kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Ridder of rower? 10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet

Ridder of rower? 10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet deur Ilse Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ridder of rower?

Nadat die man van ’n kennis onverwags dood is, het die prokureur wat haar man se boedel hanteer, vir haar uitstekende raad gegee: “Wanneer jy weer romanties by iemand betrokke wil raak, kry asseblief net eers sy identiteitsnommer sodat ek kan vasstel wie en wat hy is.”

Ongelukkig het Magda* soortgelyke raad van haar vriende en volwasse kinders geïgnoreer en binne ’n jaar ná haar eerste man se dood met Hennie*, ’n swendelaar van die eerste water, getrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vandag is Magda ’n skadu van die eens vrolike, onafhanklike mens wat sy was. Sy woon in ’n ouma-woonstel by een van haar seuns, en het alles verloor: haar sakeondernemings, selfvertroue, vertroue in haar medemens en haar gesondheid.

Hennie het voorgegee hy is ’n welaf wewenaar en het haar ná ’n blitsromanse van drie maande gevra om te trou. Hy het haar voor die troue al stelselmatig van haar kinders en vriende begin vervreem, maar eers ná die troue sy ware kleure gewys. Dit het met verbale mishandeling begin, maar nie daarby gebly nie. Hy het ook die sakeondernemings en eiendomme wat sy en haar eerste man deur die jare gekoop het, die een na die ander verkoop of lenings daarteen uitgeneem, en selfs Magda se handtekening op van die transaksies vervals.

Sy was te trots om te erken sy het ’n fout gemaak, en het eers uit Hennie se kloue ontsnap nadat ’n besonder gewelddadige aanranding haar in die hospitaal laat beland het. ’n Jare lange vriendin wat ’n mediese suster by die hospitaal is, het die tekens van huishoudelike geweld herken en Magda se kinders laat weet. Hulle het gehelp dat sy uit Hennie se kloue kon ontsnap en dat bedrogklagte teen hom aanhangig gemaak word, maar dis te betwyfel of Magda ooit haar geld gaan terugkry.

Vandag erken Magda dat daar gevaartekens was wat sy geïgnoreer het, soos Hennie se leuens oor sy verlede. Selfs nadat ’n kind uit een van sy drie huwelike haar kom waarsku het dat haar pa nie ’n wewenaar is nie, maar reeds drie keer geskei is en boonop ’n geskiedenis van gewelddadigheid en leuens het, het Magda gekies om Hennie se verduideliking te glo dat sy kind “mal” is.

Aanvanklik het dit haar nie gepla dat sy so dikwels die rekeninge moes betaal vir die dinge waarmee Hennie haar bederf het nie, want hy het altyd ’n goeie verskoning gehad, soos dat hy sy beursie tuis vergeet het, of wag dat iemand wat hom geld skuld hom betaal.

Magda was die ideale teiken vir ’n glyjakkals soos Hennie. Sy was eensaam ná haar man se skielike dood, en het gesukkel om al die nuwe verantwoordelikhede, soos die bestuur van hul ondernemings, alleen te behartig. Hennie was slim genoeg om te besef presies hoe weerloos en oorweldig sy voel.

Maar hoekom kon Magda in die eerste plek nie sien wie en wat Hennie werklik was nie? Hier is tien redes

Ridder of rower? 10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet

10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet

1. Swendelaars weet hoe om te manipuleer

Swendelaars manipuleer jou emosies, nie jou intelligensie nie. Weduwees, wewenaars, geskeide mense, eensames, bejaardes en iemand met ’n swak selfbeeld is maklike teikens.

Verandering is die glyjakkals se grootste bondgenoot, skryf Maria Konnikova in The Confidence Game. “Hulle is mal daaroor om die gevoel van onsekerheid wat ons gedurende verandering ervaar, uit te buit.”

2. Aan die begin is niks te veel moeite nie …

Hennie het Magda aan die begin van hul verhouding met liefde, geskenke en oordadige liefdesbetuigings oorlaai – niks was te veel moeite nie. Omdat sy so eensaam en oorweldig gevoel het, was sy dol op die aandag, en die deur na haar hart – en bankrekening – was oop.

Ridder of rower? 10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet

3. Hulle vra baie vrae …

Hy het uitgevra oor haar begeertes en wense, en presies dit gedoen. Soos een bedrieër dit in ’n onderhoud gestel het nadat hy uitgevang is: “Slagoffers vra nie baie vrae nie, maar antwoord baie.”

Ridder of rower? 10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet

4. … Maar jy moet mooi luister

Hierdie soort mense is uitstekende luisteraars. Hulle is wel dikwels groot praters (en byna altyd grootpraters) maar hulle verklap bitter min oor hulself wat waar is. Jy moet maar fyn luister om hulle uit te vang.

Ridder of rower? 10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet

5. Hulle gee voor asof hulle slagoffers is

Swendelaars gee dikwels voor dat hulle weerloos en eintlik slagoffers van ander is. Vorige geliefdes/base/kollegas het hulle seergemaak/verneder/ingeloop. Dit het gewoonlik die gewenste uitwerking: die slagoffer verteder en sal enigiets doen om hom tog net geliefd en gewaardeer te laat voel. Hoekom? Die menslike brein is geprogrammeer om goed te voel wanneer jy iemand help, skryf dr. Paul Zak in sy boek Trust Factor: The Science of Creating High-Performance Companies. En hierdie skurke weet dit.

6. Pasop vir die ridder

Het jy ’n probleem? Moenie bekommerd wees nie – die swendelaar is aanvanklik ’n regte ridder wat enige draak vir jou sal doodmaak. Dit wen jou vertroue en gee hulle die ideale kans om jou uit te buit.

7. Dinge gebeur te vinnig

Dinge gebeur altyd vinniger as waarmee die slagoffer gemaklik is, maar dis deel van die plan. Dan kan sy nie kop uittrek nie. Dikwels koppel die bedrieër ’n afsnytyd aan iets. “Kom ons trou voor … ” of “as ek nie die geld kan kry nie, gaan ek die geleentheid verloor”.

8. Die gunste vra kom later

Swendelaars vra aanvanklik nie gunste nie. Maar sodra hulle jou vertroue gewen het, word die gunste net meer en groter.

9. Hulle weet jy gaan verleë wees

Bedrieërs maak staat daarop dat jy te verleë gaan wees om te erken dat jy ’n fout gemaak het. Magda erken dat sy binne drie maande ná hul troue besef het sy het ’n fout gemaak, maar dat sy te skaam was om dit aan haarself of haar kinders en vriende te erken.

10. Die slagoffer is goedgelowig

Die slagoffers is so opgewonde oor die nuwe kans op geluk dat hulle vergeet om krities te dink. Volgens wetenskaplikes kan die menslike brein tussen eerlikheid en blatante oneerlikheid onderskei, maar ons kan nie instinktief oneerlikheid raaksien as dit slim gekamoefleer is of opgedis word deur iemand wat ons vertrou nie.

*skuilname

‘Hoekom los sy nie die man nie?’

Ons vra dit dikwels wanneer ons hoor iemand is in ’n afbrekende of gewelddadige verhouding. Volgens dr. Susanne Babbel, ’n Amerikaanse sielkundige wat in trauma spesialiseer, kan trauma tot “escape paralysis” lei.

Hierdie “verlamming” word veroorsaak deur ’n kombinasie van faktore: afhanklikheid, gewoonte en ’n verskynsel wat “trauma bonding” genoem word. Wanneer ons trauma ervaar, is die liggaam se reaksie om te veg, vlug of vries. As ons nie kan vlug nie, vries ons dikwels.

’n Ander vorm daarvan is om jouself van ’n situasie te distansieer. Wanneer ’n slagoffer gedreig of geïsoleer word, of pyn of skaamte ervaar, word die brein gekondisioneer om steeds hierdie verlamming te ervaar – dit lei daartoe dat ’n slagoffer nie kan ontsnap nie en nie haar eie oordeel vertrou nie. Wanneer ’n vrou boonop geïsoleer word, raak sy angstig om aan die skurk gehoorsaam te bly. Hierdie gevoel kan selfs voortduur nadat ’n afbrekende verhouding verby is.

Ridder of rower? 10 dinge wat jy oor swendelaars moet weet

Beskerm jou só teen swendelaars

Die Internet-era (en sosiale media) bied talle nuwe geleenthede vir swendelaars. Die FBI se Internet Crime Complaint Center, wat Internetverwante misdadige aktiwiteite naspoor, het in 2016 byna 300 000 klagtes gekry waarby verliese van $1,3 miljard betrokke was. Hiervan was 14 500 gevalle “dating scams” of verhoudingsbedrog, ’n syfer wat sedert 2011 verdubbel het. Verliese van sowat $220 miljoen was hierby betrokke. (Ongelukkig is daar nie soortgelyke syfers vir Suid-Afrika beskikbaar nie.)

Volgens die FBI is vroue bo veertig die algemeenste teikens vir verhoudingsbedrog – veral as hulle boonop weduwees, geskei of gestrem is. Boonop meen die FBI dat slegs 15% van hierdie misdade aangemeld word, want vroue wat so gevang word, is gewoonlik te skaam om te erken hulle is so mislei. Maar jy hoef nie bo veertig óf ryk te wees om ’n slagoffer te wees nie. Die blote feit dat jy jou eie blyplek, motor en ’n goeie kredietrekord het, kan ook van jou ’n slagoffer maak.

  1. Wees altyd hiperkrities. Of dit nou in ’n verhouding is, of wanneer ’n slim verkoopsman iets aan jou wil afsmeer, vra áltyd vir meer tyd om oor iets na te dink. Moenie jou vir iets inlaat as jy selfs net die geringste ongemaklikheid ervaar nie. Dis die raad wat prof. Berit Brogaard van die Universiteit van Miami gee in sy boek On Romantic Love: Simple Truths about a Complex Emotion.
  2. Doen ’n bietjie navorsing oor jou nuwe liefde – in die Internet-era is dit verspot maklik om iemand aanlyn na te vors. ’n Kennis het – ongelukkig eers nadat sy ’n groot klomp geld aan haar glyjakkals-kêrel geleen het net om nooit weer van hom te hoor nie – danksy die Internet agtergekom hy was al in die tronk weens bedrog. Gaan kyk wat verklap sy sosiale media-profiel, of tik sy naam (verkieslik volle name, maar ook byname) op die Internet in en kyk wat spring uit. Volgens Candace Delong, ’n voormalige FBI-profileerder, is swendelaars gewoonlik baie vaag oor hul verlede. As iemand niks het om weg te steek nie, sal hy nie vaag wees nie. As hy jou ook nie aan sy familie of vriende wil voorstel nie, moet jy beslis lont ruik.
  3. Laat iemand wat jy ten volle vertrou alle kontrakte (hetsy sake- of huwelikskontrakte) met sulke mense nagaan. Vra die mening van jou prokureur, rekenmeester of makelaar voordat jy jou vasteken.
  4. Gaan die agtergrond na van almal wat jou met sakevoorstelle nader – of dit jou nuwe liefde, of selfs een van jou kinders se liefdes of vriende is. Betaal eerder ’n private speurder ’n paar honderd rand as om alles te verloor waarvoor jy gewerk het. Al wat jy nodig het, is iemand se ID-nommer en volle name. Dit kan minstens ’n misdaadgeskiedenis blootlê, of aandui of iemand werklik geskei is.
  5. As ’n nuwe man vir jou oor enigiets lieg – groot of klein – los hom. Verbreek die verhouding net daar, voordat jy met meer skade as ’n gekrenkte ego sit.
  6. Voordat jy iemand naby jou finansies toelaat, stel eers vas wat met sý finansies aangaan. Delong meen dis ’n goeie plan om vir ’n paar jaar se inkomstebelastingaanslae te vra. As hy sy geld op ’n eerlike manier verdien, sal hy daarop belasting betaal.
  7. Behou beheer oor jou eie finansies. Betaal iemand anders om jou daarmee te help, maar moenie dit in jou nuwe liefde se hande laat nie.

Bronne: lovefraud.com; psychologytoday.com; mindpowernews.com; escapeabuse.com; drphil.com; theatlantic.com

Vir nog goeie verhoudingsraad, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.