kategorieë: KosNagereg

Sjokoladepoeding

Bestanddele

6 klein poedinkies of 1 groot poeding

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 125 ml (½ k) ongesoute botter
  • 75 g (½ k) bruinsuiker
  • 375 ml (1½ k) bruismeel
  • 2 groot eiers
  • 125 ml (½ k) kakaopoeier
  • 125 ml (½ k) melk
  • gerasperde skil van 1 lemoen
  • knypie sout

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjokoladesous

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 125 ml (½ k) ongesoute botter
  • 125 ml (½ k) bruinsuiker
  • 100 g (1 blok) sjokolade
  • 30 ml (2 e) melk

Metode

  1. Smeer ’n oondvaste 1 liter-poedingbak of 6 x 150 ml-175 mloondvaste bakkies met botter.
  2. Sous: Meng al die bestanddele in ’n glasbak wat op ’n klein kastrol pas. Maak die kastrol halfvol water en verhit oor matige hitte. Roer tot die sous blink en glad is. Gooi 8 eetlepels van die sous in ’n poedingbak, of verdeel tussen die bakkies. Hou eenkant.
  3. Meng al die poedingbestanddele goed in ’n voedselverwerker. Skep die mengsel
    versigtig uit op die sous in die bak of bakkies.
  4. Bedek die poeding met bakpapier en ’n lagie aluminiumfoelie om die poeding in plek te hou.
  5. Sit ’n bord in ’n kastrol wat groot genoeg is om die bak of bakkies te hou sodat die poeding nie onder aanbrand nie. Maak die kastrol halfvol kokende water en laat sak die poeding/s versigtig daarin. Die helfte van die poedingbakkies moet met water bedek wees. Voeg nog water by indien nodig.
  6. Sit die deksel op en draai die hitte af tot matig. Stoom die poeding vir 1½ uur vir ’n groot poeding en 1 uur vir die kleintjies. Maak seker die watervlak bly dieselfde sodat die poeding nie droogkook nie.
  7. Lig die poeding/s versigtig uit die kastrol en keer op ’n groot opdienbord om of sit voor in die bakkies. Gooi die res van die sjokoladesous oor en sit met dubbeldikroom voor.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.