kategorieë: LeesOntspanning

Stervanger, episode 20

Trou

MAMOEKS maak Amo sesuur die Saterdagoggend wakker. Janus het vir hulle ‘n plek bespreek op ‘n river raft-avontuur. Die rivier is lekker vol na die reën wat die Vrystaat uiteindelik kom laaf het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jama mag ook saamgaan. Janus het dit spesiaal gereël en Jama kry ook ‘n spesiale lewensreddingsbaadjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die instrukteur verduidelik vir hulle presies wat hulle moet doen as daar stroomversnellings is. Hy gee ook instruksies vir noodgevalle. Mamoeks is bietjie bang. Sy is nie een vir avonture nie. Amo het al ‘n paar keer saam sy pa ge-river raft.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hulle roei lang ente tussen die stroomversnellings. Amo kyk uit vir likkewane. Hy sien drie vettes. Al langs die rivier groet vistermanne en kampeerders hulle.

Met die eerste versnelling val Mamoeks byna uit die boot. Sy klou vir lewe en dood aan Janus.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mamoeks en Janus is nie baie vatterig aan mekaar voor Amo nie. Hy is dankbaar daarvoor. Hy sukkel soms nog om aan die gedagte gewoond te raak dat Janus die langste van sy ma se boyfriends uithou en waarskynlik hier is om te bly. Hy hou van Janus, maar Janus sal nooit sy pa se plek kan inneem nie, het hy homself belowe.

Met die volgende versnellings gaan dit bietjie beter. Mamoeks bly binne die boot. Jama sit stil asof hy ‘n jarelange roeier is. Net nou en dan blaf hy vir honde langs die rivier. Hulle roei verby Skulprivier en verby die rietbos, wat weer groen lote tussen die brandsels uitstoot. Janus vertel trots vir almal in die boot van Jama se heldedaad met die brand.

Die grootste versnellings wag om die draai van die rivier verby hulle plaas, weet Amo. Hy kan nie daarvoor wag nie. Hy en sy pa het dit ‘n paar keer alleen aangedurf. Hulle het Mamoeks niks daarvan vertel nie. Sy weet van baie dinge nie, lag Amo in sy kop. Sy pa was ‘n dromer, ‘n stervanger, maar hy was ook ‘n adrenalien junkie.

Die versnellings gooi en skommel hulle heen en weer. ‘n Duitse toeris val uit die boot en gil asof hy gaan verdrink, maar die versnelling spoeg hom na ‘n ruk in kalm water uit. Amo kan sien die ou kry effens skaam oor sy gille as die groepleiers hom uit die water vis.

“As die Vaalrivier in vloed is, is dit ‘n baie gevaarlike rivier. Mens moet die rivier se mag respekteer,” waarsku die hoofleier van die groep.

Hulle help by die eindpunt die rubberbote op die wal uitsleep. Almal is sopnat, maar opgewonde oor die avontuur.

“Wanneer gaan ons weer?” kondig Mamoeks aan in die bakkie op pad huis toe. Amo en Janus lag vir haar en herinner haar hoe hard sy by die versnellings gegil het.

Laatmiddag steek Janus ‘n vleisbraaivuur aan. Amo en Jama swem en jaag ‘n bal op die gras.
Janus gooi vir hom en Mamoeks koue wit wyn in. Hulle sit en kyk hoe die son oor die rivier sak.

“Ons is so bevoorreg om hier langs die Vaalrivier te bly,” sê Mamoeks. “Ek wil nooit hier wegtrek nie.”

“Ek ook nie. Dis die beste plek in die wêreld,” beaam Amo. “Né, Jama?”

Hulle lag omdat dit lyk of Jama glimlag.

Later soek Amo se teleskoop ‘n paar satelliete. Hy lees op die internet wat in die hemelruim bo Skulprivier aangaan en soek na die interessanthede met sy teleskoop. Dis vir hom lekker as die hemelruim met die seisoene skuif en planete nuwe lêplek bokant hulle plaas kry.

Hy fokus op die Suiderkruis. Hy wonder of sy Pa en Jessie lekker gesels. Hy dink so. Sy pa sal van Jessie hou. Jessie vertel sy pa seker al die nuus van Ventersdrif.

XXX

VROEGOGGEND kom sit Mamoeks met ‘n beker koffie op sy bed. Sy doen dit altyd as sy iets op die hart het. Amo soek gou deur sy brein of hy dalk iewers iets verkeerd gedoen het. Hy hang getrou sy nat handdoeke op as hy klaar geswem het. Hy beken hy vergeet soms om die swembad te versorg en hy het gisteraand ‘n pakkie Oreo’s uit die spens gegaps vir hom en Jama. Maar hy onthou niks wat aardsondes was nie.

“Ek is bly jy en Janus kom goed oor die weg,” begin Mamoeks die gesprek. Amo kry ‘n hol kol op die maag. Hy voel aan hy gaan dalk nie hou van wat hy nou gaan hoor nie. Hy dink darem nie Mamoeks gaan Janus los nie, hy sien nie kans om weer aan ‘n nuwe boyfriend gewoond te raak nie. Hy hoop nie …

“Janus het my gevra om met hom te trou.”

Amo voel hoe ‘n naarheid in hom opstoot en sy bors toetrek. Hoekom kan dinge nie maar net bly soos dit is nie? Hoekom moet dinge altyd verander net as dit lekker raak? Gister was so lekker. Dis soos hy dit altyd wil hê. Vir wat wil Janus nou aan dinge karring?

“Janus is nie my pa nie!”

“Nee, hy is nie. Hy sal nooit wees nie.”

“Maar hy gaan jou man wees!”

“Amo, ek is lief vir Janus.”

“Liewer as wat jy vir Pa was?”

“Mens is vir elkeen op ‘n ander manier lief.”

“Het jy hom liewer as my Pa?”

Amo voel of sy kop gaan bars van ontsteltenis. Niemand mag sy pa se plek inneem nie. Nooit nie. Nou gaan Mamoeks van sy pa vergeet. Almal gaan van sy pa vergeet!

“Jy sal gewoond raak aan die gedagte. Jy hou mos van Janus?”

Amo spring uit die bed op. Hy wil wegkom. Hy hou niks van die situasie waarin Mamoeks hom nou sit nie. Hy is nog nie gereed daarvoor nie. Hy weet nie of hy ooit gereed sal wees dat ‘n ander man met sy ma trou nie. Janus is ‘n goeie ou, maar hy moet vir hom ‘n ander vrou gaan soek. Mamoeks is sy pa se vrou.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

9 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

13 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

16 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.