Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Looks by Lilli

“Ons het ons daaglikse uitrustings op Instagram begin laai omdat ons seker was ander jong werkendes wonder ook oor wat hulle kan aantrek,” sê Lisa-Jean du Plessis, oftewel Lilli, wat in 2021 die Instagram-blad @looks_bylilli geskep het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy beskryf dit as “‘n lighartige platform waar mense kan sien wat in die winkels is, style wat mooi saamgaan, uitrusting-idees vir werk en vir alledaagse lewe.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lilli is op Stellenbosch op haar familie se wynplaas, Simonsig, gebore en getoë. Sy bly nou in Kaapstad waar sy as ‘n digitale bemarkingskoördineerder vir ‘n professionele salonproduk-verspreidingsmaatskappy werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy meen sy het nog altyd ‘n groot liefde vir mode, kleur en kuns gehad. “Ek onthou ek het ‘n paar denimwighakskoene gehad toe ek vyf jaar oud was, en ek het oral daarmee gegaan – selfs op die plaas mee rondgehardloop. Ek het steeds ‘n letsel op my been van die keer toe ek by die dam met daardie skoene geval het!”

Haar liefde vir die modebedryf het sedertdien net gegroei en sy het ‘n tesis in haar honneursjaar oor die ervaring van aanlyn mode-inkopies in Suid-Afrika gedoen. Hoe gepas!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het meer oor hierdie veelsydige fashionista aan die stuur van @looks_bylilli gaan uitvind.

1. Hoe sal jy jou persoonlike styl beskryf en waar kom jóú mode-inspirasie vandaan?

Ek sal my styl as “dopamine dressing” beskryf. Dit verwys na enige uitrusting wat jou meer positief laat voel, hetsy dit baie kleurryk of klassiek is. Ek dink dis belangrik dat jy gemaklik en bemagtig moet voel in wat jy dra.

Ek speel baie met kleur en verskillende kleurkombinasies so ek dink dit is eg aan my, maar ek hou daarvan om my opsies oop te hou andersins beperk ek myself. Ek hou dalk van colour blocking vandag en môre van ‘n neutrale palet. So dalk is die woord wat my styl die beste opsom “veelsydig”.

My ma was ’n mode-aankoper, en as kind het ek gereeld oor naweke saam met haar “net gaan kyk” wat die nuwe style en klere in die winkels is. Baie van my modekennis kom van haar af en daarom sou ek sê sý is my mode-inspirasie. Ek kry ook baie inspirasie van sosiale media en dit wat om my aangaan. My gunstelingmense om op Instagram te volg, is Leonie Hanne en Marta Sierra. Hulle maak mode prettig en dis iets wat ek waardeer.

2. Wat is vir jou die lekkerste deel van @looks_bylilli bestuur?

Ek geniet die mense baie! Die Looks by Lilli-volgelinge is volgens my “light-hearted fashionistas” met wie ek baie in gemeen het. Hulle is bietjie laf, geniet ‘n bietjie humor, geniet mode en neem hulself nie te ernstig op nie.

Ek geniet dit ook verskriklik baie om met verskillende handelsmerke te werk en die kreatiewe proses wat daarmee gepaardgaan. Niks is vir my ooit moeite of sleg nie. Dit is eerlikwaar my passie en ek geniet dit so baie!

3. Jy het onlangs getrou en die foto’s weerspieël ‘n asemrowende mooi dag. Vertel ons bietjie meer van die tema en mode-inspirasie agter jou groot dag?

Dit was werklik die heel beste dag van my lewe (sover!). My trourok is in die Oekraïne gemaak en ek het net my rok gekies toe breek die oorlog uit. Ek moes maar net my asem ophou en hoop vir die beste. Omdat my trourok redelik tradisioneel en konserwatief was, wou ek my partytjie-rokkie weer vol persoonlikheid hê.

Ons gaste is gevra om volgens die tema “Winter Fabulous” aan te trek en moes wegbly van swart, grys, wit en beige. Daar was pakke, tweestukuitrustings, lang rokke, kort rokke en “everything in between!” Dit was ongelooflik.

Die kerkie waarin ons getrou het, was met net wit kersiebloeiselbome versier en die gaste het die kleur gebring. Die dekor, konfetti, blomme en meubels was ook kleurryk met verskillende patrone.

Foto: Danelle Stofberg Photography
Foto: Bahama Burgundy Photography
Foto: Jacques Brits Films

4. In watter kledingstuk of bykomstigheid sal ons jou nóóít vang nie?

Ek weet dit maak nou ’n “comeback”, maar Crocs!

5. Wat is jou droom vir die toekoms van @looks_bylilli?

Ek sal baie graag dit voltyds wil doen, maar vir nou sien ek uit na nog samewerking met verskillende handelsmerke in Suid-Afrika en hopelik internasionaal. Ek sal ook baie graag my eie mode-reeks wil uitbring sodat mense regtig “Looks by Lilli” kan dra. ‘n Droom!

Volg haar op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Janey en Waney

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig versorg deur Mariette Snyman. Foto's Pexels “Gedrukte…

12 hours Gelede

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

16 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

1 day Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

2 days Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

2 days Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.