kategorieë: Leef gesondGesondheid

Seer voete: Het jou voetkussinkies te min vet?

Seer voete: Het jou voetkussinkies te min vet? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/spukkato

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons voete is so gemaak dat hulle ons laat voel asof ons op wolkies loop. Hierdie “wolkies” onder ons voete is eintlik niks anders as vetkussinkies nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy ’n kind is, is hulle op hul dikste, en elke tree voel asof jy op ’n malvalekker trap. Namate jy ouer word, slyt jou voetvetkussinkies … en dan word staan en stap ’n harder werklikheid. Letterlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar sit die vetkussinkies onder jou voete?

Soos die naam aandui, is hulle die vet onder jou voete – die een plek aan jou waar vetjies welkom is. Hulle is strategies geplaas om reg onder jou hakbene en die bal van jou voet op hul dikste te wees, waar hulle die impak van jou been op die oppervlak daaronder absorbeer.

Podiater Philip Carstens verduidelik dat jou voetkussinkies kan wegslyt. “Mense bo veertig se voetkussinkies is weens te veel voetdruk omtrent die helfte dunner as jong mense s’n.”

Wat is die simptome wat aandui dat dun voetkussinkies die skuld is vir jou seer voete?

Jy kan om baie ander redes voetpyn hê, soos beentjies wat ineengroei, ’n voetbrug wat sak, of fasitis. Die tekens van voetpyn weens dun voetvetkussings is egter tipies, sê fisioterapeut Anzél Brink. “Dit voel asof jou voete gekneus is, asof daar bloukolle onder elke voet is. Dit is veral seer ná jy ’n paar uur op jou voete was, soos as jy inkopies gedoen het. Jou voetsole kan ook teer voel na sport. Soos die kussinkies dunner raak, kan jy ’n al korter tydjie op jou voete bly voor jy voetpyn begin ervaar – eintlik ’n tamheid of teerheid in die voetsole.”

Bernie Fouché sê dit voel vir haar asof sy op ’n mes staan. “Ek kan glad nie kaalvoet loop nie. Enige harde oppervlak soos houtvloere en teëls vang my. As ek buite op die geringste klippie trap, klief die pyn in my gebeente in. Ek hou van toer maar verlede keer was ek behoorlik voetseer ná ek net ’n uur of twee gestap het. Stort word ook vir my erg. Ná ’n paar minute is die vloer te hard vir my.”

Hoekom slyt jou voetkussinkies weg?

“Voortdurende druk op jou voete laat die vet in die voetkussinkies geleidelik atrofeer, en nuwe vet word nie neergelê nie. Ons sien dit veral by mense wat baie op hul voete is, soos balletdansers en atlete wat gereeld lang afstande draf. Hoe langer jy swaar druk op jou voete sit, hoe groter is die kans dat jou kussinkies uitslyt, sê Philip.

“Jy kan ook meer hiermee sukkel as jy oorgewig is (veral met ’n BMI bo 30), diabetes het, in jou werk moet staan, meestal kaalvoet op harde oppervlakke loop, harde skoene dra en hoëhakskoene dra wat die gewig grootliks op die bal van die voete plaas.

“Mense met spesifieke voettipes kan ook meer sukkel, soos dié met maer voete sonder veel kussing, ’n hoë voetbrug wat die druk opdie voetbal of hak verhoog, platvoete of stywe, kort ligamente.”

Lees ook: Kruie vir jou voete

Raad as jou voete seer is weens te dun voetkussings

1 Kry professionele hulp

Maak twee afsprake: een by die podiater vir skoeninsetsels en een by die fisioterapeut om moontlike inflammasie op te los en vir advies oor jou loop- en staanpatrone.

2 Loop meer kaalvoet

Jou ma was reg oor kaalvoet loop. Loop van jongs af soveel kaalvoet as wat jy kan – en laat jou kinders kaalvoet loop.

Maar wáár jy kaalvoet loop is belangrik. As jy kaalvoet  loop moet dit op sagter oppervlakke wees, soos gras en sagte matte.

3 Kyk waar jy kaalvoet loop

Kaalvoet op gelamineerde hout en teëls is glad nie so goed vir jou voete as jy bo dertig is nie. As jy eelte ontwikkel, loop jy op té harde oppervlakke of skoensole.

Dra altyd skoene met sagte sole as jy op harde oppervlaktes staan of loop. As jou voete seer raak, is dit beter om altyd sagte, gemaklike skoene te dra wat jou voete baie vryheid toelaat. Jy het nie veel keuse buitenshuis nie maar dra tuis altyd sagte skoene soos crocs, plakkies of pantoffels.

4 Sit (soms) ’n bietjie!

Lang ure op jou voete plaas die soort druk op jou voete wat voetkussings laat agteruit gaan. As jou werk behels dat jy baie staan moet jy van dertig af sorg dat jy so baie as moontlik wissel van staan na sit. Dit help al klaar as jy elke halfuur of selfs elke uur net vir vyf minute die druk van jou voetkussinkies afhaal.

Wanneer jy sit, doen die voetoefeninge hieronder.

5 Fiksheid is goed vir jou voete

Enige sportsoort of gimoefening versterk jou voetspiere, wat sorg dat jou voetstrukture in posisie bly – die beste manier om voetfunksie te behou.

Aan die ander kant moet jy onthou dat te veel oefening, oefening in skoene wat nie die impak kan hanteer nie en oefening op harde oppervlaktes soos gimvloere, tennis- en muurbalbane en op binnenshuise netbal- en krieketbane, juis skade aanrig aan jou voete.

Swem, pilates, NIA, fietsry – enige lae-impakoefening – is reg.

Belê in goeie skoene.
iStock/NickyLloyd

6 Goeie oefening vir jou voete

Strek is só maklik en só doeltreffend om voetpyn weens dun voetkussings te help beperk.

  • Sit jou voete plat op die vloer en lig jou voetbal van die vloer af op sonder om jou tone te lig. (Regtig! Dit tel!)
  • Strek jou voete. Sit ’n dik boek op die vloer neer. Sit die bal van jou voet bo-op, met jou hak op die vloer. Buig jou knie en strek so jou kuitligamente. Jy kan dit ook sittend doen – plaas die bal van jou voete op ’n dik boek en laat sak jou hakke tot op die vloer.

7 As jy skoene soek koop, koop agter die sole aan

Los die skoenydelheid. Skoene met harde sole en hoëhakskoene is nie jou geld werd nie, maak nie saak hoe duur of hoe groot hul naam is, of hoe mooi of selfs hoe goedkoop hulle is nie.

(As hulle onweerstaanbaar mooi is: As jy hulle met ’n binnesool kan dra, kan dit werk. Of kan jy hulle dra net wanneer jy regtig indruk wil maak, of as jy weet jy gaan meestal sit en minder as ’n uur werklik op jou voete wees?)

8 As jy skoene koop, kyk heel eerste na die skoen se sool

Vir jou is die skoensool die belangrikste deel van die skoen – dit is belangriker as leer, styl of prys.

Is dit sag? Kan dit meegee? Is dit gekussing onder jou voetbal en onder jou hak? Eers daarna kyk jy na styl en die prysetiket.

Lees ook: Hoe jy jou voete mooi en gesond kan hou

9 Koop goeie binnesole vir jou skoene

Dit werk veral goed in winterskoene en stewels. Die sportwinkels hou binnesole aan wat vir sport ontwikkel is en dus uitstekend vir skokabsorbering is. Dié soort sole is tipies dikker onder die voetbal en hak, en vul die voetholte op. Belê liewer in hierdie soort sole as die dun soolinsetsels wat oraloor ewe dik bly.

Vier nuttige wenke oor binnesole:

  • Binnesole verander hoe skoene pas. Neem altyd jou binnesole saam as jy gaan skoene soek. Anders kan jy sit met ’n skoen wat ná die binnesole ingesit is nie pas nie.
  • Koop drie tot vier pare binnesole, sodat jy nie dieselfde twee binnesole dag na dag dra nie.
  • Koop ook pare van verskillende handelsmerke, sodat jy die paar kan uitsoek wat die beste in elk van jou skoene inpas.
  • Knip jou binnesole reg. Soms is jou binnesole plek-plek te groot en pas geeneen in jou skoene in nie. Maak dan só: Plaas die twee binnesole op ’n tafel. (Die kant wat aan jou voet raak moet boontoe wys.) Plaas op elkeen die skoen waarin jy dit wil sit. Gebruik ’n pen of koki en trek die skoen se buitevorm op die binnesool af. Jy weet nou waar die binnesole effens te wyd is. Knip hulle hier smaller, soos jou kokilyne wys. (Dit kan nodig wees om so 2mm binne die lyn te knip. Jy wil nie sit met ’n binnesool wat te smal is nie! Knip eerder bietjie vir bietjie smaller.)

10 Koop altyd die beste skokabsorberende sportskoene wat jy kan bekostig

Sportskoene móét impak kan absorbeer. Sien hierdie as ’n belegging.

11 Bederf jou voete gereeldmet ’n voetspa as voetpyn pla

Hierdie tuis-voetspa is heerlik vir moeë, seer voete

  • Meng 1/4 k koeksoda en 1t Engelse sout in 2 liter louwarm water. Sit jou voete daarin en drup nou ’n 1/4 k suurlemoensap by. Dit sal borrel!
  • Laat jou voete vir tien minute in die water rus.
  • Doen jou voetoefeninge.
  • Rus hulle weer.
  • Droog jou voete af en masseer room, waterige room of ’n velolie oraloor in.
  • Wikkel jou voete toe in rekplastiek of ’n dun plastieksakkie vir dertig minute.

Lees ook: Die beste raad vir voetswamme

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.