kategorieë: FiksheidGesondheid

Rol jou sorge weg

Rol jou sorge weg. Deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met ’n oefenroller kan jy hierdie voordeel elke dag geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Belangrike punte om te onthou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Daar is ’n wye verskeidenheid rollers op die mark, so kies die regte een vir jou. Baie digte, harde rollers gee vinnige verligting aan stywe spiere terwyl sagter en minder digte spons sagter op jou spiere is en vir langer periodes gebruik kan word. Daar is ook nuwe “grid” rollers wat patrone op het. Sommige boots die vorm en afdruk van ’n hand en vingers na. Dit is gewoonlik ’n meer intense massering.

• Daar is ook dunner “grid sticks” of “roller bars” wat eerder soos ’n staaf met spons rondom lyk. Dit is handig as jy spiere op ongemaklike plekke soos jou lieste wil rol. Atlete wat aan uithourenne deelneem wat oor ’n paar dae strek en geneig is om te kramp, sweer by hierdie rollers wat hulle ná ’n wedren op spiere gebruik waar hulle gewoonlik kramp om reg te wees vir nog ’n dag se hardloop of fietsry. Kleiner rollers is ook ideaal om in te pak wanneer jy aan ’n wedren deelneem. As jy desperaat is, kan ’n glasbottel soos ’n wynbottel ook werk sowel as ’n tennisbal wat jy selektief op “trigger spots” gebruik. Hou ligte drukking op die snellerpunt tot die pyn verdwyn.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

• Jy kan ook ’n gedeelte van ’n groot, lang sponsroller met ’n lang broodmes afsny wat maklik in jou tas pas.

• Dit is beter om ’n roller na oefening te gebruik wanneer jou spiere warm is. Dit is ook die ideale manier om na ’n lang dag voor die rekenaar of agter die stuur spanning weg te rol. Mense vertel dat dit hulle laat ontspan en help vir ’n rustige nagrus.

• Moenie die saak oordoen nie. Begin geleidelik en kyk hoe jou lyf reageer. Hou die beweging eweredig, eerder as kort vinnige rolle. Rol vir so 60 sekondes op ’n stywe area en verminder die drukking as jy intense pyn ervaar.

• Dit is belangrik dat jy nie soos ’n sak patats op die roller lê en rol nie. Hou goeie postuur, trek jou maag in en maak reguit daai skouers. Swak postuur kan beserings veroorsaak. Dit mag help om een sessie by ’n fiksheidsafrigter te bespreek om jou touwys te maak. Daar is ook baie video’s op die internet (Google dit). Probeer om voor ’n spieël te rol om jouself dop te hou.

• Probeer dit gereeld doen as jy resultate wil sien. Een keer ’n maand gaan jou nie veel in die sak bring nie.

Oefenrollers is by die meeste sportwinkels sowel as DisChem beskikbaar. ’n Gewone silinder van digte spons is ’n goeie begin as jy nie weet wat vir jou gaan werk nie. As jy lid van ’n gimnasium is kan jy natuurlik al hul rollers op die proef stel – dan hoef jy nie self een te koop nie. Tog is dit handig om jou eie te hê as jy dit daagliks wil gebruik. Rollers se pryse wissel van goedkoper vir ’n eenvoudige sponsroller tot duurder vir ’n gestruktureerde roller. Daar is ook ’n verskeidenheid masseringsballe en stawe beskikbaar.

Lees ook: Rol jou skete weg

Hooffoto:Karolina Grabowska vir Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.