kategorieë: Ons mense

Rooiwarm man: Christiaan Olwagen

Christiaan was ook die eerste regisseur in die geskiedenis van Aardklop wat die Beeld-Aartvarkprys vir grensverskuiwende werk twee keer gewen het: in 2015 vir sy regie van Tsjechof se Die Seemeeu en in 2012 vir sy werk as vernuwende skrywer en regisseur van stukke soos Woza Andries? en Ubu en die Secrecy Bill.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hy is bekend vir sy veelsydigheid: of dit nou kabaret, komedie, poppeteater, ernstige fisieke teater of ’n musiekblyspel is, hy kan dit doen. As lid van die Polony-teatergroep, ’n groep jong teatermense bekend daarvoor dat hulle die grense verskuif van teater soos ons dit ken, weet hy ook hoe om ’n toneelstuk met geen of min finansiële ondersteuning te laat gebeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Christiaan is ook nie bang vir polemiek nie, al het dit al beteken dat ’n paar teatergangers uitgestap het uit vertonings van sy Afrikaanse vertaling van die klassieke Who’s Afraid of Virginia Woolf ? en sy outobiografiese stuk Dogma.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel van jou eerste verhoogervaring

Ek was Isak in ’n laerskool-revue met ’n Bybelse tema. My kostuum is geprakseer uit twee van my ma se badhanddoeke en ’n belt wat te groot was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Loop die dramagene in jou familie?

Nee, glad nie. Of liewers, nie direk nie. My ma is ’n skakelbeampte en my pa was ’n dominee. Dis albei teatrale beroepe uit eie reg, so miskien is daar tog iets daar. Maar ek het heeltemal toevallig in drama beland. ’n Rol in die skoolrevue het gelei tot deelname aan kunswedstryde tot ’n graad in drama, en nou kan ek my nie iets anders sien doen nie. Toe ons nog in Pretoria gewoon het, was ek in die Pro Arte Alphen Park Hoërskool. Ná matriek aan die Hoërskool Stellenbosch het ek drama aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Ek het ’n honneursgraad in regie onder die veelbekroonde regisseur Marthinus Basson behaal.

Wanneer het jy besef dis wat jy met jou lewe wil doen?

Toe ek Marthinus Basson se Romeo & Julia en BOKS by die KKNK gesien het. Mense soos Marthinus en Jaco Bouwer inspirer my om dit buite die veilige en voor die hand liggende te waag.

Wat is dit van die verhoog wat jou bekoor?

Geen twee vertonings is ooit dieselfde nie – dis nie ’n presiese wetenskap nie, en daar is nie ’n resep of ’n stel reëls nie. Enigiets kan gebeur. Dis vreesaanjaend, en so bietjie verslawend.

Hoe werk die skeppingsproses vir jou? Waar kry jy jou idees?“Sien” jy iets in jou kop afspeel voor jy dit skep?

Elke proses is anders. Met party weet ek presies wat ek gaan en wil doen en met ander sukkel ek om iets te “sien”. Party verg instink en met ander moet ek baie navorsing doen. Die een konstante ding in my proses is dat ek lief is om saam met akteurs, ontwerpers, skrywers en verhoogbestuurders te werk om te skep. Ek hou nie van ’n eensame proses nie. Ek verkies ’n spanpoging – tien kreatiewe breine is beter as een.

As jy enige rol op enige verhoog kan speel, wat sal dit wees? En teenoor wie?

Ek sal enige rol speel as ek teenoor Cate Blanchett kan speel.

Wat verkies jy: skryf of regie?

Regie is ’n natuurliker proses – skryf is moeilik, ’n liefde-haat verhouding.

Hoe benader jy regie?

Wanneer ek ’n klassieke stuk soos The Seagull deur Tsjechof aanpak, is ek mal daaroor, maar ’n deel van my wil dit vir die gehoor verander. Ek wil die stuk gebruik as ’n gasheer en net ’n variasie daarvan vertel, dit in Suid-Afrika, of in ’n baie spesifieke konteks laat afspeel. Ek het ’n verantwoordelikheid om ’n stuk te maak wat mense sal wil sien, maar ook iets wat vir my interessant sal wees. Dis maar altyd ’n balans tussen daardie twee elemente. My kreatiewe kant wil ook dinge verbind wat normaalweg nie langs mekaar sal staan nie.

En as jy ’n groot klassieke stuk kan verwerk – behalwe Tsjechof, wat jy mos nou al gedoen het – wat sal dit wees?

Die lys is lank. Tennessee Williams, Ibsen, Strindberg, Arthur Miller, nog ’n Tsjechof – ek is nog skrikkerig vir Shakespeare, maar ek wil eendag, wanneer ek “groot” is, Koning Lear aanpak.

Hoe voel jy oor die stand van die kunste in SA? Wat sou jy graag wou verander?

’n Mens sal altyd hoop dat die staat meer geld vir die bevordering van kunste beskikbaar sal stel. Ek was ’n paar jaar terug in Londen by die National Gallery. Nie net kon ek verniet ingaan nie, maar ek het ook gesien hoe die kurators vir ’n groep skoolkinders, almal seker so vier jaar oud, verduidelik van die gebruik van simboliek in die Renaissance. Ek was verstom! Ek wens daar was meer sulke inisiatiewe in ons land.

En wat kunstefeeste betref?

Dit is my brood en botter. Ek is lief vir die kunstefeeste, al is dit verskriklike harde werk wat met bloedsweet, trane en baie angs gepaardgaan. Maar op die ou end is dit altyd vir my die moeite werd. Ek dink die kunstefeeste is baie belangrik – dis soos ’n lewenslyn vir ons teatermakers.

Jy is een van die besigste mense in die bedryf – hoe pas jy alles in?

Jy pas maar alles in. Jy’t nie regtig ’n keuse nie. Dis vreemd, maar hoe meer jy doen, hoe meer kry jy gedoen.

Wat beskou jy as jou beste werk?

Ek is trots op al my werk, maar ek dink Dogma het ’n spesiale plekkie in my hart omdat dit my ouers se storie is. Dit vertel van hul stryd met georganiseerde godsdiens in die tyd toe veelvuldige sklerose by my pa, destyds ’n NG-kerk predikant, gediagnoseer is.

Jy is nie bang om taboes te takel nie. Waar kom dit vandaan?

My ma en my pa.

Wat wil jy deur jou werk bereik?

Ek hoop altyd dat mense nie onaangeraak daar sal uitstap nie. Ek probeer al meer fokus op menslikheid – so ek hoop mense sal hulself kan raaksien. En ek wil hulle beweeg – al is dit ook nou uit hul sitplekke uit. Ek wil nie net meer vinger wys soos in die verlede nie. Nou wil ek eerder vrae vra – dis tog veel interessanter om dit aan mense oor te laat om ’n eie mening te vorm.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

11 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

14 hours Gelede

My ma se appeltert

16 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.