Wérk ’n vision board?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Wel, soms! Ek weet van verskeie gevalle waar dit jou tydens ’n ervaring tref dat jy nou ’n prentjie leef wat jy jare gelede op ’n droombord geplak het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }’n Droombord help jou brein fokus, sê die alombekende lewensgids en skrywer Martha Beck. “As jy gereeld dieselfde soort sjampoe gebruik, staan daardie spesifieke bottel uit op ’n oorvol winkelrak. Jy vat dit maklik raak. Net so plant ’n vision board die beelde van situasies en/of voorwerpe in jou onbewuste en beïnvloed dan keuses en gedrag wat daardie visie kan help realiseer.” Boonop is dit ’n plesierige proses!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Volg Martha se drie maklike stappe:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Dis belangrik om prente te kry van begeertes wat jóú gelukkig sal maak. ’n Eilandvakansie of ’n sportmotor verteenwoordig die samelewing se idee van sukses, maar is dit regtig JOU diepste verlange? Martha stel voor dat jy na ongewone prente soek en jou kop se kommentaar ignoreer. Kies prente (in tydskrifte of op die Internet) wat ’n duidelike reaksie in jou liggaam sneller, soos om jou jou asem te laat intrek of jou hart ’n slag te laat mis.
Plak jou prente op ’n vel karton of maak ’n collage op jou rekenaar, en tree dan op asof jy ’n proses suksesvol aan die gang gesit het. ’n Angsbevange of meedoënloos uitkomsgerigte instelling skep net onnodige weerstand. As jy ontspan, gaan jy makliker oplet wanneer ’n gawe geleentheid by jou verbykom.
Fase 2 gaan oor in fase 3 wanneer jy besef dis tyd vir optrede om ’n droom waar te maak. Hierdie fase is taamlik onvoorspelbaar – dis ’n balanseertoertjie van gereeld droom oor die beelde op jou droombord, rustig raak, en aksie neem.
As jy nie lekker tydskrifprente kry nie, gaan na ’n boekwinkel en staan voor die tydskrifrak. Skreef jou oë sodat jy die tydskrifte nie heeltemal duidelik kan sien nie en “voel” watter tydskrifte jou trek. Koop so drie van hulle om prente uit te skeur.
Google “Martha Beck vision boards” vir detailinligting.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.