kategorieë: Leef gesondGesondheid

Rekmerke is velkuns wat jóú storie vertel

Jy verwag ’n swaar, gefabriseerde uitstalling oor die donker kant van die lewe, maar word heeltemal onkant betrap omdat die foto’s bééldskoon is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die groter-as-lewensgroot foto’s wys die subtiele patroontjies wat rekmerke op die lyf ets, asof ’n potloodkunstenaar elkeen met ’n fyn, seker hand getrek het. Delikate lyntjies wat speels oor vrouekurwes kronkel en dans. Sommige rooi, maar die meeste silwerig-wit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Emma se lyntjies word ’n gul sonneblom oor haar koeëlronde 34-weke mamma-magie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sam se dye wys sebrastrepies so kompleks verweef soos geen tattoeëerkunstenaar dit sou kon regkry nie. Mooi as ons maar net met ’n oop gemoed wil kyk, wys Karin se sketse.

Elke rekmerk, sê sy, vertel die verhaal van jou eie wording. Want dit is wat rekmerke werklik is: die fisieke tekens van ons wording van meisie na vrou en van vrou na ma. Dis iets om te vier en te waardeer, want dit teken ons elkeen se reis na ’n nuwe lewensfase.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar woorde. Bevrydend.

Die waarheid is ongelukkig dat die meeste van ons skaam is vir ons “lelike” rekmerke. Ons sien nie die mooi raak nie, en waardeer nog minder die simboliek daaragter.

Wat is rekmerke regtig en hoe raak jy lief daarvoor?

Rekmerke is normaal

Stria, soos die dokters dit noem, ontstaan nie omdat jy te vet geword het nie, verduidelik dr. Jana Rossouw, Kaapse ginekoloog.

“Soveel meisies en vroue verwyt hulself vreeslik hieroor, asof hulle iets verkeerd gedoen het. Dit is nie jou skuld, of iets wat jy kon gekeer of veroorsaak het nie. Stria is doodnatuurlik – sewe uit elke tien meisies het rekmerke. Wanneer jou vrouehormone tussen 10 en 14 begin funksioneer, ontwikkel sekere dele van jou lyf skielik vinnig, soos jou borste wat vergroot en jou heupe, dye en maag wat ronder word. Die vel moet ooreenstemmend rek, maar hoe jonger jy is, hoe fermer is die kollageenstruktuur van jou vel. Omdat dié dele binne net ’n paar maande uitsit, kan jou vel nie vinnig genoeg rek nie, en ‘skeur’ dit, wat jy as rekmerke sien.”

Dieselfde gebeur ook tydens swangerskap, maar dit veroorsaak nie naastenby soveel angs by swanger vroue as by tieners nie, sê Jana.

Hoekom rekmerke meisies meer ontstel as vir swanger vroue

“Vroue beplan om swanger te raak. Hulle sien uit daarna, is goed ingelig oor rekmerke en hulle is heeltemal bereid om die veranderings wat moederskap meebring, te aanvaar. Hulle kry immers ’n begeerde, kosbare baba in ruil daarvoor. Tieners word deur hul hormone oorval. Hulle het geen sê daarin nie en geen keuse nie. Baie van hulle is so jonk soos 10 en glad nie emosioneel gereed vir die vinnige ontwikkeling van hul lyfies nie.

Ja, hulle hoor dat hulle gaan menstrueer, maar hulle verwag nie al die ander drama soos aknee en rekmerke nie. Die beeld wat ons almal het, in die media, flieks en sosiale media, is dat ons almal modellywe moet hê.  Hul rolmodelle is modelle, eerder as werklike vlees-en-bloed vroue. Hulle takseer hulself – en word getakseer – op hul idee van die volmaakte voorkoms. En dan voel hulle ontsettend verwerp as hulle nie so lyk nie. Maar min van ons het die volmaakte lyf, beenstruktuur en vel. Eintlik wil min mense werklik modelle wees. En daarom is dit ook goed en heeltemal reg en aanvaarbaar om jou eie unieke nie-standaard lyf te hê.

Realiteit oor rekmerke

“Buiten dat ons kinders gedruk voel om volmaak te lyk, laat ons na om vir hulle ’n realistiese perspektief te gee oor wat ’n té skraal lyf sonder rekmerke kan impliseer – soos die onvermoë om eendag self kinders te kan hê.

Ons behoort ons dogters ook te vertel dat minstens 23% (amper ’n kwart) van hul liggaamsgewig uit vet móét bestaan om normaal te ontwikkel. Die rede is dat faktore wat volwassewording beïnvloed, eers geaktiveer word as hulle genoeg liggaamsvet het. Ons behoort hulle te vertel dat rekmerke die norm is.”

En, soos wat Karen Schermbrucker met haar kamera wys, val dit in die kategorie van velkuns.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.