kategorieë: KosWinterkos

Duitse bierpotjie

Duitse bierpotjie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Koop ’n lekker, ingevoerde biertjie soos ’n Weissbier of Leffe se bruinbier vir hierdie potjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

45 ml (3 e) olyf- of avokado-olie
2-3 Duitse worsies, in 8 cm-stukke gesny
30 ml (2 e) anyssaad
125 ml (½ k) koekmeel
sout en gemaalde swartpeper
1,5 kg kortrib, in blokke gesny
2 uie, gekap
2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
250 ml (1 k) aftreksel
375 ml (1 blikkie) Duitse bier
2 hande vol baba-aartappels
2 appels, klokhuise verwyder en in kwarte gesny
1 klein kopkool, in repies gesny
hand vol salieblare, gekap

Metode

1 Verhit die helfte van die olie in die potjie en braai die worsies tot goudbruin. Haal uit en hou eenkant.
2 Meng die helfte van die anyssaad deur die meel. Geur na smaak en rol die vleis in die meel, verhit die res van die olie en verbruin.
3 Voeg die uie, wortels en knoffel by en verbruin. Geur na smaak.
4 Voeg die res van die anyssaad, aftreksel en bier by. Bedek en prut vir sowat 2 uur tot die vleis sag is.
5 Pak die aartappels, appels, kool, salieblare en worsies laag vir laag bo-op. Bedek en prut vir nog ’n uur of tot gaar.

Lees nog: Beesvleisfrikkadel

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.