Paasfees is ’n sintuiglike ervaring wat Suid-Afrika se geskiedenis, tradisie en ’n liefde vir heerlike geure saamsmelt. Van oor die hele land heen kom families tydens dié feestyd om eettafels bymekaar om erfenisryke geregte te geniet en stories van tradisie te deel. Of dit nou die soetheid van warm kruisbroodjies is, die geur van ingelegde vis, of die kenmerkende speserye van Kaaps-Maleise invloede, Paasfeesmaaltye vier die waarde van saamwees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Vir Uitvoerende Sjef André Hill van Radisson Red Waterfront in Kaapstad was kos nog altyd oor die samekoms van familie en vriende. Hy is gebore en getoë in die Bo-Kaap en het grootgeword omring deur die geurige speserye van Kaaps-Maleise kookkuns, ’n ervaring wat sy benadering tot kos en storievertelling deur geur grootliks beïnvloed het. Sy spyskaarte weerspieël moeiteloos vir Kaapstad se diverse kulinêre identiteit deur tradisie met ’n vars perspektief te kombineer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Paasfees is ’n tyd om saam te wees en in Suid-Afrika weerspieël ons kos daardie gees. Speserye vorm al lank die hart van ons kookkuns en bring warmte en diepte na geregte wat oor geslagte heen oorgedra word. My Paasfeebroodresep is ’n huldeblyk aan daardie tradisies. Dit is eenvoudig, geurig en perfek om te deel,” sê Sjef André.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Met ’n moderne kinkel op ’n klassieke resep is sy Paasfeesbrood ’n geurige, speserybelaaide brood met ‘n pragtige balans tussen soet en sout elemente. Vir dié wie ’n plantgebaseerde dieet volg is daar goeie nuus. Hierdie resep is volkome vegan-vriendelik.
Voorsitvoorstel (vegan-opsie):
Dik snye van die brood kan in die pan gerooster word en met pittige rooi-ui-marmelade, gerookte vegankaas, gekaramelliseerde sout en suurlemoentiemie bedien word.
Lees ook: Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.