kategorieë: WenkeMode

Sit die oemf terug in jou oefenprogram

Gaas

As jy nie ’n groot aanhanger is van kort oefenbroekies nie, maak gaas jou beste vriend – dit het die multifunksionaliteit van styl en gemak. Gaas-insetsels is ’n baie gewilde gier in oefendrag, veral omdat dié materiaal steeds die vroulike silhoeët van die spanbroek behou, maar jou lyf laat “asem skep” en koeler hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Interessante patrone

Patrone is een van die grootste trends hierdie jaar en in sportdrag geld dit ook. Hoe bonter, hoe beter. Tropiese motiewe van blare, blomme en diere is gunstelinge, maar geometriese patrone is net so gewild. Breek ’n eenvormige figuur met 3D-patrone van verskillende kleure wat jou ’n sagte voorkoms sal gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kleurvolle tekkies

Hou partytjie met jou tekkies. Kleurvolle tekkies loop die afgelope tyd die strate plat. Jy kan jou tekkies beklemtoon deur dit saam met ’n klassieke eenkleuruitrusting te dra, of jou hele voorkoms bont en besonders te hou –  kies en keur waarin jý gemaklik voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk uit vir …

Ons kan nie genoeg kry van die nuwe reeks deur MOVEPRETTY en Hi-Tec nie. Prettyhitec bestaan uit ontwerpe wat vroue gemaklik laat voel terwyl hulle oefen. Hierdie reeks bewys dat skoonheid en gemak hand-aan-hand kan gaan – of jy nou bergklim, spinklas bywoon of bloot jou daaglikse inkopies doen. Die kombinasie tussen Hi-Tec se sportiewe tekkies en MOVEPRETTY se stylvolle klere is geïnspireer deur die natuurlike vrou en verseker selfvertroue.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.