme skeibaar wees van die res van die bepalings van hierdie B’s en V’s, wat geldig en afdwingbaar sal bly.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.