kategorieë: BekendesRedakteurkeuse

10 redes waarom jy die Oktober-uitgawe van rooi rose móét lees!

Voorbladster Karlien van Jaarsveld: Haar pyn word haar getuienis

Karlien van Jaarsveld moes die afgelope paar jaar ʼn pad van loutering stap, maar vandag staan sy sterker, met meer genade en met ʼn boodskap om genade vir ander te hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Oktober-uitgawe van rooi rose is nou op die rakke!

Wat is nuut op die boekrak?

Lees hierdie maand meer oor ’n weggooikind, ’n toekomsgerigte riller, en ’n aweregse reisverhaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Selfdood onder mans

Selfdoodsyfers het die afgelope paar jaar drasties in Suid-Afrika toegeneem, bykans vyf keer meer mans as vroue pleeg selfdood. Die sanger en TV-aanbieder Jo Black, praat oor die simptome van selfdood en depressie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lyk lieflik in die lente

Ons kyk na velsorgneigings, deel loopplank-inspirasie en gee nuttige wenke om jou voorkoms weer nuwe woema te gee.

Eg en onkonvensioneel: Bernice West

Die 21-jarige sangeres is gemaklik daarmee om net haarself te wees in ’n bedryf wat mense dikwels in boksies druk. Sy vertel waar haar krag vandaan kom.

Foto: PETAL & LEAF PHOTOGRAPHY en OPAL & JADE PHOTO

Klein ruimte, ruim gevoel

Tammy Holmes, ’n plaaslike ontwerper en dekorspesialis, gee wenke hoe om die illusie van ruimte in ’n klein vertrek te skep.

Foto: FOTOHUYS

Eet VISkriklik lekker

Moeg vir die gewone resepte wat jy met vis maak? Probeer die wenners in ons splinternuwe uitgawe.

Foto: AREMEDIASYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA

Gee jou tuin ’n lieflike geur!

Ons het ’n paar struike en bome geïdentifiseer wat jou tuin in ’n geurparadys kan omskep.

Kry stres jou onder? Jou stokperdjies is dalk die oplossing.

Trek die naaimasjien nader, gaan grou die verfkwasse uit of bel die dansstudio, dis tyd om weer jou stokperdjie(s) af te stof. Ons ondersoek die voordele daarvan.

Hekel ’n erfstuk!

Ons wys jou hoe om ’n unieke kombersie vir ’n spesiale baba te maak.

Stilis: Mia Smith Foto: Kyra Welch

Lees nog: Hoe om jou huis heerlik te laat ruik – sonder chemikalieë

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.