kategorieë: FiksheidGesondheid

Sjoe! Oefen só as dit warm is

Sjoe! Oefen só as dit warm is deur Anet Schoeman. Hooffoto: Morgan Sarkissian vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

9 dinge om te doen om in warm weer te oefen

  1. Dra die regte klere. Katoen absorbeer sweet en hou jou nat en warm. Tegniese vesel gelei die vog van jou vel na buite en hou jou koel en droog.
  2. Probeer binnenshuis of by ’n gim oefen.
  3. Swem is die ideale sport vir warm weer. As jy nie ’n watwonderse swemmer is nie, kry ’n poelnoedel wat jy onder jou arms deurryg en “hardloop” dan in die water. Of google “pool workout” of “water workout” vir oefeninge.
  4. Southappies soos pretzels, salamistokkies en biltong verseker dat jy sout in ’n wedren of lang oefensessie inneem.
  5. Wees ekstra versigtig in hoë humiditeit.
  6. As jy in die hitte gaan deelneem, maak seker dat jy ook in die hitte oefen.
  7. Let op die kleur van jou urine. Mik vir strooikleurig en nie te donker of kleurloos nie.
  8. Koel af ná ’n intense sessie. Die meeste bloed dam op by die spiere wat jy gebruik, soos in jou bene wanneer jy hardloop. Dis noodsaaklik om selfs ná die wenstreep ’n entjie te stap om te verseker dat jou bloedsomloop na normaal terugkeer sodat jy nie duiselig raak en omkap nie.
  9. Moenie onverskillig wees en alleen in die donker oefen om die hitte te systap nie. Sluit dan eerder by ’n hardloopgroep aan.

Lees ook: 12 redes hoekom swem goed is vir jou

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoekom is hoë humiditeit gevaarlik?

Sweet is jou liggaam se manier om af te koel. As daar te veel vog in die lug is, is dit byna soos ’n ekstra lagie op jou vel wat keer dat jou sweet met die lug in aanraking kom om jou liggaam af te koel. Dit veroorsaak dat jou liggaam oorverhit en kan hitte-uitputting, sonsteek en selfs die dood veroorsaak.

Lees ook: Jou kind en sonsteek (en wat jy self kan toepas)

Is jou noodhulptassie gepak?

Eet dit …

Tagtig persent van ons voginname kom van vloeistof en 20% uit die kos wat ons eet. Deur sappige vrugte en groente te eet, kan jy vog, elektroliete, vesel en sommer ’n hand vol vitamiene en minerale inkry.

  • Seldery bevat 96% water, natrium, kalium, magnesium, kalsium, fosfor, yster en sink.
  • Waatlemoen bevat 95% water en is hoog in vitamien C.
  • Soetrissie bevat 92% water en is hoog in vitamien C.
  • Komkommers is 95% water en bevat kalsium, magnesium, natrium en kalium.
  • Aarbeie bevat 92% water en is ryk aan kalium.
  • Spanspek bevat 90% water en is hoog in kalium.

iStock/wundervisuals

Kan jy te veel water drink?

Voorheen was die wagwoord tydens oefening: drink, drink, drink. Nou waarsku kenners teen te veel water en sê jy moet drink as jy dors voel. Die groot gevaar is ’n toestand genaamd hyponatremia. Dit beteken letterlik “te min natrium”. Dit gebeur wanneer atlete in baie warm omstandighede oefen waar hulle baie sweet en te veel water drink. Jy verloor heelwat sout wanneer jy sweet en met die oormatige waterdrinkery verlaag die konsentrasie van natrium in en rondom jou selle wat in uiterste gevalle dodelik kan wees. Natrium speel ’n sleutelrol om jou bloeddruk te handhaaf, die werking van jou spiere en senuwees te ondersteun en vogbalans te handhaaf. Elektrolietdrankies sal help.

Lees ook: Alles wat jy van dehidrasie moet weet

Hoe hidreer jy?

Voor ’n oefensessie of wedren: Maak al die dag voor die tyd seker dat jy genoeg vloeistof inneem. Dis veral belangrik as jy ver na ’n wedren ry en lang ure in die motor of vliegtuig is waar dit moeiliker is om genoeg te drink.

Oggend van wedloop: Drink twee koppies water (500 ml) twee uur voor jou wedren. Die ontbytdrankie se melk of water en koffie en tee kan ook hierby ingereken word. Dit gee jou niere genoeg tyd om die vloeistof te prosesseer sodat jy jou blaas kan ledig voor die wedren. Dertig minute voor die wedren kan jy weer 250 – 500 ml vloeistof in die vorm van ’n sportdrankie drink.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.