kategorieë: Ons menseBekendes

Rozanne McKenzie beweeg!

“Kry iets waarvan jy hou, en jy sal nooit ’n dag in jou lewe werk nie.” Dis die TV-aanbieder Rozanne McKenzie se leuse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons onthou haar nog uit haar Dagbreek-dae, die ontbytprogram waarvan sy die aanbieder was. Deesdae bied sy die TV-program Flits aan wat Donderdagaande regstreeks op kykNET uitgesaai word en weeksdae bied sy soggens van nege tot twaalf Jacaranda FM se verkeersnuus aan. Saans is daar gesellighede wat sy moet bywoon, so nie is dit vroeg bed toe, want met ’n tweejarige wat bedags haar aandag verg, is slaap vir haar goud werd. In die week doen sy navorsing vir Flits en verder hou haar maatskappy IdeaCandy, stemwerk en optredes as seremoniemeester haar besig. Oefen is ’n ewe belangrike deel van haar dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dis vir my lekker om te sien hoeveel ek met my liggaam kan regkry. In 2011 was ek oorgewig en het toe saam met ’n afrigter, Grant Myburgh, begin oefen en 17 kg in 18 maande verloor en dit af gehou. Ek het my verhouding met kos en oefen verander. Vyf jaar later oefen ons steeds een keer per week.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het ook in Junie haar eerste halfmarathon voltooi en intussen by Switch-klasse ingeskakel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek eet baie proteïene en groente, maar ek hou ook baie van uiteet en tjips en sjokolade. Balans is die geheim.”

Hoe hou sy by met so ’n vol program? Rozanne sê al haar afsprake word in haar dagboek aangeteken waarna sy dié inligting na verskillende “afdelings” in haar kop oorplaas sodat sy kan fokus op die take waarmee sy op daardie oomblik besig is.

Die afsprake op haar selfoon en iPad is met dié van haar man, Chris Bishop, gekoördineer en selfs klein James het ’n besige skedule!

“Dit help baie om ’n ondersteunende man te hê wat die verantwoordelikhede van ouerskap deel. Dis ook belangrik om seker te maak dat ek my eie tyd het. Dis een van die redes waarom ek so baie van oefen hou.”

Dis vir haar heerlik om saam met die Jacaranda FM-span te werk. “Die radiomedium is intiem. Die verkeer na die ateljee hou my elke dag op my tone, want dis so onvoorspelbaar, veral in Gauteng! Ek was al op universiteit by UCT Radio betrokke en om nou weer radiowerk te doen is soos ’n droom wat waar geword het.”

Sy geniet dit ook om by ’n televisieprogram soos Flits betrokke te wees en weekliks met uiteenlopende gaste en programinset-sels te werk. Die inhoud is vars en die regstreekse uitsending maak dit opwindend.

“Ek en Bouwer Bosch vul mekaar goed aan en dit gee ’n heerlike energie aan die uitsending.”

Ons hoor haar stem in baie radio- of TV-advertensies.

“Ek is die stemkunstenaar vir Jacaranda FM – dis my stem wat jy op al die handelsmerkinsetsels tussen liedjies hoor. Ek is baie trots daarop. Dis van die beste werk wat ek tot nou toe gedoen het.”

Sy is ’n gewilde seremoniemeester en was in 2014 aanbieder van die Pendorings. Vanjaar maak sy weer so.

“Ek is ook die seremoniemeester van die MTN Kagiso Media met Jacaranda FM en East Coast Radio Women se ICT-toekennings. Dit is vir my ’n groot eer, want hierdie toekennings vereer die werk van vroue op die gebied van inligtingskommunikasie en –tegnologie.”

IdeaCandy, die maatskappy wat sy saam met Wim Steyn bedryf, was die vervaardigers van Dagbreek en is steeds die vervaardigers van die kykNET Aktueel-programme wat Flits insluit.

“Ons werk al van 2012 af saam – ek as aanbieder en hy as vervaardiger. Ek het verlede jaar besluit dat ek my vaardighede aan die vervaardigingskant van televisie wil uitbrei en toe met Wim gaan gesels. Hy is een van die beste vervaardigers in die land en daar is mos nou niemand beter by wie ek kan
leer nie.”

Hulle maak onder meer advertensies en korporatiewe video’s en werk daaraan om TV-reekse ook te begin vervaardig. “Dis baie opwindend om iets van papier af, of ’n idee in iemand se kop te vat en lewe daaraan te gee.”

Sy is wel besig om meer van die vervaardiging- en produksie-proses te leer maar aanbiedingswerk lê haar die naaste aan die hart.

“Ek is al meer as agt jaar voor die kamera en ek is gemaklik daar. Dis op die oomblik vir my die heel lekkerste.”

Sy en Chris woon in Weltevredenpark, maar trek eersdaags in hul droomhuis in, vertel sy. Hulle het mekaar in 2008 deur gemeenskaplike vriende ontmoet. Hy is die hoof van die Cape Gate Miagi Centre for Music in Soweto. “Hulle doen wonderlike werk daar. Hy speel ook Franse horing in die Johannesburgse Filhar-moniese orkes.”

Die egpaar neem graag saam deel aan wedlope soos die Warrior Race. “Hy is die beste spanmaat. Wanneer ek voel ek kan nie verder nie, of dat ek iets nie kan doen nie, moedig hy my aan om nie op te gee nie. Hy is ’n ongelooflike lewensmaat.”

Die gesin bring graag hul tyd by die huis deur. Hulle lees boekies saam met James, bou legkaarte, gaan stap by die Botaniese tuin of gaan speel in die parkie naby hul huis.

James is nou twee en ’n half en dis vir haar lekker om sy persoonlikheid te sien ontwikkel. “Hy weet presies waarvan hy hou en waarvan nie. Hy het ’n sin vir humor en laat ons elke dag so lekker lag. Hy praat baie! Ek het geen idee by wie hy dit geërf het nie!”

Sedert James gebore is, voel sy of sy enigiets kan doen. Sy wil ’n sukses van alles maak sodat hy trots op sy mamma kan wees.

“Alles wat ons doen gaan daaroor om vir hom ’n goeie lewe te kan gee en ’n goeie voorbeeld te wees van wat hy ook in sy lewe kan bereik. Ek het nog nooit in my lewe die soort liefde vir iemand gevoel soos wat ek vir die klein mensie voel nie.”

Daar was moeilike tye ook, soos toe borskanker in Mei 2011 by haar ma gediagnoseer is.

“Sy het my ’n paar weke vroeër gesê sy het ’n knop in haar bors gekry. Ek was glad nie bekommerd nie, want sy was altyd fiks en gesond. Sy was deur al die jare vir my ’n soort superheld. Daar was geen manier dat sy sou kanker kry nie.”

Sy was geskok toe sy die nuus kry: “Dit was heeltemal onwerklik en veral moeilik omdat my ma in Engeland woon. Sy is ’n verpleegster en gelukkig was daar soveel goeie dokters wat kon help. Sy het in November 2011 ’n mastektomie ondergaan en het haar laaste bestralingsbehandeling in Januarie 2013, ’n paar dae ná ons troue, gehad. Sy het my die kerk ingebring en dit was een van die trotsste oomblikke van my lewe.”

Haar ma het groot opofferings gemaak sodat sy ’n beter lewe kon hê. “Sy het altyd in my geglo en ek is elke dag dankbaar dat sy my ma is.”

Sy verlang verskriklik na haar en hulle gesels elke oggend op FaceTime wanneer sy op pad na die Jacaranda FM-ateljee in die verkeer sit.

Rozanne wil baie graag nog ’n kind hê. Hopelik in die volgende paar jaar. “Ek is die enigste kind en dis vir my belangrik dat James ’n verhouding met ’n broer of ’n suster het. Dit was nooit vir my ’n gemis nie, maar noudat ek my eie kind het, wil ek graag hê dat hy nie alleen grootword nie.

“Ek wil ook ’n sukses van ons onderneming maak. “As my loopbaan kan aanhou ontwikkel en my familie en gesin gesond en gelukkig is, het ek alles wat ek wil hê.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.