kategorieë: Sukses en geld

Omseil die kuberskurke!

“Dit stel jou bloot aan kuberbekruiping. Vroeër of later sál jy gevang word. Vir seker. Dit is net ’n kwessie van tyd en met hoeveel.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nie net geld word gesteel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Een van ons algemeenste klagtes is dat ’n kubermisdadiger iemand se selfoon- of klererekening gekaap het en R10 000 daarop bestee het.
“Op facebook sien ons profieldiefstal. Onlangs het een van ons studente, ná oproepe van haar vriende, agtergekom iemand het op haar profiel geskryf dat sy met haar vakansie in die Filippyne van alles beroof is, en nou vra of hulle sal uithelp met ietsie in ’n Filippynse bankrekening. Toe sy dit agterkom, was haar goedhartige vriende klaar hul geldjies kwyt.
“Ons is blootgestel omdat niemand en niks internetsekuriteit kan waarborg nie – nie eens die gesofistikeerdste teenvirusprogramme nie. Een van my M-studente moes verlede jaar as deel van sy skripsie kyk of hy ’n virus kan skep wat antivirusprogramme kan omseil. Ons het dit op die voorste 45 getoets en hy kon deur elke enkele een glip. Nou het ons slimfone en hul apps ook – nog ’n steelplek.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die manier waarop ons deesdae betaal, is so lekker. Jy vee jou kaart hier, sleutel jou pin daar in, rits jou kaartnommer af, meld aan met jou e-posadres of slimfoon, doen banksake by hotspots in die winkelsentrum, betaal met jou sel en twiet alles op die koop toe. Niks van jou vakansietyd word vermors deur in rye voor OTM’s of in die bank te staan nie. (Onthou jy nog?)Maar net in Julie 2012 is R997 000 000 deur internet-bedrog gesteel. Byna een miljard. In net één maand. En net in Suid-Afrika. En ook van ingeligte, op-en-wakker mense soos óns. Die fout lê bitter selde by die bank. Dit is óns wat goedvertrouend nie die bedrog sien aankom nie.

JY KAN JOU BANKVEILIGHEID OPSKERP

  • Ruil jou ou kaart vir ’n nuwe slimkaart in (chip card).
  • Aktiveer die selfoondiens op jou bankrekening sodat jy dadelik ingelig word van aktiwiteite op jou rekening. Dit werk net as jou foon aangeskakel en jy dadelik SMS’e lees.
  • Stel jou daaglikse perk so laag moontlik. Dit beperk die bedrag wat ’n bedrieër kan steel.
  • Banke gebruik ’n multivlak-stelsel om jou rekening te beveilig: jou bankrekeningnommer (wat die bedrieër maklik in die hande kan kry, of jy sélf aan hom oorhandig); jou pin wat die bank aan jou uitreik en as skakelaar gebruik; jou selfgekose pin wat net aan jou bekend is … tensy jy dit met iemand deel; en ’n eenmalige wagwoord wat die bank na jou selfoon of e-posadres stuur, of jy met ’n kodegenereerder skep wanneer jy aanteken. Die laaste twee is nét in jou hande. Solank jy hulle nie met ’n buiteparty deel nie, is jou rekening veilig.
  • Jou kaarte, nommers, wagwoorde en pins is niks anders as harde kontant nie. Pas hulle net so sorgvuldig op.
  • Skep ’n afsonderlike wagwoord, pin en gmail of hotmail-
  • e-posadres net vir jou banksake. Gebruik jou algemene adres, pins en wagwoorde vir al daardie ander webwerwe waar jy aanteken.
  • Verander jou pins en wagwoorde minstens elke jaar –
  • baie plekke sê elke maand.
  • Jy móét jou hand of iets oor die sleutelbord hou wanneer jy jou pin intik. As jy dit nié doen nie het die bank geen plig teenoor jou nie.
  • ? Wees ekstra versigtig met webwerwe op jou selfoon.
  • Die skerm is piepklein wat dit moeilik maak om op te tel
  • as jy op ’n nagebootste webwerf is.
  • En as jy per ongeluk vir ’n truuk geval het? Doen twee dinge: bel jou bank sodat hulle bedrog kan onderskep; en verander jou pin en wagwoord.

1 BEDROG OP SLIMFONE EN APPS

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Hoe dit werk Slimfone is niks anders as rekenaars met internettoegang en e-pos nie, en hul apps (programme) maak hulle dus nie veiliger of onveiliger as jou rekenaar nie. Elkeen van die volgende tegnieke kan op jou slimfoon bedryf word.
  • Beskerm jou geld Volg al die wenke vir die bekende soorte bedrog wat volg, en lees die kassie oor hoe om jou foon te beveilig.

2 KLONING (SKIMMING)

  • Hoe dit werk Die bedrieër lees die magnetiese strokie agterop jou kaart met ’n toestelletjie so groot soos jou vinger en plaas dit oor na ’n leë kaart. Albei is geredelik beskikbaar en nie te duur nie. En jou pin dan? Bly lees.
  • Beskerm jou geld Die bedrieër moet jou kaart in sy masjien kry – agteraf of voor jou.
  • Die ou truuk is om te sê iets is fout met die kassier se kaartmasjien en dat hy/sy jou kaart kantoor toe moet neem om die kaart daar deur te trek. Hulle hoop jy gaan goedgelowig bly staan, terwyl hulle die kaart gou kopieer. Stap sáám en dring daarop aan om die kaart self te dra.
  • Of hy sê die magnetiese strokie is vuil en lees nie. Die toestelletjie is vooraf in sy sakdoek versteek waarmee daar nou sorgsaam oor jou kaart se magneetstrook gevee word. Of dit is in sy hemp- of broeksak versteek, waar jou kaart dan gevee word. Verkla die persoon by die bestuurder. En bel dadelik jou bank en kanselleer jou kaart voor hulle kan toeslaan.

3 PHISVANG (PHISHING)

  • Hoe dit werk Almal werk op dieselfde beginsel: jy word met een of ander slinkse storie oortuig om jou pin en wagwoord te deel. Bedrog met ’n e-pos word “phishing” genoem. Daar is talle variasies, altyd met ’n oortuigende e-briefhoof, ’n storie waarom jy na die meegaande skakel moet gaan om jou bankbesonderhede daar “self” te verifieer, en dan natuurlik die skakel wat jou na ’n uitstekend nagebootste webwerf neem.
  • Die stories? SARS wil jou belastinggeld terugbetaal maar moet eers jou bankbesonderhede verifieer; daar is ’n foutiewe bedrag geld in jou rekening inbetaal en die bank moet dit regstel; jou werkgewer of mediese fonds of ander instelling by wie jy ’n rekening het, wil jou bankbesonderhede staaf om toekomstige betalings te vergemaklik; nuwe rekenaarprogramme is ingebring en nou moet elke klant hul detail verifieer; die databasis word opgedateer; jy het die Ierse Lotto gewen; hulle het hulp nodig om onnodige belasting te omseil en sal jou vir jou hulp betaal …
  • Beskerm jou geld Moenie reageer nie. Merk die stuurder se naam dadelik in jou e-posprogram as ’n Blocked Sender.


4 SMSHING

  • Hoe dit werk Pleks van ’n e-pos kry jy ’n SMS wat jou vra om dringend te bel, meestal na ’n outomatiese responsnommer wat soos die tipiese inbelsentrums klink, met vrae waarop jy dan jou bankbesonderhede, bankkaartnommers, ID, pins, naam, adres en so aan verskaf.
  • Die aas is tipies dat jy iets gewen het, of ’n koop moet bevestig of kanselleer, met die vangplek dat jy dit net kan doen as jy jou besonderhede verskaf. Tipiese voorbeelde is dat jy ingeteken het op ’n internetafspraakdiens en daar word nou daagliks R10 van jou selfoon- of bankrekening afgetrek tensy jy dadelik met jou bankbesonderhede unsubscribe.
  • Of die SMS sê jou bankrekening is opgeskort, tensy jy dadelik bevestig dat jy ’n rekeninghouer is deur jou besonderhede te gee.
  • Of jou kaart is naby sy vervaldatum.
  • Of die SMS lees: This is to confirm that you purchased (iets soos skoene of ’n vliegkaart-jie) online for R899. Please visit www.die-bedrieër-se-webwerf.com if you did not make this online purchase. Of jy het ’n geskenk-bewys van R1 000 gewen, wat jy met jou bankbesonderhede kan opeis.
  • Beskerm jou geld Moenie reageer nie. Blok die nommer op jou selfoon.

5 VISHING

  • Hoe dit werk Weer dieselfde konsep,

maar hier bel ’n werklike persoon en gee voor hy/sy is van jou bank, SARS, jou selfoondiensverskaffer of ’n plek waar jy onlangs iets gekoop het.
Die persoon skep vertroue met vrae wat jou oortuig hy is outentiek, soos “Is u die


“HOEKOM MOET EK NET PARTYKEER TEKEN?”

As jy jou pin moet intik én moet teken, is jy veilig. As jy net jou pin moet intik maar nie hoef te teken nie, is jy veilig. Maar as jy nié jou pin moet intik nie en nét ’n strokie moet teken, beteken dit die winkel gebruik nog ’n ou onveilige kaartmasjien sonder die nuwe pintegnologie.
NUWE ETIKET Dit is outyds om te verwag dat iemand in geselskap nié ’n nuwe SMS lees nie. Dit kán van sy bank wees.
BESTE WENK Sit jou bank se bedroglyn op jou selfoon. Dit is verbasend moeilik om die nommer op hul webwerwe raak te sien.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.