Wat kry jy as ‘n hoekie van Frankryk, ‘n stukkie paradyseiland, woudryke berglandskap en ‘n aktiewe vulkaan saamgooi? ‘n Alles-in-een bestemming met die naam Réunion natuurlik. Heerlik onontdek en net ‘n klipgooi vanaf Mauritius (wel, die klipgooi is nie heeltemal waar nie, maar jy kry die idee.)
Hier kan jy letterlik in die oggend na die bopunt van ‘n vulkaan klim, en dieselfde middag in die beste eilandtradisie op ‘n strand lê. ‘n Wit strand, hoewel Réunion weens die eeue-oue vulkaniese rots ook rare swart strande het. Al wat adrenalienaktiwiteit is, is hier beskikbaar, boonop binne ‘n relatief klein gebied.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Dolfyne het ‘n besondere liefde vir die eiland en walvisse kom hierheen om geboorte te gee. En wanneer daar een keer in ’n klompie jare ’n vulkaniese uitbarsting is, is gelukkige toeriste bly hulle is daar om die skouspel mee te maak – die eilandbewoners weet presies wat om te verwag en alles is onder beheer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die mense van Réunion kom uit Afrika, Europa, Asië en Oceania. Hieruit het die Kreoolse kultuur gegroei. Met soveel uiteenlopendheid moet jy verdraagsaam wees, en hierdie goedgesindheid is volgens talle besoekers een van die pluspunte van ‘n besoek aan die eiland. Daar is 15 eg Kreoolse dorpies en 54 geklassifiseerde hotels; van eenvoudig tot skitterblink.
Vlieg twee maal per week van Johannesburg (aansluitingsvlugte na en van Kaapstad) na Réunion met Air Austral – sien http://www.air-austral.com/en/home.html – die vlug is te kort om jou uit te put.
Daar is ook uurliks vlugte tussen Réunion en Mauritius.
Om die afskaffing van die visumvereiste te vier, het Réunion nou ‘n veldtog om toeriste te verwelkom. Gaan na www.welcometoreunionisland.com en geniet!
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.