Suid-Afrika is ‘n land propvol stories. Suid-Afrika is ook ‘n land met ‘n filmbedryf wat by die dag groei. Die jaarlikse Silwerskermfees, vanjaar in sy sesde jaar, gee weer vir aspirant-filmmakers en -draaiboekskrywers die kans om hul storie op film te vertel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die Silwerskermfees, wat later vanjaar weer deur kykNET in Kampsbaai aangebied word, beoog om die Suid-Afrikaanse filmbedryf, wat dokumentêre rolprente en kortfilms insluit, die platform te gee wat dit toekom. Die fees, Suid-Afrika se eie Cannes-filmfees in die kleine, het ‘n jaarlikse instelling geword. Dit is waar rolspelers in die bedryf soos regisseurs, vervaardigers, verspreiders, spelers en ander betrokkenes skouers skuur vir ‘n paar magiese dae waar rolprente gepraat, geëet en geleef word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Inskrywings vir vanjaar se kortfilms is nou oop. Die sluitingsdatum is 30 Maart 2016. Vyftien kortfilms word uit die aansoeke gekies om vervaardig te word en die begroting per kortfilm is R160 000. Die inskrywingsfooi is R200 per inskrywing.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Indien jy wil inskryf, gaan na www.kyknet.dstv.com en kliek op die Silwerskerm-logo vir meer inligting.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.