kategorieë: KalenderOntspanning

rooi rose KANSA-geselligheid in die Jakarandastad


Vanjaar is die 36ste keer wat ons bymekaarkom om KANSA-ondersteuners en kanker-oorwinnaars te vier. Danksy ons merkwaardige borge en gasvroue gaan ons elke jaar van krag tot krag en streef ons daarna om ál hoe meer fondse vir kernbelangrike kanker-navorsing in te samel. Met “Feesviering” as hierdie jaar se tema bring ons spesiaal hulde aan diegene wat deur kanker geraak is, deur hul lewens op ’n merkwaardige wyse te vier. Dit gaan ’n wonderlike, inspirerende oggend wees wat jy nie moet misloop nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die bekende radio- en TV-persoonlikheid, Janina Oberholzer, is ons eerste spreker. As ambassadeur vir PinkDrive wat self deur kanker geraak is, weet Janina eerstehands hoe kanker jou en jou geliefdes kan beïnvloed. Ons is ook opgewonde om vanjaar vir Hannon as ons tweede spreker te hê. Hy is nie net ’n guru as dit by mooimaak kom nie, maar weet ook hoe om die hart en siel goed te laat voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons vermaak vir die oggend is optredes deur Willem Botha en Jo Black. Dié talentvolle sangers is elk aan die brand met splinternuwe albums wat onlangs die mark getref het. Ons kan nie wag om hulle in lewende lywe te sien nie! Laastens sal al dié verrigtinge deur ons seremoniemeester, Riaan Cruywagen, gelei word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Belangrike inligting

Datum
Woensdag, 18 Oktober 2017

Tyd
09:00 vir 09:30

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Plek
Saint George Hotel, Pretoria

Tema
Feesviering


Vir besprekings en inligting oor die verantwoordelikhede van ’n gasvrou, kontak vir Marie Claassen by mclaassen@cansa.org.za of skakel 012 329 3036.

Willem Botha
Jo Black
Janina Oberholzer
Hannon
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.