‘SINK’ binnekort op DVD beskikbaar

Die baanbreker fliek ‘SINK’ is uit die pen van Brett Michael Innes, wat ook die regie daarvan behartig het. Hy is ook saam met Johan Kruger en Anel Alexander (ons voorbladvrou vir Maart 2016) vir die vervaardiging van die prent verantwoordelik. Met sy eerste bekendmaking met die bedryf het ‘SINK’ by verlede jaar se kykNET-Silwerskermfees vyf toekennings gewen – vir Beste Rolprentredigering, Beste Kinematografie, Beste Draaiboek, Beste Oorspronklike Musiek en Beste Aktrise (Shoki Mokgapa).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Later het dié fliek ook by die Cannes Filmfees vertroon waar dit met groot lof ontvang is. Dit het ook onlangs die toekenning vir Beste Film by die Voor het Afrikaans Fees in Amsterdam gewen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die hoofrolle in ‘SINK’ word vertolk deur Anel Alexander (Faan se Trein, Semi-Soet, Discreet), Shoki Mokgapa (The First Grader, Judge Dredd, Long Walk to Freedom), Jacques Bessenger (Ballade vir ’n Enkeling, Wolwedans in die Skemer, Verraaiers), Amalia Uys (Double Echo, Sy Klink Soos Lente) en die sesjarige Asante Mabuza (The Last Face). Die akteurs Vuyelwa Booi, Diaan Lawrenson, Sandra Vaughn, Corine du Toit, Hanli Rolfes, Leandie du Randt, Siyabonga Radebe, Mandi Baard, Sarahann Doherty du Plooy, Vera Ephraim en Kabomo Vilakazi is ook in die prent te siene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

‘SINK’ is op Innes se roman, Rachel Weeping, gebaseer en vertel die storie van Rachel, ’n Mosambiekse huiswerker wat in Johannesburg woon, en verplig word om ’n lewensveranderende besluit te neem nadat haar dogter tragies sterf terwyl Rachel se werkgewers na haar moes kyk. Sy moet besluit of sy na die armoedgeteisterde Mosambiek gaan terugkeer of gaan bly werk vir die mense wat vir die dood van haar kind verantwoordelik is sodat sy haar huis en haar visum kan behou en steeds haar familie kan ondersteun. Dinge raak selfs meer gekompliseerd wanneer sy uitvind dat haar werkgewers hulle eerste kind verwag.

Kyk na die lokprent:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.