kategorieë: Ons menseBekendes

Rolanda & Nadia: toe tot nou

Rolanda Marais en Nadia Valvekens was kollegas by die gewilde kykNET-sepie Binnelanders. Hulle het mettertyd beste vriendinne geword. Desember 2016 is die eerste keer wat dié twee saam op ’n tydskrif-voorblad verskyn! Ons kyk terug op voorblaaie wat ons al met elkeen van hulle gedoen het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Vriendskap is ’n baie duur, kosbare ding. En dit hoort ook so.” Nadia Valvekens

Ons Rolanda- & Nadia-gunstelinge

• “Enige vorm van diskriminasie maak my woedend.” Rolanda
• “Ek wil beslis kinders hê, maar eers eendag, wanneer ek weet ek het regtig alles gedoen wat ek wou doen.” Nadia
• “Een van my grootste ambisies is om eendag ’n ma soos my ma te wees.” Rolanda
• “Deur Pippa kan ek vir ander vroue wys hartseerdinge gebeur soms, maar dat jy daardeur kan groei.” Nadia
• “Ek hou daarvan om as mens te groei en nuwe goed te probeer. Maar ek hou ook van die bekendheid van roetine.” Rolanda
• “’n Mens vergader mense soos skatte om jou.” Nadia
• “Die lewe neem ’n mens op reise en jy moet die positiewe en negatiewe op hierdie roetes kan raaksien.” Rolanda
• “Vrese is mensgemaakte goed. Jy dink soms jy sal ’n sekere ding nooit kan doen nie, maar as jy nie probeer nie, sal jy nie weet of jy kan of nie.” Nadia
• “Jy moet die kuns ontwikkel om kanse raak te sien.” Rolanda
• “Ek het goeie en slegte eienskappe net soos enige ander mens en ek moet dit aanvaar en leer om daarmee saam te leef.” Nadia
• “Ek laat my nie deur teleurstellings onderkry nie. Natuurlik kom dit oor elkeen se pad. Maar wanneer ek oor iets huil, sorg ek dat ek uit die trane leer, al is dit net die tegniek wat ek in ’n volgende vertoning kan gebruik!” Rolanda
• “Dit was deur my ma se toedoen dat ek ontdek het wat ek eendag wil word. Sy’t ons dikwels teater toe gevat.” Nadia
• “Ek was van kleins af mal oor fliek. Daar is vir my magic daarin om te sien hoe ’n storielyn hom ontvou.” Rolanda
• “Ek het agtergekom die mens soek na iets maar weet nie waarna nie. Dis so belangrik dat jy tyd maak om ’n bietjie soul searching te doen. Om meer tyd met jou geliefdes deur te bring.” Nadia
• “Ek glo alles wat ek hierop aarde doen, het gevolge. En oor die gevolge het ek wel ’n mate van beheer deur die keuses wat ek maak. Maar dis gevaarlik om te dink ons het heeltemal beheer oor ons eie pad. Jy kry baie rigtingwysers, baie tekens. Maar ons lewe te oppervlakkig om die tekens altyd te herken.” Rolanda
• “Sy is ’n mens van inbors, en aanvaar mense ondanks hul tekortkominge. Sy het die vermoë om verby die fasade te kyk en die mens daaragter raak te sien.” Rolanda oor Nadia
• “Sy is eerlik, het ’n wonderlike sin vir humor en gee altyd eerder as om te vra. Sy is baie onselfsugtig, het ’n groot hart en wil net die beste vir almal hê.” Nadia oor Rolanda

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.