kategorieë: BlogsOntspanning

Inspired Women-blog: Ons reis deur China

As julle nou al ons agtergrond ken, dan weet julle seker niks stop dié twee blondies om die wêreld in te vaar en hul drome na te jaag nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Emirates het ’n special!” Dit is sulke woorde wat geweldige opgewondenheid veroorsaak in ons huishoudings. “Waarheen gaan ons?” vra Shireen. “Ek weet nie! Die wêreld is so groot! Waarheen sal jy nooit regtig wil gaan nie?” vra ek. Asië … Ons wik en weeg tussen Ysland, Rusland, Tokyo, en dan besef ons hier is ’n bucket list-geleentheid. Kom ons gaan na die wall.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So is ons kaartjies geboek, visa’s, hotel, verblyf, alles.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Met ons aankoms word ons verwelkom met ’n oorweldigende warm, drukkende humiditeit. Ons eerste stop is Hong Kong, die stad van liggies. Daar is so baie Westerse mense, dit is besig en warm! Ons moet ons twee dae goed benut en skop ons vakansie af deur die omliggende eilande te besoek. Hong Kong bestaan uit 235 eilande, so veerbote is oral beskikbaar om toegang tot die eilande te verkry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hong Kong is modern en besig en ons was ’n bietjie teleurgesteld omdat ons geen tradisionele Chinese geboue of van die kultuur ervaar het nie. In die hoostraat sien jy Zara en Topshop en vergeet jy vir ’n oomblik jy is in die Ooste. ’n Mens se gedagtes word egter vining onderbreuk wanneer ’n Chinese man ’n bol neuskabouters uit sy keel trek en langs jou op die pad spoeg … “Dis heel normaal,” sê ek vir Shireen wat begin bruis van woede. “Waar is die mense se maniere”? skree sy. “Onthou, jy is nou in hulle land, dis hulle kultuur en hulle reëls”! Wat vir jou onaanvaarbaar is, is vir hulle heeltemal normaal.

Die plek spog egter met hemelhoë geboue, besige restaurante en hope gesellige kafee’s. Die strande is pragtig en is bekend vir asemrowende staproetes.

Op die vliegtuig (histeries van al die opwinding) land ons in Beijing. Ons gooi ons tasse neer en vaar dadelik die strate in – dit is immers ons beste manier om ’n plek te verken: ons stap, raak verlore en ontdek dan die beste plekke!

Beijing is nog ’n oerwoud van konkryt, staal en ligte. Maar anders as Hong Kong het jy geen toegang tot sosiale media nie. Vinnig besef ’n mens dinge word baie anders hanteer hier in China. Bitter min mense verstaan en praat Engels. Die laaste drie dae in Beijing het ons baie afgesonder gevoel, maar niks keer ons om verlore te raak in die small straatjies nie. Dis mos immers hoe ’n mens ’n plek verken.

By die Wangfujing-mark ontdek ons ’n wye verskeindenheid insekte, kosse en drankies. Alles waarna jy kyk laat jou maag draai. Dit is egter net hier dat ek besluit ek gaan nooit weer die kans kry om ’n skerpioensosatie te eet nie … Dit was ’n krakerige en souterige affêre! Nie weer nie, dankie!

Shireen met haar “sosatie”

Ons volgende stop is die “Forbidden City” en “Tianmen Square”. Die geskiedenis is ongelooflik en dateer uit duisende jare terug.

Die volgende dag val ons vroeg in die pad. Dit is die dag waarvoor ons lank gewag het, die dag wat ons die “Great Wall Of China” gaan klim. Ons besluit om twee ure verder uit Beijing te ry (blykbaar is dit stiller en is daar minder toeriste.) By ons aankoms was dit egter toe nie so stil nie! Gelukkig was ons kaartjies vooruit bespreek en kon ons van die lang rye verbysteek.

Ons eerste tree op die muur is iets wat ons altyd sal bybly. Hoe kon so ’n groot struktuur soveel jare terug só gebou word? Die muur is 8 850 km lank, party plekke is reguit en gelyk, ander vervalle en skeef en dan is daar ook baie steil trappe, hoekies en draaie. Ons kon net so 1 km vêr stap. Ons is honderde trappe op en af in 85% humiditeit en warm temperature.

China was ’n ongelooflike ervaring. Van die “Cosmopolitan”-stad van Hong Kong tot die “Mainland” waar al die fabrieke is, tot Beijing en die “Great Wall.” Ryk in kultuur en tradisie is China en Hong Kong definitief ’n onvergeetlike reis-opsie.

“Tips” wat ons geleer het:

  • Betaal en bespreek enige toeriste-aantreklikhede aanlyn. Die rye vir kaartjieverkope is ongelooflik lank!
  • Moet liefs nie straatkos eet nie, jy wil nie kosbare dae van jou vakansie in die bed deurbring as gevolg van ’n maagvirus nie.
  • Besluit vooraf wat jy wil sien en doen, ’n mens kan vining verlore raak in al die winkels en tred verloor met tyd.

Besoek Inspired Women se webblad hier of volg Shireen Louw en Sue Duminy se avonture op Facebook.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.