SA-modeweek Winter 2017 is vanjaar deur Woolworths geborg en by die The Park, House of Events on 7 in Hyde Park gehou. Daar was skemerkelkie-roomysies en Aero Bubble om tussen vertonings aan te knibbel. Hier is ons gunstelingmodes van die week:
Die rooi tweeling van Keys Fashion

Die sterrestelsel-materiaal van Coleen Eitzen

Sagte moue van Non European

Die voering van Africa Style Story

Die patroon wat lap op jou vel maak van Atelier Dajee

Die moderne leerbaadjie van Erre

Ongewone some van Heart & Heritage

Die perfekte mengsel van patroon & kleur van Yada Exclusive Designs

Die hoed van Sungoddess

Die voëltjies van Somerset Jane

Die borslap van Sober

Teenoorgestelde sakke van Siyathokoza

Die apies van Sheila madge Designs

Die 80’s-voorkoms van Mieke

Wit afwerking van Manthso by Palesa

Die pers-en-rooi baadjie van Judith Atelier

Die ‘flapper’ rokkie van JJ Schoeman

Die swart-en-wit patrone van Greeg Kyle

Die aandrok van Gert Johan Coetzee

Die asimmetriese jas van Etsa

Die nuwe manier om jou serp te dra van Kottin & Twille

Die nagemaakte pels van Clive Rundle

Vir meer besonderhede oor die modes besoek safashionweek.co.za en hou hulle dop vir die volgende reeks vertonings in 2017.
