kategorieë: LeesOntspanning

Vlam: Hoofstuk 16: Skok

Vlam: Hoofstuk 16: Skok deur Martie Swanepoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Het jy al die vorige hoofstukke van Vlam gelees? Klik hier om op te vang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vlam: Hoofstuk 16: Skok

Vyfuur die oggend lui Niekie se sel. Dis Henk Zeeman.

“Daar het ’n militêre vliegtuig onderweg van Waterkloof na Bloemfontein ’n noodlanding gedoen naby Parys. Twaalf valskermsoldate was op pad na ’n watersprong-oefening. Piet het gebel. Ek kom jou oor ’n halfuur oplaai.”

Niekie kyk na die slapende Fransman langs haar. Haar trippie na Burkino Faso is in sy maai. Tensy …

“Ek bel gou vir Piet, daar is ’n ander groot storie. Miskien sal jy Marlene moet saamvat Parys toe.”

Henk is knorrig. Piet is ook knorrig.

“Nee, Niekie, hoor jy my? Nee! Dis te kort kennisgewing en jy ken die maatskappy se protokol met sulke stories.”

Die hardkoppigheid steek in Niekie se keel vas.

“Dis ’n groot storie, Pieta!”

Piet is woedend.

“En, gevaarlik. Daar is nie ’n manier wat ek toestemming gaan gee vir so ’n halsoorkop-besluit nie. Jy moet mooi dink of dit jou hormone is wat hier praat. Daai Fransman is moeilikheid. Hy is impulsief en waaghalsig.”

Niekie voel soos ’n briesie wat teen donderweer veg.

“Hy wen groot pryse. Hy kry groot stories.”

Dit voel of dit haar pa is wat antwoord.

“Ja, en hy is al ’n paar keer gewond, aangehou en gemartel. Nee, Vlam. Ek weet dit is nie wat jy wil hoor nie, maar nee. Ek gaan jou nie toelaat om saam jou Franse lover na so ’n gevaarlike situasie te gaan nie.”

Die foon klik dood. Niekie voel soos ’n opstandige tiener wat nie haar sin gekry het nie.

Marco is wakker.

“Dis hoekom ek nie vir ’n baas kan werk nie. Te veel reëls. In ons game kos sulke reëls mens ’n goeie storie. Wees bietjie waaghalsig en pak jou goed en kom saam met my. Ek wed jou Mediahuis sal jou nie fire as jy die scoop huis toe bring nie. Komaan, Vlam, live dangerously. Los bietjie daardie ding in jou wat so gretig is om normaal te wees. Ek ken jou, jy is soos ek. Ons waag. Kom nou, leef bietjie.”

Die versoeking lê voor haar op die bed. ’n Smeulende aantreklike Fransman wat net nie genoeg van avontuur kan kry nie. Haar brein werk oortyd. Dis ’n vinnige trippie vir ’n groot storie. Marlene kan saam met Henk gaan. Marlene verdien ’n lekker storie soos die noodlanding. En sy wat Niekie is, verdien om soms ’n bietjie waaghalsig te wees.

Sy stuur drie teksboodskappe, een aan Piet, een aan Henk en een aan haar pa. Dan skakel sy haar foon af. Sy weet sy gaan tot op haar rooi kroontjie in die bollie wees, maar dit is ’n lekker gevoel. Die opwinding vul haar hele wese. Dis net ’n kort trippie, en sy sal na die tyd dinge met Piet opmaak. As sy eers die scoop het, sal hy haar vergewe.

Marco se missies sluit selde kommersiële vlugte in, en dié keer stel sy modus opperandi nie teleur nie. Hulle vlieg vanaf ’n private vliegveld op ’n plaas in die Heilbron-distrik. Sy, Marco en twee manne wat die bloed in haar are laat stol. Sy herken Gys de Wet en Nico Blake dadelik. Gesoute huursoldate.

“Jy het nie gesê hulle gaan saam nie,” fluister sy in Marco se oor.

“O, ons gee hulle net ’n lift. Kom nou, Vlam, jy weet mos hoe dinge werk.”

Niekie weet die benoude gevoel op die krop van haar maag is reg. Sy het ’n groot hap afgebyt en sy weet nie of sy dit sal kan kou nie. Haar pa, Pieta en Henk. Hulle gaan woedend wees vir haar. Die vlug is stamperig en Niekie wonder wanneer laas die vliegtuig ’n behoorlike diens gehad het. Soos in haar rebelse tienerjare, weet sy, spyt kom te laat. Haar hele wese wens sy het liewer na haar konserwatiewe inbors se waarskuwings geluister.

Sy hou Marco en die twee huursoldate dop. Hulle gesels soos ou kenisse. Die Fransman het baie voelers uit in die veld, en nie almal loop die reguit paadjie nie.

Die klein vliegveld naby Silgadji is primitief. Twee gehawende weermagvoetuie wag hulle in. Die gebied is besaai met ekstremistiese groepe. Dit is waar ’n kerkgroep maande gelede afgemaai is. En dis waar Marco se informant skuil.

Hulle gashere praat nie veel nie. Daar is verskeie ou militêre voertuie en gehawende Jeeps rondom die verlate plaashuis. Niekie se goed word in ’n hoekie geboender. Sy is die enigste vrou, en ’n diep onrustigheid oorval haar. Sy is nie meer so seker dat Marco se kontak so betroubaar is nie.

“Wat gaan aan, Marco? Dinge voel nie reg hier nie. Wanneer sal ons die onderhoud met Modihi Salu kan doen? Dit is mos sy regte naam? Hierdie ouens lyk nie lekker nie. Is jy seker als is oukei?”

Marco lag en gee Niekie ’n drukkie.

“Ou bangbroek. Dis hoekom Mediahuis nie groot stories kan breek nie. Julle waag nooit.”

Niekie vererg haar.

“Marco, jy het my hier in ’n ding en ek het my loopbaan in gevaar gestel om saam te kom. Dinge voel net nie vir my reg nie. Hierdie mense is vyandig, hulle is nie kosher nie!”

Twee mans roep Marco nader. Aan die heftige arms wat beduie, kan sy aflei dit is nie ’n vriendelike gesprek nie. Sy kan sien Marco is kwaad. Hy loer skuldig in haar rigting.

Dit voel soos ’n ewigheid voordat hy weer langs haar kom sit. Hy steek ’n sigaret op. Niekie ken Marco. Hy is ontsenu, maar eie aan sy impulsiewe geaardheid bons hy terug.

“You win some, you lose some. Modihi Salu wil nie meer praat nie. Hy is bang. Hierdie ouens is almal bang. Sorry, ons gaan nie die storie kry nie.”

Niekie voel bewerig van woede, teleurstelling en ’n onderliggende vrees. Marco het haar diep in die moeilikheid gedrop.

De Wet en Blake roep Marco later die aand eenkant. Niekie vertrou nie die situasie nie. Hoekom sluit Marco haar uit? Sy wens sy het na Piet geluister.

Marco stap nader. Sy kan sien hy voel skuldig. Die blessidse Fransman. Sy kan aanvoel hy het nie goeie nuus nie. Saam hom is ’n baie scaly karakter.

“Dis Ira. Hy gaan jou more terugneem na die vliegveld. Hy sal sorg dat jy op ’n chartered vlug teruggaan na Suid-Afrika. Ek gaan nie saam nie. Ek gaan saam met die huursoldate op ’n missie. Jy sal nie kan saamgaan nie. Hulle wil jou nie saamvat nie. Dit kan ’n groot storie vir my wees. Sorry, maar jy sal alleen moet teruggaan.”

Niekie is geskok. Marco moes kies tussen haar en sy nuutste groot avontuur. En hy het die avontuur gekies.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.