kategorieë: Ons menseBekendes

rooi rose gesels met die sprankelende TV-aanbieder Anzél Rabie

rooi rose gesels met die sprankelende TV-aanbieder Anzél Rabie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

rooi rose gesels met Anzél oor haar eiesoortige pad na TV-aanbieder, hoe sy en haar man, Stephanus, saam werk en wat nog vir haar voorlê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Jy reis in die pragtige Boland vir werk. Hoe het die reeks ontstaan?

Aan die begin van die grendeltyd het ek nog as CA(SA) gewerk (van die huis af natuurlik!). Stephanus Rabie, my man en ervare regisseur en vervaardiger, het toe ’n oproep gekry van kykNET. Hulle het laat weet dat daar ’n paar programme is wat hulle nie kon klaarmaak weens die Covid-beperkings nie. Ek en Stephanus het toe besluit om die geleentheid aan te gryp en te vervaardig. Ons was nog altyd lief vir kos en wyn en wou graag die stories van dié wonderlike mense agter die omgewing se toerismebedryf met die res van die land deel.

Wat is jou gunsteling deel van jou werk?

Ek het op Stellenbosch grootgeword en was nog altyd lief vir die berge, wingerde en die mense van die omgewing! Nadat ek onder meer in Johannesburg, Kaapstad, Toronto in Kanada en California in Amerika gebly het, is dit só lekker om terug in die Boland te wees en dit met die kykers te kan deel. Die toerisme, kos- en wynbedryf van Suid Afrika kompeteer met enige ander land s’n en dit is die grootste voorreg om dit vir ander te kan wys. Dit is die grootste kompliment vir ons dat mense ons program as geloofwaardig sien en na die plekke wat ons besoek stroom en geniet.

Jy het voorheen in die finansiële bedryf gewerk  – wat het jou van beroepsrigting laat verander?

Ek was nog altyd lief vir wiskunde en rekeningkunde. Om B.Rek te studeer en uiteindelik as geoktrooieerde rekenmeester geregistreer te word, was altyd die plan. Ek het in ’n huis grootgeword waar my ouers geskei het, en dit was vir my belangrik om myself as vrou toe te rus met kwalifikasies sodat ek eendag tot die huishouding kon bydra en vir my kinders ’n goeie lewe kon gee. Ek was ’n topvyffinalis in 2014 in die Mej SA-kompetisie. Dit was die jaar toe Rolene Strauss gewen het. Ons het in daardie jaar ’n TV-program gemaak en dis waar die vlammetjie ontstaan het.  Toe die geleentheid dus in 2019 vir ons eie TV-program ontstaan, het ek nie twee keer daaroor gedink nie. Die Here ken ‘n mens se hart, en Hy laat dinge gebeur wanneer dit móét gebeur. Hoewel dit as ’n drastiese skuif gesien word, het ek die rustigheid in my hart dat dit is wat ek moes doen.

Om as CA(SA) te kwalifiseer, beteken nie jy gaan vir ewig maatskappye se finansiële state oudit nie, maar jy rus jouself toe om as entrepreneur, konsultant en strateeg op te tree. Buiten voor die kameras wees, is ek steeds vir ons program en maatskappy se boeke verantwoordelik, en help jong aspirante-entrepreneurs om hul ondernemings van die grond af te kry. Ek is self besig om my eie onderneming te begin en opgewonde om dit binnekort met almal te deel!

Lees ook: rooi rose gesels met Melissa Myburgh van Dinge van ’n kind

Jy werk saam met jou man, Stephanus Rabie, op Anzél in die Boland –  werk julle goed saam?

Ek en Stephanus maak ’n baie goeie span – dit is ’n voorreg om saam aan ’n projek wat ons albei s’n is te kan werk. Ek dink ons vul mekaar goed aan, want Stephanus is ’n kreatiewe siel en nie so mal oor admin nie, waar ek dol is oor lysies en vorms invul. Stephanus is wel ’n baie ervare regisseur en vervaardiger en dus was die aanpassing vir hom groter. Dit was vir my ’n nuwe wêreld en dus het ek nie regtig geweet wat om te verwag nie. Ek dink dit is belangrik om professioneel te bly wanneer ’n mens werk en emosies uit dinge te hou, en dan na die kameras ophou rol kan ’n mens weer lekker sit en oor dieper dinge gesels.

Hoe en waar het jy en Stephanus mekaar ontmoet?

My en Stephanus se ouers was vriende toe ons klein was – hulle het gereeld gaan visvang, bootgery, gaan piekniek hou op die strand, ensovoorts. Al ons kinders het lekker saam gespeel en Stephanus het altyd seker gemaak dat ek in die groepie ingesluit is (ongeag die ouderdomsverskil van agt jaar.) My ouers het geskei toe ek baie jonk was en ek het toe saam met my ma na Stellenbosch verhuis. Ek en Stephanus het mekaar nie weer gesien tot 18 jaar later by gemeenskaplike vriende se troue nie. Ons het dadelik mekaar se oog gevang, die res van die aand gesels en gedans en nie lank daarna nie amptelik begin uitgaan – as ’n mens weet dan weet jy.

Enige wenke vir ander vroue wat ook elke dag saam met hul mans werk?

Respek. Dit word nie net in die huwelik vereis nie, maar soveel te meer in die werksplek ook. Dit is baie belangrik om te weet wat julle elkeen se rol is en dit te respekteer. Wanneer rolverdeling grys is, kan dit konflik veroorsaak. Wanneer ons op stel is dan noem ek hom nie ‘liefie, my skat’ nie, maar ons verwys na mekaar as ‘Stephanus’ en ‘Anzél’. Dit is ook nodig dat ons span professionaliteit van ons moet ervaar. Die belangrikste wenk wat ek wel kan deel, is dat “words of affirmation” veral belangrik is. Wanneer dinge vlot verloop en jou man ’n goeie dag van werk agter die rug het, sê dit vir hom. Sê vir hom hoe jy dit waardeer dat hy so hard werk en hoe spesiaal dit vir jou is dat julle julself op ’n gesamentlike doelwit toespits.

Wat is volgende vir jou?

Anzél in die Boland is nog net die begin! Daar is soveel plekke om te ontdek en te verken en dit nog buite die grense van die Boland. Wanneer die TV-kameras nie rol nie, is ons besig om ’n onderneming van die grond af te kry, wat dit makliker vir mense gaan maak om hierdie plekke makliker te bekom en sulke spesiale ervarings te beleef. Ek is baie opgewonde om meer daarvan in die toekoms met julle te deel.

Moenie Anzél in die Boland Donderdagaande om 21:00 op kykNET misloop nie. In die res van die derde seisoen kuier Anzél by die eerste wynplaas in die Hemel en Aarde-vallei, Hamilton Russel. Sy neem die kykers ook na Klein Constantia waar sy leer oor die storie agter Vin de Constance,  Napoleon se gunstelingsoetwyn waaroor Jane Austin ook geskryf het!

Hooffoto: Mart-Mari Photography

Lees ook: Nuwe baadjie vir dié Kaapse sielskoskafee

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.