kategorieë: In die nuusJou lewe

Uitoorlê die skelms

Twee vriende op ’n staptog word deur ’n leeu bekruip. Piet trek sy oefenskoene aan. “Jy sal nie die leeu met daardie skoene kan weghardloop nie, sê sy vriend. “Ek weet, maar ek gaan vir jóú kan weghardloop.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dieselfde beginsel geld waarskynlik sekuriteit: daar gaan altyd misdaad wees, jy moet net seker maak jy is nie die swakste skakel nie. En aanlynsekuriteit word ’n al groter turksvy. Wees bedag op dit wat jy deel, sê Robyn Farrel, uitvoerende hoof van 1st for Women Insurance.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dis belangrik dat jy uiters versigtig is oor persoonlike inligting wat jy op sosiale media beskikbaar stel. Sosiale media maak dit makliker om ’n potensiële slagoffer se bewegings dop te hou.” Iemand kan maklik deur oënskynlik onskuldige inligting bymekaar te voeg ’n baie duidelike prentjie van jou gewoontes, werk en blyplek kry, soos wanneer en waar jy gim toe gaan, inkopies doen en graag koffie drink. Selfs ’n foto op Instagram adverteer jou posisie as dit die omgewing wys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens die saketydskrif Forbes se webwerf gebruik 62% van werkgewers die internet om meer oor werkaansoekers te wete te kom en die foto’s van jou waar jy op die tafel dans met ’n bottle vonkelwyn in jou hand, gaan nie in jou guns tel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Goedkoop kan duur koop wees

’n Gratis app klink na ’n gelukkie, maar oppas dat ’n app nie jou persoonlike inligting gebruik vir eie gewin, of ander data van jou foon of rekenaar verkry nie, sê Gregory Anderson van Trend Micro. “Die grootste probleem bestaan by apps vir Android-fone en tablette. Installeer sekuriteit op jou foon wat apps vir problem sal skandeer. ’n App kan bv. jou bankbesonderhede soek en aflaai, of jou ID-nommer, wat vir identiteitsdiefstal gebruik gaan word. “Oppas vir bank-apps op jou foon. Dis veel veiliger om banktransaksies op jou rekenaar direk met die bank se webwerf te doen. ’n Kennis se Samsung-tablet is gesteel en hulle het haar bankbesonderhede afgelaai en geld uit haar rekening onttrek,” sê Gregory.

Verdedig jouself

Mark Grobbelaar doen al die afgelope 35 jaar karate en het ’n sesde Dan. Hy het Women Inpowered begin om vroue te leer wat om te doen as hul veiligheid bedreig word.

“My kursus wil vroue se ingesteldheid verander en aan hulle bewys dat hulle iets kan doen wat hulle nie geglo het hulle kan doen nie. “Vroue is meestal kleiner as mans en fisiek swakker. Dit help nie om in ’n stoeigeveg betrokke te raak nie. Die probleem met die meeste vorms van selfverdediging is dat jy regtig goed moet wees voor jy dit doeltreffend kan gebruik. “Die geheim is om die skurk so gou moontlik buite aksie te stel sodat jy kan wegkom, en hiervoor is ’n harde hou teen ’n man se strot baie pynlik en doeltreffend. Dit werk vir alle vroue en maak nie saak hoe oud of onatleties jy is nie. Dis ook nie ’n vaardigheid wat jy moet oefen nie.

“Ek leer vroue dat hulle in ’n noodsituasie ’n keuse het. Jy kan veg, vlug of vries. Onthou, om niks te doen nie, is ook ’n besluit. Beoordeel die situasie, besluit en voer dan jou besluit uit. As jy besluit om te veg, moet jy alles insit.” Mark sê daar is vyf reëls wat jy moet volg ná jy jou besluit geneem het: Doen dit met oorgawe, doen dit eerste (voor die aanvallers iets doen), doen dit reg, doen dit op die regte tyd, doen dit elke keer.

Moenie

– toelaat dat hulle jou na ’n tweede plek neem nie
– jou sesde sintuig ignoreer nie
– iemand onderskat of vertrou nie
– huiwer nie
– twyfel dat jy dit wel kan doen nie

“Ek probeer om vroue te bemagtig sodat hulle glo dat hulle iets kan doen. As jy glo dat jy dit nie kan doen nie, dan kan jy nie. As jy vooraf oor die moontlikheid van ’n aanval gedink het en weet daar is iets wat jy kan doen, verander dit jou hele ervaring. Dit bou jou selfvertroue en laat jou in beheer voel. Die hou op die strot is ’n eenvoudige beweging wat nie vaardigheid verg nie en iets wat jy altyd kan doen.” Die Women Inpowered-kursus behels vyf lesse van een uur elk en strek oor vyf weke. Koste: R950 per persoon.

Mense moet saamstaan

André Snyman is die woordvoerder en stigter van die gemeenskapsorganisasie eBlockwatch. Die organisasie verwerk inligting en kry gemeenskappe en lede om misdaad in hul omgewing te rapporteer en te bekamp.

Hou jou bewegings geheim

“Baie min misdaad is toevallig. Die meeste rooftogte word beplan deur jou huis dop te hou, of jou werkers te intimideer om inligting of toegang te verkry. Hulle kan jou huishulp of tuinwerker dreig met die veiligheid van hul eie gesinne indien hulle nie saamwerk nie. Moenie vir werkers sleutels van jou huis gee nie, dit maak hulle kwetsbaar.”

Slim plan

“As jy ’n nuwe huis bou, laat installeer ’n skakelaar in jou slaapkamer wat al jou ligte, TV en klankstelsel kan aanskakel. Dis doeltreffender as ’n alarm as jy iets hoor. Lig en geraas is ’n inbreker se grootste vyand. Dit verwar hulle en laat hulle vlug.” eBlockwatch het ’n app “CommUnity button” wat jy op jou selfoon kan installeer. Dit dien as paniekknoppie as iets fout gaan (R49 per maand vir een persoon en R79 vir almal in die gesin) en sal vier kontakte laat weet dat jy in die nood is.

“Die groot voordeel is dat hierdie app op jou foon ons in staat stel om jou foon te volg en dit moontlik maak om jou of jou aanvallers op te spoor.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.