kategorieë: InspirasieJou lewe

Sing, draf of kook saam met ander

Sing, draf of kook saam met ander deur Mariette Snyman. Foto RapidEye/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hierdie artikel is ’n aanvulling tot “Die kuns van goeie tydsberekening” in ons Desember 2018-uitgawe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sing, draf of kook saam met ander

Samewerking met ander is essensieel vir menslike oorlewing. Só was dit in die oertyd, toe ons voorouers moes saamspan om veldkos te versamel of sabeltandtiere af te weer. En so bly dit vandag. As ’n kragonderbreking die verkeersligte by ’n besige kruising buite werking stel en die motoriste nie saamwerk nie, kan iemand lelik seerkry. En as die persoon met ernstige beserings by die hospitaal opdaag, moet goeie spanwerk hom deurhaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tog is die vermoë om ons aksies met dié van ander te sinchroniseer nie net belangrik vir oorlewing nie. Dis ook lekker – en boonop gesond!

Sinchronisasie is lekker, en boonop gesond!

In When: the scientific secrets of perfect timing skryf Daniel H. Pink oor die drie beginsels van group timing, en watter voordele groepsaktiwiteite inhou. Dié toeganklike boek fokus op onlangse navorsingsresultate uit die sielkunde, biologie en ekonomie en gee interessante riglyne vir mense wat meer uit die lewe wil haal.

Koorsang: die “nuwe oefenvorm”?

Ons weet almal hoe goed fisieke oefening vir ons is. Gereelde oefening laat ons langer leef, weer hartsiekte en diabetes af, help om ons gewig in toom te hou en maak ons liggame sterker. Vir sommige mense met depressie werk oefening net so doeltreffend soos medikasie, en mense met ’n normale gemoedstemming se bui kry dadelik ’n hupstoot wat boonop lank duur.

Lees ook: Is jy te oud vir oefening?

Choral singing might be the new exercise,” skryf Pink. Navorsing bewys koorsang

  • kalmeer hartritmes, help longfunksie aan en verhoog vlakke van die goedvoelhormoon endorfien
  • verhoog pyndrempels, verminder die behoefte aan pynmedikasie en verlig simptome van deurlaatbare dermsindroom
  • verhoog die afskeiding van immunoglobulien, wat ons makliker infeksies laat beveg (kankerpasiënte toon reeds na een koorsessie ’n beter immuunrespons)
  • bevorder eiewaarde en verminder stres en simptome van depressie
  • versterk ons bewustheid van ons lewe se doel en betekenis
  • verhoog sensitiwiteit teenoor ander.

Hierdie voordele hou spesifiek met groepsang verband – koorsangers rapporteer ’n hoër vlak van welsyn as mense wat solo sing. Sinchronisasie laat mense voel dat hulle iewers hoort, en bind hulle hegter aan mekaar.

Lees ook: Omgee is goed vir jou

Al hou dit soveel voordele in, kom doeltreffende sinchronisasie nie vanself nie.

Lees ook: 1 000 stemme: Ons land se grootste koor

Drie beginsels wat groepsaktiwiteite laat wérk

1. ’n Eksterne standaard

Goeie gesamentlike tydsberekening voorveronderstel ’n “leier” – ’n persoon of standaard wat nie deel vorm van die groep nie. In koorterme is dit iemand wat nie saamsing nie: die koorleier. Die koorleier gee die pas aan, handhaaf ’n sekere standaard, en fokus die collective mind.  Die doeltreffendheid van ’n koor is afhanklik van ferm leierskap.

2. ’n Gevoel van “behoort”

Die behoefte om iewers in te pas vorm ons denke en emosies en spoor ons aan om sekere dinge te doen. Belonging lei tot beter gesondheid, groter tevredenheid en wat kore betref, tot beter bywoningsyfers.

Drie faktore wat groepsamehang bevorder:

  • ’n Onderlinge kode wat almal in die groep verstaan, bevorder kohesie. Hoewel Pink dit nie noem nie, is ’n moontlike voorbeeld uit die kooromgewing die terminologie en handgebare wat ’n koorleier gebruik.
  • Kenmerkende kleredrag, soos wat die meeste kore tydens optrede dra, laat mense met mekaar identifiseer en dra by tot ’n groepsgevoel.
  • Aanraking versterk volgens navorsers ook sinchronisasie – nie net die terloopse arm om ’n skouer tussen mense wat gemaklik is met mekaar nie, maar ook kore wat tydens die sing van sommige liedjies hande vashou vir sterker konneksie en om hul klankkwaliteit te verbeter.

Mense wat saam sing se harte kan fisiek in tempo klop

3. Harte wat saam klop

Volgens Pink kan dit gebeur dat mense wat saam sing se hart fisiek in tempo klop. Doeltreffende groepsamehang lei tot verbeterde koördinasie wat dit makliker maak om te sinchroniseer. Op sy beurt skep sinchronisasie hegter verbintenisse wat mense beter laat saamwerk. Só ontstaan ’n “goeie kringloop.”

As koorsing nie vir jou is nie …

Jy kan jou eie syncher’s high kry deur

1. Saam met ander te draf

2. In ’n span te roei

3. Baldans of ’n ander dansvorm wat gesamentlike beweging verg

4. Aan te sluit by ’n jogaklas

5. Deel te neem aan ’n flash mob (waar vreemdelinge vir ander vreemdelinge optree)

6.  Saam met ander te kook.

When: the scientific secrets of perfect timing deur Daniel H Pink, Canongate, 2018.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.