kategorieë: InspirasieJou lewe

Geniet elke oomblik

“In my groot, minimalistiese huis het ek skoon ruimtes bymekaargemaak, die klotter mooi in die kaste weggesteek. Want ek hou nie van klotter nie. En tog was daar ’n ou verrekte trui vol haakplekke wat elke skoonmaak oorleef het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar, sê Ria, sy was heeltyd op soek na nog klotter om teen te waak, en nog to-do-lysies waardeur sy dik strepe kon trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“So eintlik was die obsessie met klotter ’n wonderlike en ewige stryd om met dinge besig te bly. Daar was altyd meer plig as plesier, altyd iets wat ek eers moes doen voor ek kon doen wat ek wou, of wat belangrik was. So dikwels moes my kinders hoor dat ek net eers iets wou klaarmaak voordat ons kon speel. Eintlik het ek ewige trou beloof aan die nimmereindigende siklus van pligte en dinge.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Trek oorsee het uiteindelik haar oë oopgemaak. “Vir iemand wat so gereeld skoongemaak en uitgegooi het, het ek ’n skokkende hoeveelheid goed gehad om te pak toe die trek nader kom. Ek het uitgedeel, laat wegry, verkoop en weggegooi, en steeds het ek ’n hele vraghouer vol goeters gehad.

’n Bestekopname van my lewe op veertig. En die enigste slotsom was dat ’n mens elke nou en dan moet trek, anders bly dit ’n oppervlakkige proses.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Min het ek besef hoe oppervlakkig selfs ’n trek is, en hoe baie van die klotter binnein ons opgaar. Eers toe ek weke lank in ’n leë huis op my meubels sit en wag, ontwortel en alleen, besef ek hoe baie my goeters na huis voel, want dis my eie unieke versameling goed. Ek was nie geheg aan ’n enkele ding nie, maar aan die kombinasie van goed wat my plek myne gemaak het.”

Sy vergelyk die uitpak van die vraghouer met die aflaai van Noag se ark: “Net die noodsaaklikste het oorleef, twee van elke dier is al wat nodig is om voor te begin. Van die rein diere soos tafeldoeke en mooi eetgerei was daar ’n bietjie meer. En toe dit alles uitgepak is, is ek klaar … Skielik het ek nie ’n lysie van goed om te doen nie. Ek hoef nie eens die kinders rond te ry nie, want hulle stap sommer waar hulle wil wees! Ek het nie kaste om reg te pak nie, want hulle is tot op die been gestroop. En ek het nie vriende wat ek met my georganiseerdheid kan beïndruk nie.”

Vir Ria was dit ’n belangrike leerproses. “Die dag as ons gaan stilsit, val die die klotter uit ons binnekant se kaste. Dis die geraamtes van al die goed wat ons nooit op die to-do-lysie gesit het nie, en al die goeters wat ons gedoen het omdat ons veronderstel was om dit te doen. En dan moet ons begin uitpak aan al ons intens persoonlike klotter wat ons so gekoester het, maar wat net nie meer plek het nie. Die verwyte oor al die verwagtinge wat aan ons gestel is, die spyt oor dinge wat agterweë gebly het.”

Sy was gekonfronteer deur ’n klomp goed. Van die dinge wat sy gedoen het omdat sy geglo het dit word van ’n goeie ma en vrou vereis, tot dinge wat sy gedoen het omdat sy gevoel het sy behoort dit te doen en wat sy gedink het mense sal beïndruk.

“Ek het ’n vertoonkas vol vertoon gehad. En my lewe was nooit myne nie. Dit was ’n vertoning vir ’n gehoor wat nooit genoeg kon kry nie.”

Ria het hierdie keer die belangrikste ruimte – haar kop – skoongemaak, en daar was min om terug te pak. “Die dinge wat ek regtig sou wou terugpak, soos vriendskappe vol gedeelde geskiedenis, familie wat ek te min gesien het, skaars kuiers om ’n klavier en ’n gas-kaggelvuur omdat Eskom ons tog soms bymekaar uitgebring het, was alles weg. Dit was die spreekwoordelike verrekte truie vol haakplekke wat ek die meeste gemis het.”

Sy vertel dat sy met haar verblyf in die buiteland niks opgegaar het nie. “Want dit was nie my huis nie. Ek wou nie ja sê vir iets wat my daar kon bind nie. Klotter is op ’n manier ons manier om tuiste te skep. Ek het nie meubels, portrette of selfs te veel vriende aangeskaf nie, en het geleer om meer dikwels nee te sê.

“Die dag toe ek terugkom Suid-Afrika toe, was daar nie weer ’n vraghouer op pad nie. Ek moes van voor af begin. Ek het geleer om in die groot, stil ruimte wat ’n nee agterlaat, rustig te raak, asem te haal en eers die ruimtes te leer ken.”

Sy benader haar hele lewe anders. “Ek koop net produkte wat goed genoeg is om die hele bottel te gebruik, en net truie wat lank genoeg gaan hou om uit te rek en haakplekke te kry. Ek sê makliker nee vir goed wat iemand reken ek veronderstel is om te doen, of behoort te doen, of wat dalk sal sleg lyk as ek dit nie doen nie.”

Maar sy sê beslis ook meer kere ja, maar vir die regte dinge en om die regte redes. Soos om ’n verskil te maak, en omdat sy wil. “Maar deesdae is my ja myne. My huis is ’n tuiste vol mooi dinge wat stadig en oor tyd bymekaargemaak word. Daar waar daar nog gate is om toe te stop, sê ek vir eers nee tot ek seker is dis ek wat ja sê!”

10 wenke wat jou kan help om nóú te leef

1 Skryf een week lank neer wat jy met jou tyd doen

Jy gaan gou sien waar jy dinge kan verander. Werk jy soms so hard dat jy ander tye byna nie kan wakker bly nie? Dan moet jy beter beplan. Staan ’n bietjie vroeër op, gaan slaap ’n bietjie later of laai ’n bietjie minder hooi op jou vurk, maar sorg dat jy die werk en verpligtinge so in die beskikbare ure verdeel dat die grootste deel van jou week nie in ’n waansinnige waas verby jou vlieg nie.

2 Ons almal multi-task, maar moenie twee maal soveelindruk in elke uur nie

Dit gaan dalk vir ’n rukkie werk, maar uiteindelik gaan jy uitbrand.

3 Prioritiseer!

Besluit watter take, mense en aktiwititeite die heel belangrikste in jou lewe is, en fokus nét daarop.

4 Jy het dit al duisend keer gehoor, maar begin nóú om nee te sê vir alles wat nie waarde gaan toevoeg tot jou lewe nie –
dit sluit ekstra werk, komitees en selfs vriendskappe in.

5 Doen ’n digitale detoks

Slimfone het ons lewe oorgeneem, en pleks van die lewe vereenvoudig, kompliseer dit ons lewe onnodig. Wil jy regtig 24 uur per dag aanlyn beskikbaar wees? Is dit nodig om e-posse op jou foon te ontvang? Wil jy gedurig per WhatsApp en BBM beskikbaar wees? Omdat dit ’n gratis boodskapdiens is, stuur mense makliker boodskappe vir elke onbenulligheid – hulle dink wel twee maal oor ’n SMS, want dit kos geld. Leer om jou foon af te skakel, of filter minstens die kommunikasie wat jy daardeur kan ontvang.

6 Filter jou sosiale media

Wil jy regtig op facebook en Twitter wees én op ’n 24 uur-nuusdiens ingeskakel wees en heeltyd weet wat oral in die wêreld aangaan? Dit beteken jou kop skakel net nooit af nie, én dis bewys dat dit jou lewensvreugde kan raak. Jy kan nooit aan slegte nuus ontsnap nie. Voel jy ook daar gebeur deesdae net te veel slegte goed in die wêreld? Dink mooi daaroor: dis nie dat dit werklik noodwendig meer is as voorheen nie. Dis net dat nuusdienste nou meer kompeterend is as tevore, en deur sosiale en digitale media meeding om die hele tyd die varsste nuus aan hul kliënte te bring. Wat ook beteken ons word voortdurend deur slegte nuus gekonfronteer.

7 Sny enigiets uit wat jou negatief en ontoereikend laat voel of jou tyd steel

facebook is ’n groot sondaar. Wees baie selektief oor wie jy op jou profiel toelaat. As jy voel jy kan iemand nie ontvriend nie omdat dit aanstoot sal gee, stel minstens jou stellings so dat jy nie elke status-opdatering hoef te sien nie (druk unfollow, of merk hulle as acquaintances eerder as vriende. Hulle gaan nie eens weet nie.) Wees net so kieskeurig oor vriendskappe in die regte lewe. Jy weet watter vriendinne gebruik jou eintlik net as gratis sielkundige of troostannie. Vermy hulle, en bring meer tyd deur saam met mense by wie jy jou batterye kan herlaai.

8 Vervang FOMO (the fear of missing out) met JOMO (the joy of missing out)

Dit raak maklik’n gewoonte om elke ervaring, kuier, koffie-afspraak en gedagte op Twitter en facebook te deel. Die redes waarom mense dit doen, is uiteenlopend, maar om jou lewe aanlyn te leef beroof jou van die vreugde om elke oomblik werklik te beleef. As jy voel dat jou virtuele lewe jou oorweldig, oorweeg dit om ’n ruk alle sosiale media af te skakel en daarna uiters selektief te wees oor wat jy aanlyn doen. Wees eerlik oor hoeveel tyd jy aanlyn deurbring ten koste van werklike, lewende mense. Hoe dikwels vermy jy geselsies met jou gesin ter wille van kuiers met vreemdelinge op facebook?

9 Doen vir 15 minute elke dag heeltemal niks

Maak jou kantoordeur toe, skakel jou foon af en moenie toelaat dat iemand jou met enigiets pla nie. Alles kan vir 15 minute per dag wag. Doen iets wat vir jou werk: fokus op jou asemhaling, sit met jou oë toe, lê op jou bed, stap, speel met jou hond, streel jou kat, maar moet oor niks dink nie. Skakel jou kop af en jou siel aan.

10 Hou op skuldig voel

Jy kan nie alles vir almal doen nie, kan nie die hele wêreld verander nie en kan nét soveel in een lewe inpas, al wil honderde boeke en mense jou graag anders laat glo. Aanvaar jou tekortkominge en beperkinge, hou jou drome realisties en geniet die oomblik.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.