kategorieë: Ons menseBekendes

Nuwe AARTO-wet: jy kan jou rybewys verloor

Rudie Heyneke in die rooi stoel deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: Verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die onlangse wysiging aan die AARTO-wet, wat bedoel is om padveiligheid te bevorder, loop die gevaar om in ’n onsamehangende, duur administratiewe proses te ontaard wat jou uiteindelik selfs jou rybewys kan kos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gelukkig vir ons het die Organisasie teen Belastingmisbruik (OUTA) die wet reeds in hul visier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rudie Heyneke in die rooi stoel

Rudie Heyneke, die portefeuljebestuurder vir vervoer by OUTA, verduidelik hoekom OUTA bereid is om die wysiging in die hoogste hof te gaan beveg indien nodig.

Waaroor gaan die wysiging aan die AARTO-wet?

Die doel van die AARTO-wet van 1998 is om ’n administratiewe stelsel te skep om padverkeersoortredings te bestuur en te bereg. Die wet word nog net in Johannesburg en Pretoria toegepas, terwyl die res van die land se verkeersoortredings steeds deur die Padverkeerswet en die Strafproseswet gereguleer word. Die nuwe wysiging aan die wet is die vierde een tot dusver. Die oogmerk is om padveiligheid te bevorder en verkeersoortredings deur ’n strafpuntstelsel te bereg.

Hoe verskil dit van bestaande wetgewing wat verkeersoortredings reguleer?

Die grootste verskille is dat verkeersoortreders met die implementering van die nuwe wysigingswet nie meer in howe sal verskyn vir die oortreding nie. Die oortreder sal deur ’n administratiewe proses moet gaan indien hy vertoë wil rig. Die proses gaan ook gepaard met ’n bedrag wat die oortreder moet betaal vir elke stap wat gevolg word. Die tweede groot verandering is natuurlik die strafpuntestelsel wat tot die opskorting of kansellasie van ’n motoris se bestuurderslisensie kan lei. Derdens maak die wysigingswet voorsiening dat oortredingskennisgewings nou met gewone pos en elektroniese posversending na ’n oortreder gestuur kan word, pleks van geregistreerde pos soos voorheen.

Hoekom is OUTA daarteen gekant?

OUTA voel dat die wysigings meer daarop gemik is om inkomste te genereer as om padveiligheid te bevorder. Vir elke stap wat gevolg word, moet ’n administratiewe bedrag betaal word tesame met die boete wat die motoris opgelê is.

Kan ’n mens nie vertoë teen jou boete rig nie?

Ja, maar jy sal eers ’n administrasiebedrag moet betaal aan die RTIA (Road Traffic Infringement Authority) wat dit sal evalueer. As dit onsuksesvol is, moet jy die boete en alle uitstaande bedrae betaal voordat jy ’n motorlisensie kan uitneem, of jou bestuurderslisensie kan hernu.

Word strafpunte steeds gehef as jy betaal?

Ja. Dit word in ’n nasionale register opgeteken, en as jy vir drie maande nie weer ’n verkeersoortreding begaan nie, word een strafpunt teen jou naam afgetrek.

Kan jy jou boetes steeds in die hof gaan betwis?

Nee. Geen motoris sal meer die reg hê om hom in ’n onafhanklike hof te gaan verdedig nie. Dus, as jy ’n verkeersoortreding begaan het, is jy outomaties skuldig totdat jy jou onskuld bewys het. Dit is in teenstelling met elke burger se Grondwetlike reg dat jy onskuldig geag word, totdat jy deur ’n hof skuldig bevind word.

Hoe gaan OUTA dit beveg?

OUTA is reeds vanaf 2016 betrokke by die AARTO-wysigingswet en het voorleggings gedoen oor die gebreke en moontlike oplos-sings aan die Parlement, die Raad van Provinsies, belangrike rolspelers in die vervoerbedryf en op openbare vergaderings landswyd.

Ons eie werkswinkel daaroor is onder andere deur die hoof van die Tshwane Metropolisie en die Johannesburg Metropolisie bygewoon. Ons het ook aan president Cyril Ramaphosa geskryf en gevra vir ’n vergadering voordat hy die wysigingswet afteken. Ons hoop om die president en sy raadgewers te oortuig om nie die wysigingswet in sy huidige vorm te bekragtig nie. Maar as ons hom nie oortuig nie, sal OUTA beslis die voorgestelde wetgewing met die nodige hofaksies teenstaan.

Hoe kan die publiek help?

Ondersteun OUTA en help ons om die voorgestelde wysigings te beveg.

’n Onsamehangende administratiewe proses wat gepaardgaan met hoë koste en uitgawes en nie padveiligheid bevorder nie, kan nie net so daar gelaat word nie.

Klik hier vir meer inligting oor OUTA

Wie is Rudie Heyneke

Rudie, pa van ’n tiener-tweeling en getroud met sy hoërskoolliefde, is ’n voormalige prokureur, regsadviseur en regsondersoeker. “Die afgelope drie jaar as aktivis by OUTA is die beste drie jaar van my loopbaan!”

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.