kategorieë: Bekendes

Selena Gomez ontwerp vurige tweestuk om litteken weg te steek

Selena Gomez ontwerp vurige tweestuk om litteken weg te steek deur Zoë Salzwedel. Hoffoto: Chelsea Lauren/Shutterstock/Greatstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In September 2017 het Selena Gomez in ’n persoonlike plasing op haar Instagram-profiel onthul dat sy “die groothartigste en opofferendste geskenk van lewe” by haar vriendin, Francia Raisa, ontvang het. Dié popmusiek-ikoon het aan haar aanhangers verduidelik waarom sy so lanklaas aktief was op Instagram en onthul dat sy ’n nieroorplanting gehad het weens komplikasies met Lupus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }
View this post on Instagram

I’m very aware some of my fans had noticed I was laying low for part of the summer and questioning why I wasn’t promoting my new music, which I was extremely proud of. So I found out I needed to get a kidney transplant due to my Lupus and was recovering. It was what I needed to do for my overall health. I honestly look forward to sharing with you, soon my journey through these past several months as I have always wanted to do with you. Until then I want to publicly thank my family and incredible team of doctors for everything they have done for me prior to and post-surgery. And finally, there aren’t words to describe how I can possibly thank my beautiful friend Francia Raisa. She gave me the ultimate gift and sacrifice by donating her kidney to me. I am incredibly blessed. I love you so much sis. Lupus continues to be very misunderstood but progress is being made. For more information regarding Lupus please go to the Lupus Research Alliance website: www.lupusresearch.org/ -by grace through faith

A post shared by Selena Gomez (@selenagomez) on

Lupus is ’n langtermyn-outo-immuunsiekte waarin die liggaam se immuunstelsel hiperaktief word en die normale, gesonde weefsel aanval. Behandeling kan help, maar Lupus kan nie genees word nie.

Selena het in 2015 onthul dat sy met Lupus gediagnoseer is nadat dié outo-immuunsiekte haar niere aangeval het. Selena se nieroorplanting het ’n groot litteken gelaat, en dít het gely tot Theresa se idee om ’n Selena x Krahs Swim-reeks te ontwerp.

Vir meer inligting oor Lupus besoek gerus die Lupus Research Alliance-webwerf op www.lupusresearch.org

Selena se vriendin, Theresa Mingus, vertel dat haar besigheid se handelsmerk, Krahs, die woord “shark” agteruit gespel is – die idee agter dié naam kom van haar vreemde fiksasie met haaie. Theresa wil hê dat mense na Krahs moet kyk as meer as “nét ’n handelsmerk”. Sy wil vir alle vroue die geleentheid skep om gemaklik te voel in hulle eie lyf en met vertroue hulle swemklere te dra. In ’n YouTube-video verduidelik Theresa aan Selena dat die klere wat sy ontwerp vir almal bedoel is, “Ek wil beslis ’n verskeidenheid verskillende stukke hê sodat almal dit kan dra.”

Theresa het vir Selena gevra om drie beperkte uitgawe swemstyle te ontwerp, genaamd Selena x Krahs Swim, wat ’n ‘Selena’ top, ’n ‘Selena’ hoë-onderlyf onderstuk en ’n ‘Selena’ eenstuk insluit – al drie in vurige bloedrooi

Selena het ’n tweestuk met ’n hoë-onderlyf ontwerp om haar litteken weg te steek:

“Ek het ’n nieroorplanting gehad en ek hou van tweestukke wat my litteken bedek en my gemaklik laat voel.” – Selena Gomez

Selena en Theresa ken mekaar reeds 5 jaar lank en het hul sterk band gesmee terwyl Theresa vir ’n kort rukkie as Selena se assistent gewerk het.

Voor die Krahs-bekendstelling het Selena haar vriendin vereer met ’n gelukwensende Instagram-post wat hulde bring aan hul persoonlike en professionele verhouding.

Theresa het ewe goeie woorde gehad en prys haar en Selena se saamwerk-ervaring met ’n reeks foto’s op @krahs waarin Selena al drie ontwerpe van die Selena x Krahs Swim-reeks uit hul versameling gemodelleer het.

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.