kategorieë: Blogs

Seile in die wind

Met die winde saam het hulle gekom – met die brullende ysige noordpool-Bora en die driftige vuurwarm Saharawoestyn-Sirocco. Uit die noorde en die suide het hulle oor die see gevaar. Manne met harde soutdeurdrenkte baarde en bruingebrande seewater gerimpelde hande – rateltaai van seile span.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier waar ons nou op die kobbelstene in die nou stegies van die kusdorpe Šibenik, Trogir en Dubrovnik van Kroasië geloop het, het ook hulle seemansvoete eens spore getrap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

‘n Paar eeue gelede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Toe dit nog woes was en die land getem moes word. Toe egter was daar reeds ook al die seelui wat net gemaai het waar hulle nie gesaai het nie – seerowers wat neste aan die kus en op die eilande had vanwaar hulle met vinnige klein bote op stadiger groter skepe met waardevolle speserye en porseleinvragte uit die Verre Ooste na Venesië toegeslaan het. Ook in hulle spore, wat nog nie geheel uitgewis is nie, het ons gestap. Nog leef hulle verstommende seerowerverhale en die van begraafde skatte voort in ou seemanskroegies rondom die hawens.

Baie ou seevaarder-spore lei vandag na museums soos die Museum van Antieke Glas in Zadar. Hier is eeue-oue klei wynkaraffe, glaskaraffe en keramiek uit verre lande en tye sover terug as die eerste en tweede eeu Voor Christus te sien. Dis of opgegrawe of uit die diepte van die see uit skeepswrakke geberg. As elkeen van die kosbare stukke maar net kon praat en hulle seereise stories vertel! Ons kon maar net fantaseer hoe hulle beland het waar hulle ontdek is – en was verras dat die kuns van die meesterglasblasers van soveel eeue gelede so wonderbaarlik behoue gebly het.

Al het die mensdom oor geslagte vernuwe, die Bora en die Sirocco is oor duisende jare nog steeds dieselfde winde wat die seisoene aanmekaar waai en die skepe met bollende seile oor die oseane voortdryf. By Dubrovnik het ons vir die wind gefluit en die Bora van die 16e eeu hoor wapper in die seile van ‘n replika van daardie tyd se vinnige seegaljoene. In die kraak van die houtromp oor die golwe het ons die angs en die vreugde van matrose van toeka gehoor in stormweer en ‘n uiteindelike land in sig. Dit was net verstommend om te merk hoe toeriste aan boord bly hunker het na die romantiek van die ou dinge asof daar nog ‘n sielsbekoring uit gestraal het wat aan vandag se nuwerwetse dinge mag ontbreek.
Die son en die see kom by Zadar se hawe-ingang bymekaar langs die dokke waar toeristeskepe vasmeer. Hier het ons twee verbasende skeppinge aanskou – Groet aan die Son en ‘n See-orrel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Groet aan die Son is ‘n unieke skepping van die argitek Nikola Bašic wat bestaan uit 300 sonpanele wat in ‘n 22 meter deursnee sirkel sonlig in elektrisiteit omskakel. Byna eindelose pret word aan besoekers verskaf wat, wanneer hulle oor die sirkel loop, ‘n fantastiese snelveranderende reënboogkleurespel onder hulle voete laat rondspring. Daar is ook ‘n aantal kleiner sirkels wat die sonnestelsel voorstel wat ewe-eens aan die pret meedoen.

Nog ‘n betowerende skepping van Nikola Bašic laat die verwondering opvlam by die aanhoor van wonderlike klanke wat hy met ‘n see-orrel uit die golwe en wind optower. Oor ‘n lengte van 70 meter is 35 buise van verskillende grootte teen wisellende skuinstes in ‘n betonblad oor die see ingebou. Die buise is met fluite toegerus wat sewe akkoorde van vyf tone speel. Die beweging van die golwe onder die betondek stoot wind deur die fluite wat ‘n sonderlinge orrelspel meebring.
Sonder ‘n eiland is geen seeverhaal voltooi nie. Die treffende hoë toring van seekaptein Petar Marinic op die eiland Silba is spesiaal deur hom opgerig sodat sy geliefde sy skip op verre handelsreise reeds baie ver oor die see kon sien aankom. Dit sou gewerk het as hy eerder teruggekom het om te verhoed dat sy met iemand anders getrou het en hulle pragtige dogtertjie dadelik die oog van die kaptein gesteel het. Kon hy nie met die moeder trou nie, met die dogter wel. Twintig jaar het hy gewag en kon sy in die toring sy skip sien aankom terwyl die wind ‘n welkomsgroet oorwaai.

So was dit eens in ‘n tyd wat nou nie meer is nie.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.