kategorieë: Ons menseBekendes

Simbine, Schoenmaker, Schoeman en kie verseker medaljes by die 2018 Statebondspele

Deur Catherine Schenck. Foto: pixabay.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Akani Simbine en Henricho Bruintjies het op Maandag 9 April 2018 onderskeidelik goud en silwer in die 100  m-naelloop gewen. Die gunsteling, die Jamaikaanse Yohan Blake, moes met ’n bronsmedalje tevrede wees. Simbine het die naelloop in 10.03 voltooi, Bruintjies 10.17 en Blake was kort op sy hakke in 10.19.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Twee ander naellopers het medaljes verower. Dyan Buis het silwer gewen en Charl du Toit brons in die T38 100 m-naelloop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons swemmers het vanjaar goed gevaar. Chad le Clos het drie goue en een silwer medalje verower. Hy het goud gewen in die 100 m-, 200 m- en die 50 m- vlinderslag. Hy het silwer gekry in die 100 m-vryslag. Cameron van der Burgh het ‘n goue (50 m- borsslag) en ‘n bronsmedalje (100 m-borsslag) verower. Christian Sadie het silwer gewen vir die S7 50 m-vryslag en Ryan Coetzee het ’n brons losgeswem in die 50 m-vlinderslag. Tatjana Schoenmaker het twee goue medaljes gewen in die 100 m- en 200 m-borsslag.

Die driekampatleet Henri Schoeman het Suid-Afrika se eerste goue medalje gewen. Mona Pretorius het ’n bronsmedalje gekry in gewigoptel en die vroue-rolbalspan van Elma Davis, Esme Kruger, Nicolene Neal en Johanna Snyman het ’n silwer medalje gewen en Colleen Piketh ’n brons.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ons artikel oor Schoeman se oorwinning hier.

Die Statebondspele duur tot 15 April 2018.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.