kategorieë: In die nuusJou lewe

Twitter: Jou oor op die grond

Wat is twitter en hoe werk dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

– In die inligtingsnetwerk gebruik jy 140 karakters om ’n boodskap te stuur en dit word ’n “twiet” genoem. Dis ’n baie onmiddellike manier om in voeling met ’n groot groep mense te wees, op die hoogte van die jongste nuus en tendense te bly, jou nuus uit te stuur en aan interaktiewe gesprekke deel te neem.
– Die toepassing kan op jou rekenaar, selfoon en tablet gebruik word.
– Enigeen kan twiets lees, maar jy moet registreer as jy twiets wil uitstuur of her-twiet. Besoek www.twitter.com vir aanwysings.
– Jy kan op “reply” of “retweet” klik. Jou antwoord gaan net na die persoon wat die twiet gestuur het, maar as jy her-twiet, gaan dit outomaties na al jou volgelinge.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat jy moet weet

– Elkeen wat twitter gebruik, het ’n @gebruiksnaam wat soos ’n e-posadres is en uniek aan hulle is. (Doen ’n Google-soektog daarvoor, of besoek hul webwerf.) Deur dit in jou twiet te noem, verskyn die twiet op daardie persoon se timeline al is hy nie ’n volgeling nie. Bv: Ek woon ’n bekendstelling van nuwe Nikeoefenskoene by en stuur dan ’n twiet waarin ek vir @Nike “tag”. Nike sal dan hopelik weer my twiet vir hul volgelinge her-twiet, op my twiet “reply” of dit “favorite” (dit werk amper soos die “Like”-opsie op Facebook).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

– Plaas ’n hashtag# voor ’n kernwoord sodat mense wat hieroor skryf, saam gegroepeer word. Doen ’n soektog by www.search. twitter.com om te sien wat nog oor die onderwerp gesê word.

Onthou

Twitter is ’n baie openbare forum en jy kan nie volgelinge weier nie. Jy besluit net wie jy volg. As jy vir iemand meer persoonlike inligting (soos jou e-posadres) wil gee, of as jy ’n klagte wil oplos, kan jy ’n DM (direct message) gebruik om net vir daardie person ’n boodskap te stuur. Julle moet mekaar volg om dit te kan doen.

Bemark jouself

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

– Alle ondernemings kan by twitter baat vind, maar as jy ’n klein besigheid het sonder die kapitaal vir advertensies, is dit die ideale manier om jou boodskap uit te kry.

– Twiets kan nuus oordra, maar is ook ’n puik manier om ’n meer persoonlike verhouding met klante op te bou.

– Jy kan begin deur mense in jou bedryf te volg. As hulle hou van wat jy sê en dit na hul volgelinge her-twiet, kan enigeen van hulle weer jou twiet her-twiet en ook besluit om een van jou volgelinge te word. So word jou profiel groter en kring jou boodskap wyer uit. Jy kan ook op dié manier ’n gesprek met moontlike klante aanknoop.

– Dis onmiddellike kommunikasie wat jy op die dag kan gebruik, soos dat jy ’n spesiale aanbod op ’n sekere produk het.

– Jy kan dit gebruik om idees te toets. Plaas bv. ’n foto van ’n koek met ’n spesiale versiertegniek en vra of mense sou belang stel om ’n kursus daaroor te doen.

– Gebruik “bit.ly” om die url (skakel) vir ’n storie outomaties na 19 karakters te verkort.

– Op www.search.twitter.com kan jy agterkom wat mense oor jou of jou onderneming twiet.

Bedank mense dadelik vir positiewe twiets en volg klagtes gou op.

– As klagtes te uitgerek raak, vra dat die volgeling vir jou ’n DM (direkte boodskap) stuur met sy kontakbesonderhede sodat julle verder per e-pos of telefoon kan kommunikeer.

– Maak seker jou @naam (@username) is op jou webwerf en facebook-profiel.

Hoe gereeld?

– Een keer per dag is ’n goeie begin vir ’n besigheid. Wanneer?

Volgens Gavin Kilpatrick, skrywer van die e-boek: 35-ways-to-get-more-retweets is Donderdae en Vrydae statisties beter dae om twiets uit te stuur vir her-twiets. Lees meer by: www.twittertoolsbook.com/35-ways-to-getmore- retweets/

– Werk ’n patroon uit waarvolgens jy twiet. Bv: Maandag – ’n spesiale aanbod, Dinsdag – iets wat agter die skerms gebeur, Woensdag – wenke, Donderdag – ’n aanhaling of iets positiefs wat in die week oor jou maatskappy in die media berig is. Onthou om die verslaggewer of bron se @naam in te sluit. Vrydag fokus jy op die mense wat vir jou werk met ’n foto.

Laat Twitter jou ander profiele vergroot

– Gebruik dit om jou ander sosiale profiele soos facebook, Instagram en Pinterest te vergroot. Besluit watter sosiale medianetwerk die beste vir jou onderneming werk en gebruik Twitter om mense daarheen te stuur. Bv: ’n fotograaf wat verkies om Instagram te gebruik omdat dit baie visueel is, sal ’n twiet uitstuur met ’n mooi foto met ’n skakel na Instagram vir ’n trouewat sy afgeneem het en in ’n tydskrif verskyn. As jy op die skakel klik, neem dit jou deur na haar Instagram-blad.

– Gebruik Twitter om jou facebook-profiel te vergroot deur ’n afslag of kompetisie in jou twiet te noem wat met facebook skakel. Mense moet dan eers die blad “like” voor hulle die afslag kry, of die kompetisieblad gaan oopmaak. Op die manier vergroot jy jou volgelinge op Twitter en op facebook.

Kry meer her-twiets

’n Goeie twiet kry baie her-twiets en kan jou volgelinge vermeerder. Hier is ander maniere om dit te verseker. As jy ’n her-twietknoppie op jou blog het, is dit vir mense maklik om te her-twiet. Kyk by www.about. twitter.com/resources/ button hoe om een te installeer.

– Deur ander mense in jou twiet te “tag” (hul @naam te gebruik) word dit na hulle ook gestuur en dan kan hulle dit weer na al hul volgelinge her-twiet as hulle van die twiet hou.

– Vra jou vriende om iets te her-twiet as jy ’n oulike skakel of aanhaling het. Stuur ’n DM (direct message) of selfs ’n e-pos.

– Twiets wat “please RT” (retweet) insluit, word statisties meer her-twiet.

– Gebruik foto’s, hashtags# en @gebruiksname.

– “Tweriod” is gratis en ontleed waar jou laaste duisend volgelinge vandaan kom en op grond daarvan maak dit voorstelle oor wat die beste tyd sal wees om hulle te twiet.

– Gebruik “Hootsuite” om vooraf jou twiets na jou profiele op Twitter, LinkedIn en facebook te skeduleer sodat dit op gepaste tye uitgestuur word.

– Gebruik skakels na stories, hashtags# aanhalings. Kyk byGoogle “Best (topic) quotes”.

– Vra ’n interessante vraag soos: Watter vyf bekendes dra ’n nommerdrieskoen? En verskaf ’n skakel wat jou na die antwoord lei.

– Doen ’n kompetisie of gee iets weg. Soos die baie suksesvolle geval waar ’n maatskappy onderneem het om $0,1 te skenk aan Livestrong vir elke keer wat mense die hashtag #beatcancer gebruik. Dis derduisende kere her-twiet.

– Plaas ’n hashtag# in jou twitter-profiel, soos #rockclimbing, wat dadelik mense sal aantrek wat ook in rotsklim belang stel .

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: Twitter

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.