kategorieë: Ons menseBekendes

Daniel Craig: Hardekoejawel

Deur Margaret Gardiner. Foto: Jason LaVeris/FilmMagic/Getty images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daniel Craig is nie net ’n uitmuntende akteur nie, hy het ook daardie ondefinieerbare iets wat jy “charisma” noem. Sy ore staan soos handvatsels langs sy kop en hy lyk taamlik stroef. Maar met sy kort platinumkleurige hare, uitgewaste groenblou oë en robuuste manlikheid laat hy jou dink aan ou sterre soos Steve McQueen – mans wat volgens hul eie reëls leef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hy is stil, asof hy op ’n krisis wag sodat hy dadelik tot aksie kan oorgaan. Sy antwoorde is wel bra kortaf, maar hy het ’n stoute streep – ek het ’n paar jaar gelede ’n onderhoud met hom oor sy tweede James Bond-fliek gehad en ons het ons saam vir ’n foto geposeer. Ek het langs hom gestaan met my arm om hom en net toe die kamera kliek, spring hy laggend weg. Nou het ek ’n foto wat lyk asof ek langs ’n onsigbare man staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy is ook ’n uiters private mens. Toe ek hom oor sy onlangse troue met aktrise Rachel Weisz uitvra, het hy sy kop laat sak soos ’n bok wat my wil stamp, sy oë het begin blink, amper soos wanneer 007 hom regmaak om die slegte ou van die gras af te maak, en toe prewel hy iets irrelevant. Die twee het mekaar op die stel van Dream House ontmoet en is kort daarna in ’n private seremonie in New York getroud. Net hul twee beste vriende en Rachel se vierjarige seun Henry, uit haar huwelik met regisseur Darren Aronofsky, en Daniel se 18-jarige dogter Ella, uit sy huwelik met die Skotse aktrise Fiona Loudon, was daar. (Craig en die rolprentvervaardiger Satsuki Mitchell het ’n verhouding gehad voor hy Rachel ontmoet het.)

Dié oud-rugbyspeler is in Cheshire, Engeland, gebore. Sy ma, Carol, was ’n kunsonderwyseres en sy pa, Timothy, ’n kroegeienaar. Hy het op ses begin toneelspeel en is op 16 Londen toe om verder te studeer. Daardie “iets” wat hom laat lyk asof hy enige oomblik kan ontplof, het hom gehelp om ’n paar goeie rolle te kry, soos in Road to Perdition.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Baie van sy karakters, byvoorbeeld die een in Sylvia, het ’n wrede streep. Maar dit was sy kleiner rolletjie in die ligsinnige Lara Croft: Tomb Raider wat laat deurskemer het dat die 43-jarige Vis ’n spesiale kombinasie van talent en ’n rateltaai-uithouvermoë het wat dit vir hom moontlik maak om sy eie waaghalstoertjies te doen. Dit het hom die perfekte keuse vir 007 gemaak. En was hy nie perfek nie!

Hy het nuwe lewe in die sterwende spioengenre gebaas. Maar moenie dink dit beteken dat hy hom by sy lees gaan hou nie. In die loop van ses maande is daar drie groot Daniel Craig-lokettreffers bekend gestel: Cowboys & Aliens wat reeds hier gedraai het; The Adventures of Tin Tin, ’n baie realistiese, 3D-animasiefliek van Steven Spielberg waarin hy die stem is van Red Rackham; in die derde prent is hy Mikhael Blomkvist in David Fincher se weergawe van die gewilde Stieg Larsson-boek The Girl with the Dragon Tattoo.

Kom ons begin by die karakter waaroor almal meer wil weet, Bond. Wanneer begin jy met die volgende 007-fliek?

November. Sam Mendes is die regisseur. Ek is gereed hiervoor. (Sam het voorheen met Rachel Weisz uitgegaan, en was ook Daniel se regisseur in Road to Perdition).

Bond word as ’n aksieheld gesien. Hoe voel dit om deel van die reuse-007-bedryf te wees?

Om Bond te wees is soos om ’n baie hoë klas-probleem te hê. Ek is baie bly ek is by die verskynsel betrokke. Toe ek met die tweede een, Quantum of Solace, begin, het ek gedink die nuutjie is dalk nou verby maar op die ou end was dit ongelooflik inspirerend. Ek het dit die tweede keer meer geniet. Dit was ’n reuse-besluit om die 007-rol te aanvaar. Dit het my lewe heeltemal verander maar ek het geweet dit gaan gebeur. Ek is baie gelukkig. Alles het goed uitgewerk en dis steeds die soort rol wat my besiel.

Was dit ’n droom wat waar geword het toe jy die nuwe Bond geword het?

Ek het nooit as kind gedroom om Bond te speel nie. Ek het altyd gedroom ek is ’n cowboy! Ek het grootgeword met die Sergio Leonecowboy flieks.

Is jy bang dat die Bond-rol daartoe sal lei dat jy net dié soort rol aangebied gaan word?

Ek het vooraf geweet dat dit dalk ’n negatiewe uitwerking op die res van my werk kan hê. Dis ’n gewigtige probleem, maar ek los dit nie soos ander akteurs op deur byvoorbeeld in ‘n komedie te speel net om te bewys dat ek net so goed in nie-aksierolle kan wees nie. Ek aanvaar liewer net werk wat my inspireer – soos nou weer met Girl with a Dragon Tattoo. Ek kon nie gelukkiger gewees het nie. Ek het geweet ek moet hierdie kans aangryp.

Kom ons praat oor hierdie groot fliek. Wat kan ons verwag?

Dis so groot as wat dit moontlik kan wees – slegs vir volwassenes! Dis ’n $100 miljoen-fliek met ’n hoë ouderdomsperk, amper soos The Godfather op sy dag was. Die regisseur, David Fincher, het laat waai.

Wat was die uitdagendste toneel?

Dis die klein dingetjies wat die verskil maak: hoe om te loop, uit ’n kar te klim … Jy moet hierdie skynbaar onbelangrike tonele natuurlik, maar ook interessant laat lyk, want dis ’n weerspieëling van die karakter.

Stieg Larsson se suksesvolle trilogie en die Sweedse flieks wat Fincher se weergawe voorafgegaan het, was baie gewelddadig …

Ek dink nie die geweld is verskriklik grafies uitgebeeld nie. Daar is baie ander maniere om ’n gewaarwording van geweld te skep as om dit stap vir stap te wys.

Het jy die boeke gelees?

Ja, maar ek het nie die Sweedse flieks gesien nie. Ek het dit nie gesien voor ek die rol gekry het nie en ek wou dit nie daarna sien nie – ek wou dit nie in my kop hê nie. Ek wou die karakter uit die boek in my kop hê en seker maak dat dit die enigste ding was wat my benadering kon beïnvloed.

Hoe was die atmosfeer op stel? Het jy vriende gemaak, saam gekuier?

Ons het sewe maande lank aan die fliek gewerk. Ons het mekaar elke dag gesien en soos ’n familie begin voel. Ons het goed oor die weg gekom en daar was heelwat grappies en pret op die stel. Wanneer die kameras rol, konsentreer jy net op jou werk en daarna kuier almal saam en ontspan. Die dae op stel kan lank raak en jy moet maar iets doen om dit vir jouself lekker te maak, net soos met enige ander werk.

Kyk jy ooit ’n tweede keer na jou vorige flieks?

Nee, nie regtig nie, behalwe as ek weer na iets spesifieks wil kyk. Omdat ek so baie aande in hotelle deurbring, sit ek soms laataand die televisie aan wanneer ek nie kan slaap nie en af en toe kom ek toevallig op een van my flieks af. Ek kyk vir so tien minute daarna voor ek oorskakel.

Hoe berei jy jou vir ’n rol voor?

Ek raak by die karakters betrokke, fokus op wat dit is wat hulle komplekse mense maak, of hul morele waardes.

As jy kon kies, waarheen sal jy wil reis?

Danksy my werk gaan ek orals heen. Daar is net ’n paar plekke waar ek nog glad nie was nie. Ek sal graag Antarktika toe wil gaan. Madagaskar sal ook interessant wees.

Sal jy oor jou onlangse huwelik praat?

(lag) Ek wil nie ongeskik wees nie, maar die media sal die laaste wees wat iets hiervan sal weet. Dis ‘n private saak.

Oukei. Baie geluk met jou pragtige bruid. Hoe sal jy nou jou lewe beskryf? Is jy gelukkig?

Dit gaan op die oomblik baie goed. Ek geniet my lewe saam met my vriende en familie. Ek voel goed oor die lewe.

Wat gebeur as jy by ’n hotel uitloop?

Ek loop nie by die voordeur uit nie. Ek gaan agterom, deur die parkeerplek.

Bly jy weg van mense af?

Ek probeer nie die publiek doelbewus vermy nie. En ek wil ook nie voel of ek in ’n tronk bly nie. Ek sal mal word as dit moet gebeur.

Hoe hanteer jy goeie en slegte resensies?

Ek het al slegte resensies gekry wat ’n bladsy lank is en dan is ek bly daaroor, want mense stel steeds genoeg belang om daaroor te skryf. Kritiek kan wel meriete hê, maar daar is dié wat verregaande is. Maar ek steur my nie regtig daaraan nie.

Neem jy aan sport deel?

Ek kyk graag sokker en rugby. Ek het as kind rugby gespeel. Maar deesdae hoef ek nie meer rugby te speel nie, want ek speel James Bond. Dis rof genoeg vir my.

Jy is gewoond daaraan om die held te wees. Wie is jou helde?

Mense soos Nelson Mandela. Dis die voor die hand liggende antwoord, maar my helde is mense wat die wêreld op ’n positiewe manier verander het; joernaliste wat stories van plekke soos die Midde-Ooste af bring en die waarheid blootlê. Ek het ’n spesiale bewondering vir hul werk. Ek het nie regtig helde as kind gehad nie.

Voel jy ooit onaantasbaar vanweë die rolle wat jy speel?

Nee, glad nie (lag). Ek is 43 en ek weet nie hoe lank ek nog die pas sal kan volhou nie. Ek sal binnekort te oud wees om rond te spring en van geboue af te val. Maar tot dusver was die fisieke uitdagings van rolprentmaak groot pret, nog lank voor ek Bond begin speel het. Ek hou ook daarvan om by die waaghalstoertjies betrokke te raak – (lag) enig-iets wat sal verseker dat ek nie in ’n fliek hoef te praat nie, is altyd goed! Ek moet darem sê ek maak ook maar kwaai staat op die waaghalsspan om my te beskerm en te keer voor ek iets onnosels doen.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.