kategorieë: Ons menseBekendes

Hoog, hoër, sexy hakke!

Mans het dit eerste gedoen. In die sewentiende eeu het manlike lede van die Europese aristokrasie hoë hakke as ’n teken van status begin dra. Mense wat in sulke onpraktiese skoeisel kon rondwals, het ooglopend nie nodig gehad om te werk nie. Dit het hulle onweerlegbaar van die arbeidersklas onderskei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vroue het hoë hakke begin dra in ’n poging om die mag waaroor mans beskik vir hulself toe te eien, skryf Lisa Wade op www.thesocietypages.org. In 1630 het vroue ook hul hare begin sny, pyp gerook en manlike hoede gedra. Mettertyd het hoë hakke ook in die laer klasse posgevat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In teenreaksie het mans uit die hoër stand se hakhoogte gestyg. Mans het dik hakke gedra, vroue dun hakkies. Eindelik het mans van hoë hakke afgesien. In die tyd van die Verligting het doelmatigheid die botoon gevoer, en hoë hakke het van die toneel verdwyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Halfpad deur die negentiende eeu het pornografie hoë hakke laat herleef toe vroulike pornografiemodelle naak in hoë hakke geposeer het. Vandag het die dra van hoë hakke bitter min met mag te doen, of dalk dink ons maar net so …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hakke het trefkrag

“Wat is die eerste ding wat ’n tweejarige doen as sy die rol van ’n spesiale poppie wil speel? Sy staan op haar toontjies; sy elevate haarself.” Só sê Errol Arendz, bekende modeontwerper van Kaapstad. “Dis amazing wat ’n hak kan doen. Dit laat vroue se bene slanker lyk – die meeste van ons wil graag langer wees. Dit laat vroue belangriker voel; daar’s ’n status omtrent die ding. ’n Invloedryke vrou kan nie ’n kantoor binnestap in ’n snyerspak met ’n aktetas en plat hakke nie.

“Hoë hakke laat ’n vrou meer sensueel voel. Dit kan haar vroulike mag én haar kwetsbaarheid na vore bring. Dit kan Hollywood-glans skep, of vroue stout laat dink – soos om in die bed te wees in niks meer as ’n paar hoëhakskoene en Chanel No 5 nie.

“Stel jou ’n vrou voor wat sit, staan of lê, en voor jou geestesoog sien jy hoe hoë hakke die prentjie verander.

“Die kuns om hakke te dra, kom met ervaring. Tieners kan dit soms by ’n uitrusting insluit sonder om twee keer te dink. Dis wanneer pa en ma vra: ‘En waar dink jy gaan jy heen?’”

Is daar vroue wat nie hoëhakskoene behoort te dra nie? “Ja. Vroue met oorontwikkelde beenspiere en ’n te hoë brug kan vreemd lyk. Aan die ander kant kan iemand met ’n swak gevormde brug en tenger enkels die indruk wek dat sy te swak is om met dié skoene te loop.

“Selfvertroue en goeie oordeel speel ’n groot rol. ’n Mini-rok en hoë hakke kan jou na ’n vrou van die nag laat lyk.”

“Vroue wat weet hoe om met hoë hakke te speel, kyk waar dit in hul lewe inpas. Die fantasie begin voor die winkelvenster, wanneer die vrou haar reeds in die skoene kan sien. Sy neem die agtergrond, die rol wat sy wil speel en die geheel in ag. Gaan ’n eenvoudige swart hofskoen ’n goeie pasmaat wees vir ’n gedetailleerde baadjie waarin sy kan voel asof sy in New York se Madison Avenue afstap? Is ’n sensuele skoen bedoel om te pas by haar nuwe, plat tweedeurmotor waarin sy met grasie gaan in- en uitklim?”

Oor mans en hoë hakke sê Errol: “In die jare sewentig het mans hoë hakke gedra. As ek nou na foto’s van my uit daardie tyd kyk, wil ek onder ’n tafel inkruip. Gucci het onlangs ’n Kubaanse hak van 4 of 5 cm vir mans bekend gestel, en oud-pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk het sy manskoene nog altyd ’n bietjie laat opbou. Dalk is dit omdat mans in terme van lengte met vroue meeding, maar dan kry jy natuurlik die verskynsel van mooi, lang vroue aan die sy van kort mans. Dink maar aan die einste Sarkozy en Carla Bruni, of die destydse paartjie Nicole Kidman en Tom Cruise.
Sulke mans straal mag uit en sy maat beskou hom waarskynlik as die langste man in die vertrek. By hom kan sy die hoogste hakke dra.

“Onthou, ’n hak hoef nie hoog te wees nie. Daar is niks so sjiek soos ’n plat ballet-skoen, ’n wye sigeunerromp en ’n fantastiese toppie nie.

“Dis welig en wulps, met iets kinderliks daaromtrent.”

Vroue en hul hakke

Drie bekende Suid-Afrikaanse vroue praat oor hul verhouding met hoëhakskoene:

Jo-Ann Strauss

Entrepreneur, TV-aanbieder en -regisseur Jo-Ann Strauss sê hoë hakke gee ’n vrou meer selfvertroue. “Dit verander ook die vorm van jou bene – hulle lyk langer en meer atleties. Ek het iewers gelees as jy hoëhakskoene dra, moet jy stap asof daar drie mans agter jou loop. Ek swaai my heupe!”

Jo-Ann glo dit is ’n kuns om ’n perfekte skoen te maak. “Die gehalte is vir my belangrik – ek kan ’n cheap skoen van ver af sien. Ek kyk na die helling van die skoen; gee dit my voet genoeg toe cleavage, en hoe raak dit die vorm van my been? Vroeër was ek nie so kieskeurig oor gemak nie, maar deesdae wil ek weet ek kan langer as tien minute in ’n skoen loop of staan. Ek is mal oor ’n perfekte hakhoogte.”

Jo-Ann se eerste paar hoë hakke was haar matriekafskeidskoene: “Sulke silwer platform-hoëhakke wat nou, meer as ’n dekade later, weer in die mode is.

“My trouskoene was eintlik my something old. Ek het hulle vyf jaar voor my troue op ’n Top Billing-shoot in Bratislava, Slowakye, gekoop. Op ’n uitverkoping! Dis sjampanje-kleurige Versace-stilettos met Swarovski-hakke – die mooiste skoene wat ek in my lewe gesien het. Blake Lively het ’n identiese paar by ’n groot toekenningsaand aangehad.

“My trouskoene sal ek nooit vergeet nie en my ander gunsteling is my duurste paar wat ek pas vir ’n belangrike shoot gekoop het – studded Pigalle- Christian Louboutins. Hulle is op die oomblik my ‘sukses-skoene’ en ek het hulle aangehad toe ek onlangs een van my grootste deals geteken het.”

Hier is Jo-Ann se voetsorgwenke vir hoëhakskoen-fanatici: “Moenie elke dag hoëhakskoene dra nie en loop soveel moontlik kaalvoet. Ek versorg sommer my voete tuis en bederf myself af en toe met ’n goeie pedikuur. As jy nou regtig wil uithaal en wys, moet jy die Bastien Gonzalez-pedikure by The One&Only in Kaapstad probeer. Dis duur, maar jou voete sal jou bedank!”

Lees ook: Versorg jou voete

Op die vraag oor hoe mans op hoë hakke reageer, sê Jo-Ann: “My man verstaan nie regtig hoekom ek so baie geld aan skoene bestee nie. Hy glo ’n mens het net drie of vier paar skoene op ’n slag nodig. Maar wanneer ek die regte paar hoë hakke aanhet, weet ek hy waardeer die hele look. Verder is hy 1,94 meter lank, dus lyk ek klein langs hom sonder hakke!”

Elana Afrika-Bredenkamp

Foto: Facebook

TV-aanbieder, omroeper en entrepreneur Elana Afrika-Bredenkamp vat ’n groot groep vroue se liefde-haat-verbintenis met hoë hakke só raak:

“Dit gee my seer voete en dit laat my baie goed voel!”

Sy dink vroue dra die meeste van die tyd hoë hakke “omdat dit hulle vir ánder mense beter laat lyk, maar ook omdat hakke ’n vrou se postuur verbeter.

“Dit raak ook menseverhoudings: dit laat ’n vrou as ’n mens van aansien na vore kom.

“Kollegas word geïntimideer deur iemand met hoër skoene, en familielede en geliefdes beskou jou as die een wat na hulle omsien.”

Elana onthou hoe haar ma altyd eerste haar skoene sou uitskop wanneer sy ná ’n lang dag tuiskom. “Nog voor sy enigiets anders doen! Ek sou dit altyd aantrek en daarmee na haar kamer loop.”

Elana dra elke dag behalwe Sondae hoëhakskoene en kan heeldag daarmee loop, al is sy moeg. “Ek koop die meeste van my skoene oorsee. Ek gee elke jaar omtrent tien paar vir liefdadigheid en hou die res. Ek het ’n versameling van sowat 200 pare.”

Wanneer kan ’n meisie begin hoë hakke dra? “Wanneer jy jou eie grimering doen – nie daarvoor nie.”

Elana het haar silwer trouskoene met oorleg gekies. “Hulle was ekstra hoog, want ek wou seker maak dat ek die dag sou onthou. En hulle was stunning!”

Lizz Meiring

Foto: Leana Clunies-Ross

Kyk, ek is kort,” sê aktrise, skrywer en spreker Lizz Meiring. “Ek het altyd van hoë hakke gehou – as klein dogtertjie het ek al in my ma s’n rondgehol. Dis soos rooi lipstiek, dit gee my statuur wanneer ek weerloos voel.

“Vir my bestaan daar nie iets soos ’n plat skoen nie, selfs my slippers het platforms. Ek het 16 jaar lank ballet gedoen en op points gewerk, wat my agterdyspiere aangetas het. Plat skoene is vir my ongemaklik.”

Hoe loop jy dag in en dag uit op hoë hakke? Eerstens, sê Lizz, moet jy na die skoen-ontwerp kyk.

“Goedkoop hoëhakskoene se balans is nie reg nie. Spend good money on good shoes. Jy hoef nie die duurste handelsmerk te koop nie, maar duurder skoene kos met rede meer. Ons bestee soveel geld aan aandklere, maar vergeet van die skoene waarin ons elke dag ure lank loop.”

’n Tweede wenk is binnesole. “Dit maak hoë hakke soveel gemakliker en laat jou skoene langer hou. Jy kry verskeie tipes – daar is ’n nuwe soort wat jy slegs by Chinese winkels raakloop. Dit het ’n foam memory en neem die vorm van jou voet aan. Elke sool bevat verskeie groottes, jy sny net joune uit. Soms sit ek twee sole in ’n skoen.

“Dan is daar gel inner soles wat die hak of die bal van die voet steun en wat jy by die kaalste sandale kan dra. Jy kan dit vasplak, dra, uithaal, was en weer dra. En sore spot strips kan jy kleiner sny om te help waar die skoene skaaf.

“As jou geliefde suede-stewels hul fleur verloor, gaan kry jy Suede Renewal Spray in die regte kleur by jou droogskoonmaker of skoenwinkel.”

Watter skoene laat Lizz se oë blink? “Ek het ’n keer by ’n geselligheid opgetree om die verskaffing van volstruisleer aan die internasionale mark te help bevorder. Een verteenwoordiger kom sê toe vir my: ‘Sulke mooi beentjies moet ’n paar Roberto Cavalli’s kry! Watter nommer dra jy?’ Hy het sowaar ’n paar volstruisleerskoene gestuur waarvan die balans perfek was. Geen binnesole nodig nie.

“Roberto Cavalli is die rede hoekom die vroue in Sex in the City heeltyd met hoëhakskoene kan loop!”

Akteurs heg besondere waarde aan skoene.

“Die eerste ding wat jy leer, is dat ’n karakter in jou skoene begin. Jy moet skoene gaan soek wat vir die rol sal werk. Asembeheer setel in jou solar plexus. As jy vooroor of agteroor leun omdat jou skoene nie die regte balans het nie, kan jy nie reg asemhaal nie.

“Daarby is die mees individuele ding op aarde die manier waarop elkeen van ons loop. Selfs identiese tweelinge stap verskillend.

“Ek het ’n eenvrouvertoning, Elke ander duim ’n dame, aan die viering van hierdie individualiteit gewy. ‘Elke duim’ verwys natuurlik na die lengte van die hakke. Daardie hoogte maak saak.”

Feite oor hakke

Volgens sekere modehuiswebwerwe is lae hakke dié onder 6,4 cm, medium hakke wissel van 6,4 tot 8,9 cm, en hoë hakke is hoër as 8,9 cm. In die klerebedryf word hoë hakke as enigiets bo sowat 6 cm beskou.

Party mense glo dat hoë hakke aanvanklik ontwerp is om perderuiters se voete in die stiebeuels te help hou. ’n Persiese keramiekbak uit die negende eeu vertoon sulke voetdrag. Die “ruiterhak” van 3,8 cm het rondom 1600 in Europa verskyn en het soos dié van vandag se cowboy-stewels gelyk.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.